NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP NUUSPERSPEKTIEF

Nuusflitse

TIW rus gelowiges toe vir interkulturele getuienis en diens in gemeentes en die gemeenskap

TIW is 'n buro van die Hugenote Kollege met die doel om die Christelike gemeenskap tot diens te wees. Ons wil gemeentes  en organisasies help om hulle lede beter toe te rus vir hulle getuienis en diens in 'n interkulturele gemeenskap.

Dr. R. van Velden. Tel.  021-8730025(k); 0828574368;       E-pos:  rvvelden@hc.sun.ac.za

Lees meer...

Versamelde Werke van Dirkie Smit

Die derde in 'n reeks versamelde opstelle deur die bekende Suid-Afrikaanse sistematiese teoloog, Dirkie Smit, het onlangs verskyn.

  • Essays on Being Reformed, volg op die eerste twee volumes,
  • Essays in Public Theology en
  • Geloof en Openbare Lewe.
Lees meer...

Wandel in die Woord - elektroniese produk

Wandel in die Woord het een van die kragtigste geloofsonderskeidende instrumente geword wat wyd deur gemeentes gebruik word. Dr Pat Taylor-Ellison van Church Innovations St Paul Minnesota wat die metodiek aanvanklik ontwikkel het vir die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes het nou oor die metodiek hiervan ‘n boek geskryf wat deur dr Gideon Kok van Mondeor vir SAVGG vertaal is in Afrikaans. Die boek kan in ‘n elektorniese formaat gekoop word @ R30,00. Stuur ‘n epos aan Sharon of kontak haar by 021-808 3381 om die betaling en versending van die boek te finaliseer.  Lees meer ...

DVD - Lewe die Gestuurde Roeping

DVD's kan bestel word van die Lewe die Gestuurde Roeping konferensie Hierdie is 'n uitstekende hulpmiddel vir gemeentes wat met leiers gesprekke wil voer oor wat dit beteken om Gestuur te wees in Suider Afrika. Die volle pakket van 3 DVD's kos R150,00 posgeld ingesluit. Bestellings kan geplaas word by Sharon snaude@sun.ac.za of 021-8083381

Die lesings op die DVD sluit oa die volgende in:

Lees meer...

PRE-TEEN LESSE VIR 9-12 jarige

6 pre-tiener lesse, een bou op die ander. As tyd min is, kan 6 lesse opgedeel word in 12.

Die reeks "raising up spiritual champions" uitgewerk as dissipelskap vir

9-12 jarige - beginsel van 'n sportspan wat afgerig word vir die kampioenskap. 'n Skattejag ingesluit

Kry by Jeugkantoor, NGK in SA,  021/957 7199 jeug@kaapkerk.co.za

(R50 posgeld uitgesluit)

AddThis Social Bookmark Button

By die Swartberg Indaba en Cedarberg konferensie die afgelope twee weke was daar oop gesprekke waar mense wat die NG of  VG kerke verlaat het met ons kom praat het oor hoekom hulle die stap geneem het.

Ek het die volgende 11 dinge uit die gesprekke geleer:

  1. Sonder uitsonder was almal bly dat ons die gesprekke gevoer het. Daar was dikwels emosies van pyn in die gesprekke en daarom die dankbaarheid dat ons 'n ruimte kon vond dat ons met mekaar kan praat en nie oor mekaar nie.
  2. Dogmatiese of leerstellige sake speel 'n verassende klein rol in die besluit van mense om 'n kerk te verlaat. Daar is natuurlike leerstellige sake soos die herdoop, interpretasie van die skrif en met name fundamentalisme en etiese sake, maar in die gesprekke wat die sake nie eintlik voorop nie. Hoofstroom kerke maak 'n foute as hulle daarop bly fokus in hulle nadenke oor kerkverlater.
  3. Hoewel die skrifbeskouing mag verskil, was dit opvallend in die gesprekke hoe 'n belangrike rol die Bybel gespeel het by almal in die gesprekke.
  4. Die grootste oorwegrede volgens hierdie groepe het te make gehad met 'n behoefte aan verdiepte geestelike groei wat nie gebeur in hoofstroom kerke nie.
  5. Van die kerkverlaters het 'n behoefte om te bedien eerder as om bedien te word. Gesien vanuit die hoofstroom kerke se persepktief is dit ironsie. Wat hoofstroom kerke hieruit kan leer is die geneigdheid om mense betrokke te maak in die gemeente eerder as om vir hulle 'n ruimte skep waar hulle seflstandig kan bedien.
  6. Daar is 'n baie sterk en soms skerp persepsie dat die norm in hoofstroom kerke 'n primere verbintenis aan die kerk en die tradisie is en nie noodwendi 'n verbintenis aan God nie. Leiers uit die hoofstroomkerke is in die gesprekke verbaas hieroor want hulle grootste behoefte is om presies dit te doen met lidmate, nl  om hulle te begelei tot geestelike verdieping.
  7. Uit die hoofstroomkerke was daar 'n siening dat die jonger kerke sal moet leer om hulle identiteit nie te bou op 'n anit-hoofstroom-kerk-teologie nie. Daar was konsensus hieroor in die gesprekke.
  8. Charismatiese groepe het dikwels 'n behoefte aan gesprekke met gereformeerdes want hulle sien regeformeerdes as naby familie. Hulle wonder of ons hulle steeds sien as sektes.
  9. Die help baie as ons in die gesprekke nie probeer om mekaar te oortuig nie, maar eerder dat ons by mekaar probeer leer. Dit vra uiteraard hoe vlakke van volwassenheid van beide groepe soos bv dat hoofstroomkerke nie 'n suiwerder teologie het as ander nie of dat jonger kerke nie noodwendig meer toegewyd is as die tradisionele kerke nie. As ons van daardie bagasie ontslae kan raak word dit eintlik heerlike gesprekke.
  10. Ons is in 'n tyd wat gelowiges eerder meer as minder tussen kerke gaan beweeg soos wat hulle verhoudings bou met mense en hulle geestelilke behoftes skuif en denominasionele identiteit afneem. Die koninkryksuitdaging sal wees om bande tussen kerke te bou wat sterk genoeg is om oor hierdie grense uit te reik na mekaar.
  11. Gemeentes wat lojaliteit aan die gemeente bou op denominasionele identiteit sal kwyn trewyl gemeentes wat daarin slaag om lidmate te begelei tot 'n identiteit in Christus sal groei.

Die saak wat ek oor wonder na die gesprekke het te make met die onvermoe van hoofstroomkerke om lidmate te begelei tot dissipelskap. 'n Jong man wat 'n paar jaar gelede die kerk verlaat het, vertel hoe hy as seun in die NG kerk 'n paar keer tot bekering gekom het, maar telkens weer terug gegly het in die leefwyse van die tradisionele christene rondom hom. Hy het toe deel geraak van 'n groep wat hom verantwoordbaar gehou het vir verbintenisse as dissipel en toe het sy identiteit in Christus eers werklik begin vorm en het hy eenvoudig nie 'n keuse gehad sa om deel te word van 'n kerk waar dissipleskap die norm is nie.

As ek terugkyk hierna was die gesprekke vir my 'n waardevolle leerskool en wens ek het meer sulke gesprekke. Ek het die indruk dat ek nie die enigste een was wat so gedink het nie.

AddThis Social Bookmark Button
’n Paar waarnemings en ervarings van iemand wat verhuis het na Engeland. Dit is persoonlik gekleur. Daarom bied ek dit aan met verhale waarvan ek deel is. Daar is talle raakpunte aan die SA konteks en dus is dit nie sodanig nuut nie. Maar die ervaring is vir my nuut omdat ek nie meer die mantel van ds dra nie en ek ’n ander kykie kry in die wêreld.

Temas

  1. Leer my terwyl ek jou bystaan …
  2. Ek is ’n baptis-metodis en ek ’n anglikaan-metodis
  3. Geloof is baie privaat en tog wil ek daaroor praat ...
In proses:
  1. Gemeenskap in ’n samelewing waar individualisme groei ...
  2. “nC” dui nie begin maar einde aan (post-Christus)
AddThis Social Bookmark Button

Hoofgedagtes van die boek

‘n Predikant se taak is nie om mense se probleme op te los of hulle gelukkig te maak nie, maar om mense te help om God en God se genade in hulle lewe raak te sien. Soms is dit net om die woord “God” te sê in ‘n situasie waarin dit nog nie gesê is nie. Die predikant moet sy/haar rol voortdurend herdefinieer, anders gaan jy terugval in die definisies wat die kultuur of die gemeente daarvan gee en dan gaan jy jou eintlik roeping versaak. Jy is nie “chaplain of the culture” nie.

AddThis Social Bookmark Button

Paper read at Being Surpriced by God conference in Utercht June 2010

Three Lines of distinction


I would like to give some lines of distinctions of my research by telling three different experiences that have influenced me in the choices I have made during this research project. At this moment I just finished the empirical part of my inquiry. So the lines of thinking are at this moment only preliminary and I really would enjoy if you would feel free to give all kinds of reaction or feedback.

The first one is about the place and importance of organizational discourse within the practice of congregations and also within congregational studies.

Organizational discourse versus theology


I have a background within organizational science (organizational analysis) and when I started with the education program for ministry, I really was surprised when I noticed the debates in congregations about the best ways of organizing them. When in organizational science a lot of attention is going to the role of spirituality, the centrality of meaning within organizations and building of relations of trust, conversations in congregations were characterized by topics as professionalism, strategic purpose definitions or how to implement plans and find volunteers for this work. In a same way, this dominance of organizational discourse was traceable within a lot of theories around church development in The Netherlands. What was surprising for me was the carefree and pretheoretical way of speaking about organizations.
Within organizational science, the last forty years are dominated by a lot of disputes and discussions about the role of concepts and the use of it. It resulted in a wide range of different schools, concepts and approaches. While at the same time, in congregations terms as leadership, the organization or the importance of a clear mission are used in a self-evident way like there never was any form of reflection about it. Maybe the flood of so-called managerial literature -  all the management books you can buy at the airport for example – plays a part in this. I think, the most important disadvantage of this managerial use of organizational concepts is that it doesn’t take into account how it also can function in a very reductionistic way. The assumptions behind these models are neglected and the reductionistic influence on the local theological processes stays often implicit. In my opinion a more reflexive approach could be very fruitful. Especially because the theological particularity of congregations could be much more valued and taken into account. That’s why I was looking in the last years for possibilities for a more integrative approach in which the richness and pluriformity of different schools within organizational science and the theological field could be used. By using this organizational deconstruction in practice, I think new possibilities can be found for valuing a theological contribution within congregational studies and for the role of meaning in organizational processes.

A second line of distinction can be given by telling about the first three months of my research project

Communitas logo

Gesprek oor GROEN

Swartberg Indaba

VRAE:
  1. Dink ons dieselfde oor die groen aarde?
  2. Drukgroepe kom nie uit die kerk nie – hoekom nie?
  3. Wat van die kerklike tradisie wat sing: Hoe skoon die aarde, dit het MIN waarde...?
  4. Teologie van ’n spoedige wederkoms maak dat mense nie met voet op die aarde loop nie
  5. Wat kan die kerk doen?
  6. Plant ons inheems op die kerkterreine?
  7. Wie doen wat in ons omgewings?
  8. Wat van die droogte? Raak ons nou eers bewaringsbewus in nood?
GESELS SAAM!

Gesprek met KERKVERLATERS

Padlangs met gemeentes

Ons weet almal dat daar 'n stroom van mense is wat ons gemeentes verlaat. Kom ons praat 'n slag met mekaar en met die kerkverlaters ook hieroor. By die onlangse Swartberg-Indaba en Cedarberg konferensie is daar oop gesprekke gewees met mense wat die NG en VG Kerke verlaat het. Die gesprekke was verassend oop en ons het almal gewonder hoekom hou ons nie meer sulke gesprekke nie. Soos met alle gesprekke by Communitas probeer ons nie mekaar oortuig van ons standpunte nie, maar luister ons na mekaar om te hoor wat ons by mekaar kan leer. Ons voer die gesprek eerlik, maar met deernis en respek vir mekaar.

GESELS SAAM!

Sokker Wêreldbeker 2010

FORUM oor die Sokker Wêreldbeker 2010

Kommentaar en gesprek

Boeke wat ons lees

Banier

Facebook

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 1 week ago
  • By die Swartberg Indaba het 'n baie interessante gesprek oor GROEN ontstaan: Die bewaring van die natuur en ons rentmeesterskap. Lees en gesels saam: 1 week ago
  • Frederick Marais vertel wat hy geleer het in gesprekke met kerkverlater 1 week ago
  • Nuwe webtuiste geskep vir Kerkspieël by GDN: www.kerkspieel.co.za. Navorsing van 1981 tot 2006 nou beskikbaar vir aflaai. 3 weeks ago
  • Jan Bisschoff deel sy gedagtes oor die lewe ... sonder die mantel van dominee | eerste drie van vyf artikels gepubliseer. 3 weeks ago

Twitter

  • communitasweb: As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 1 week ago
  • communitasweb: Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: Rekordmaand vir Seisoen van Luister: http://bit.ly/cqJ8F5 via @addthis
  • communitasweb: Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: plaas die finale weergawes van die PowerPoint/Word preekhulpe vir Pinkster 2010 | Seisoen van Luister: http://bit.ly/9CAKHG