{ARGIEF}

Die Lewende Christus

“Sodat ons Hom mag ken…”: (fil. 3:10)
• Geloofsgroei beteken dat ons toeneem in ons betekenis van Wie Christus werklik is en dat ons al hoe meer op Hom alleen vertrou vir die lewe
• Die kern van ons Christelike geloof is geloof in die Opgestane en Gekruisigde Christus
• Ons leer Hom ken deur sy heilsweldade te verstaan en toe te eien: sy menswording , sy lewe, sy kruisiging, sy opstanding, sy hemelvaart en sy wederkoms
• Hy is die Een wat ons aan die Vader bekendstel en deur wie die Vader aan ons die Gees gee 


 

 

 

 


Die God in Wie ons glo…Vader, Seun en Gees

•[Seun] As ons ons fokus op die uniekheid van Christus verloor, kom die ganse inhoud en waarheid van die evangelie in die gedrang
•[Vader] As ons vergeet van die Vader, kan ons maklik begin dink dat God meer omgee vir die kerk as vir die wêreld
•[Gees] As ons vergeet van die Gees, raak dit moelik om te bly glo dat die lewende God ook vandag nog by ons teenwoordig is en onder ons werk

•[Vader] Die skepper & Voorsiener wat sorgsaam sy hele skepping bewaar & regeer
• [Seun] Ons Messias, die lewende Christus wat ons Profeet, Priester en Koning is
•[Gees] Die Lewendmaker wat die werk van Christus daagliks verder voer

 

 

 

 


Die Geskenk van die Lewe

Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed”: (Joh. 10:10)
• Christus die Priester: Vergeef ons en versoen ons met God en alle mense
• Christus die Profeet: Openbaar God aan ons en leer ons die kennis van die lewe
• Christus die Koning: Verlos en bevry ons sodat ons reg kan leef

 

 

 

 

 

 

 


Maak ons Profete, Priesters en Konings

“Julle is ‘n koninklike priesterdom wat die verlossinsdade moet verkondig van Hom wat julle geroep het”: (1 Pet. 2:9)
• Ons as priesters: Dra die versoening verder en reik met genadige liefde uit na almal in nood
• Ons as profete: Verkondig die kennis van God en die lewe aan alle mense
• Ons as konings: Leer om reg te leef, om reg lief te hê en op te staan vir reg en vrede.

 

 

 

 

 

 


Missio Dei

Die lewende God doen self sy werk…en nooi ons om saam te kom
“Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle”: (Joh. 20:21)
• In en deur die kerk
• In en deur die skepping
• In en deur die gelowiges
 

Die kerk en sy gemeentes word deel van die WEG…Kry ‘n unieke taak
• Reik uit na alle mense in nood met die genadige liefde van die evangelie
• Versprei die kennis van die evangelie
• Lewer openbare getuienis oor reg, bilikheid, vrede en versoeningOpenbaar ‘n unieke styl: die styl van Christus
• Liefde, sensitiwiteit en respek vir alle mense
• Diensvaardigheid – aan God en aan ander
• Heelhartige toewyding
• Eerlikheid en respek vir die waarheid
• Respek vir verskeidenheid en bereidheid tot samewerkingNeem vier unieke dissiplines op hulself
• ‘n Gereedheid om opofferings te maak
• Om tyd te gee vir God (leitourgia)
• Om tyd te gee vir die Woord (kerugma)
• Om tyd te gee vir mekaar (koinonia)
• Om tyd te gee aan ander(diakonia)Ontvag unieke middele
• Die Woord
• Die sakramente (die doop en nagmaal)
• ‘n Verskeidenheid van leiers
• Lidmate met gawes
• Samekomste