Nuusflitse

My storie – Ons storie – Dié Storie / My Story – Our story – The Story

Ons nooi julle na die Winterskool  wat vanaf 5-7 Junie in Stellenbosch aangebied word. Hoewel die fokus in `n sekere sin op leraars val, glo ons dat baie van ons lidmate ook sal belangstel en baat vind by baie van die onderwerpe wat bespreek gaan word.
Die hooftema is: My storie – Ons storie – Dié Storie. Hoe verhaal van Jesus ons help om sin te maak van ons eie verhale en ons gemeenskaplike verhale. Ons drie hoofsprekers is:
• Vader Peter-John Pearson
• Dr Frank Chikane
• Prof Stephan Joubert

Lees meer...

Retraite

Gelei deur Willem Nicol

Tema: Die lewe in ’n nuwe kragveld - 11-13 Mei

Ons stel ons oop vir ’n dieper begrip en intenser ervaring van Paulus se boodskap oor die nuwe lewe. ’n Mate van stilte en ’n bietjie gesels. ’n Klompie aandag aan die liggaam. Luistermusiek en sang. Brood en wyn. En dan telkens weer Skrifgedeeltes wat aan ons harte raak.

Lees meer...

US Teologie: Gereformeerde Kerke in SA en Geregtigheid

Die US Fakulteit Teologie bied van 14 tot 16 Mei ’n konferensie aan oor die tema: Die gereformeerde kerke in Suid-Afrika en die stryd om geregtigheid: 1960-1990 onthou. Voorstelle word ingewag vir referate oor die tema. Referate kan handel oor die “onthou” van figure (insluitend apartheidsteoloë, hervormers en andersdenkendes), gebeure, kerklike en ekumeniese dokumente, praktyke en (teologiese) temas. Indien jy belangstel om ’n referaat te lewer, kan jy ’n kort abstrak van sowat 150 woorde stuur aan Robert Vosloo by voor 15 Februarie. Besoek http://academic.sun.ac.za/theology/1960-1990/ vir volledige inligting.

 

VBO_2012

Laai die VBO boekie vir 2012 in pdf formaat aan die onderkant van hierdie artikel af, of net die lys van kursusse in Word formaat.

Dit is ook in jpeg formaat gelaai om dit op die web self te lees.

Lees meer...
Druk

Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13

Geskryf deur Frederick Marais. Posted in Preekstudies - Verder geluister

Sewende Sondag na Pase

Die fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.

Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan een is: Wat gebeur na die dood? Die antwoorde is uiteenlopend van niks tot re-inkarnasie. Ek kan nie onthou dat iemand al min of meer in lyn met ons teks geantwoord het oor die ewige lewe nie. Ek wonder daaroor. Ek vermoed ‘n aantal jare gelede sou minder mense dit waag om in die publiek te verskil van een van die belydenisse van die kerk. Nou blyk dit dat niemand graag met die kerk hieroor wil saamstem nie. Oor die redes kan ons lank spekuleer, maar dit is iets waarvan ons sal moet kennis neem as ons oor die teks preek.

Voeg ons nog v 12 daarby dat die ewige lewe (net) bestem is vir hulle wat die Seun het, kan ons aanvaar dat daar mense sal wees met baie vrae in hulle gemoed hieroor.

AddThis Social Bookmark Button
Druk

Verder geluister: Psalm 93

Geskryf deur Frederick Marais. Posted in Preekstudies - Verder geluister

Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Daar mag nog belangriker redes hiervoor wees: dat ons dink dit het te make met ‘n “hemelse” realiteit wat min of meer niks te make het met die realiteit waarin ons vandag lewe nie.

Coenie Burger se boek Waar is Jesus nou? het baie van ons gehelp om met ‘n nuwe perspektief oor Hemelvaart te dink. Coenie help ons om te verstaan dat Jesus veel nader aan ons daaglikse lewe is as wat ons ooit mag dink. Self nog meer fassinerend: dat met die Hemelvaart die menslike natuur nou ingeneem is in die lewe van die Drie-eenheid! (p 48)

agamdenDit mag vir ons selfs meer uitdagend wees om saam met die Psalm van die week te bely dat die Here Koning is, of soos wat ons in ons geloof bely, dat Christus sit aan die regterhand van God … vanwaar Hy sal kom om te oordeel.  Dirkie Smit het onlangs by ‘n konferensie ter viering van Coenie se bydrae die Italiaanse filosoof Agamden se werk bespreek. Giorgio Agamden (The Kingdom and the Glory) sê die Westerse samelewing is gebou op die veronderstelling dat die troon prakties gesproke leeg is, dat die magte oorgegee is aan die instellings en institute van ons samelewing. Die stoel is leeg, en dit is nou aan ons oorgelaat om die beste te maak van die lewe.  Psalm 93 praat ‘n ander taal, is onomwonde oor die Koningskap en die mag en die majesteit van God.

NT Wright noem dit is sy jongste boek: How God became King (2012), die vergete verhaal van die Evangelies. Indien Wright reg is, en ek dink hy is reg, is Hemelvaart ‘n dag met ‘n baie meer radikale boodskap as die liggaamlike hemelvaart van Christus. In die derde deel van sy boek verduidelik hy hoedat die Koningskap van Christus soos vergestalt in die Kruis die moontlikheid bied tot ‘n totale nuwe verstaan van lewens-orientasie en –sin.

Ek het ‘n vermoede dat die perspektief van die Koningskap van Christus, hoe moeilik dit ookal in ons moderne gemoed tuiskom, ‘n perspektief  is waarsonder ons moeilik hoop sal vind, want hoog bo die gedruis … troon die Here in sy koninklike mag (v4). Wright vra oa in sy boek of ons nie dikwels die evangelies gebruik om in te pas in ons raam van denke nie, en of die Koningskap van Christus nie eintlik van ons vra om ons raamwerk te ruil vir ‘n nuwe raamwerk nie, nl die raamwerk wat begin by die Opgestane Gekruisigde wat ook opgevaar het, en sit aan die regterhand van God van waar Hy sal kom om te oordeel.

Mag jy die week die genade ontvang om om die Koningskap van Christus so te verkondig dat dit vele wat twyfel mag help om hulle hoop op die aardse koningskappe te verruil vir die hoop wat daar is in die Koningskap van Christus.


SEISOEN VAN LUISTER POWERPOINT - (WORD)

psalm93Psalm 93 – Hemelvaart–Feesdiens – 17 Mei 2012
Dit bly moeilik om iemand op die regte manier aan ander mense voor te stel. Hulle moet ná die bekendstelling met die persoon wil assosieer, saamwerk, bevriend raak en selfs kan navolg. Die Here Jesus Christus word vandag nie deur ‘n “praise poet” of ‘n CV aan ons bekendgestel nie, maar deur Sy Hemelvaart. Dit is ‘n bevestiging dat Hy nie net Verlosser is nie, maar Here. Soos die OT God se heerskappy oor die hele skepping besing het, onder andere in Psalm 93, so besing die Hemelvaart Jesus Christus se heerskappy aan die regterkant van die Vader. Vanuit dié bewussyn kan ons uit Sy oorwinning en heerskappy hier en nou leef! Ons kan ons met Hom assosieer, met Hom saamwerk as ons Vriend, en Hom navolg. Dit alles, terwyl ons ook ons hoop plaas op die finale oorwinning wat Hy vir ons voorberei met Sy Wederkoms.

AddThis Social Bookmark Button
Druk

Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean

Geskryf deur Webmeester Communitas. Posted in Jeug en familie - Algemeen

In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic Deism
AddThis Social Bookmark Button
Druk

Ouerskap of opvoeding?

Geskryf deur Gielie Loubser. Posted in Positiewe Ouerskap - Ouerskap

Ouerskap gaan oor goeie verhoudings.
Miskien is deel van ons probleem oor positiewe ouerskap juis die term “ouerskap”. Die term plaas al die interaksie wat daar is tussen ouer en kind outomaties as iets van die ouer na die kind. Ouerskap is daarom alleen die verantwoordelikheid van die ouer(s).
Ek wonder of ’n beter term nie “opvoeding” is nie.

AddThis Social Bookmark Button
Druk

Is Positiewe Ouerskap negatief?

Geskryf deur Gielie Loubser. Posted in Jeug en familie - Algemeen

Kommentaar op 'n artikel in een van ons Christelike tydskrifte?

In een van die nuutste Christelike tydskrifte op die rak skryf een van die voorste ouerskap-kenners se man die volgende paar sinne en ek haal aan: “Ek en (sy vrou se naam) is nie mal oor “positiewe ouerskap” nie. Dit is nou die skool van kinderopvoeding wat aanbeveel dat kinders nie vir verkeerde gedrag gestraf moet word nie en nooit die woord “nee” moet beleef nie. Ek weet dit klink onsinnig maar baie Christen-ouers volg hierdie benadering. ’n Mens sou reken Christene weet dat ons kinders (net soos ons) in sonde gebore is en dat verkeerde gedrag konsekwent gestraf moet word, terwyl regte gedrag soms beloon kan word. Die woord nee het nog nooit iemand se gees geknak nie en ’n rebelse kind behoort hom of haar teen ferm grense en ernstige gevolge vas te loop. Dit is hoe God met sy kinders werk.”

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar