{ARGIEF}

Fredinand spreek waardering uit die konferensie Leef die Gestuurde Roeping wat onlangs in Helderberg gehou is en vra hoe kan gemeentes inskakel by die Vennootskap?
Oor die konferensie-ons is almal steeds baie dankbaar vir die konferensie en die hernuwde entoesiasme vir die gestuurde reoping waarmee ons almal daar weg is. Ek is soos jy getref deur die eerlikheid van die verhale wat gemeentes vertel het. Dit het miskien meer as enigiets anders aan ons almal hoop gegee, dat ons ten spyte van die probleme in gemeentes om hulle gestuurde roeping te lees, deur die Here geseen is in Suider Afrika met soveel gemeentes en leiers wat met moed en toewyding die roeping leef in hulle konteks.
Hoe skakel ‘n gemeente in vra jy?
1. Indien die gemeente in ‘n streek is waar daar nog nie Vennootskap clusters is nie sal die Vennootskap van die naaste streek- in julle geval die Oos-Kaap aanbieders aanwys wat bekendstellings sal kom aanbied totdat sit blyk dat genoeg gemeentes in julle omgewing is wat ‘n cluster kan vorm. In julle geval kan julle vir Danie Mouton van die Oos-Kaap kontak by danie@ngkok.co.za en met hom ‘n strategie bespreek oor hoe om ander gemeentes te nooi om saam met julle ‘n cluster te vorm. Hoe ingedagte dat die Vennootskap ‘n ekumeniese beweging is en dat julle gerus gemeentes van ‘n verskeidenheid van Denominasies kan nooi om saam met julle op die reis te gaan.
2. Indien ‘n gemeente in ‘n streek is waar daar reeds clusters van die Vennoodskap is kan die gemeentes gekontak word wat julle sal verwys na die Vennootskap konsultante in julle streek.
3. Vir gemeentes wat nie enige kontak het met ander gemeentes wat aan die Vennootskap deelneem nie, kan hulle my gerus kontak by jfm@sun.ac.za sodat ek hulle kan verwys.