{ARGIEF}

Frederick vra ek moet reageer, dan doen ek dit maar. EK sou vreeslik graag dat ons (en kerkrade en alle ander rade) hierdie tipe gsprek aanpak met The Fifth Discipline en stelselbenadering en De Bono se 6 Thinking Hats – ek glo van harte dit sal ons help om ons eie aannames te erken en te verstaan en lei tot beter gesprek voering.
Voorts moet ‘n mens baie versigtig wees wanneer jy as Demas praat, want kritiek word nie altyd verstaan en waardeer nie. In my predikantsomgewing het ek dikwels gese jy moet bekommerd raak as ek nie meer kritiek lewer nie – dan is ek nie meer betrokke nie. En vir ‘n langtyd nou al pla my dit my hoegenaamd nie wat in my vorige gemeente gebeur nie. Dit so bietjie agtergrond.
DIe probleem van huisbesoek, is ‘n BAIE dieperliggende probleem. Dit raak nie net huisbesoek nie, dit raak ons manier van kerkwees. Daar is talle kerke wat groot en sterk is en GLAD nie huisbesoek doen nie, maar waar die pastor, as my kind soos die afgelope week, in Tygervallei instap en hy haar sien, haar vriendelik groet!
Ek dink die NGK probeer te hard om alles vir almal te wees. Ek dink die predikant se EERTSE verantwoordelikheid is teenoor sy meelewende lidmate – en hulle huil en kerm gewoonlik nie oor huisbesoek nie. Niemand kan die randfiguur beter bereik nie, as ‘n vriend nie. En ‘n predikant kan gewoon nie met almal vriende wees nie.
Die Bybel is ‘n ongelooflike boek. As daar iemand is wat belangstel, sal ek hom/haar die tema van ‘n Dokterstesis gee – Die Bybel leer die beginsels van moderne bestuurswetenskap. Daarom het ek in Harvard Business Review ongelooflike Bybelse beginsels gelees. Soos NUWE WYN in NUWE SAKKE (Structure follows purpose?) DOEN aan ANDER wat jy wil he hulle aan JOU moet doen. Dienenende leierskap. Die ongelooflike is dat daar talle artikels vanuit suiwer akademiese en besigheidsoogpunt oor die onderwerpe in die HBR verskyn – met geen verwysing na die Bybel nie.
Gun my ‘n laaste twee opmerkings: EK het na my ou gemeente ‘n boodskap gestuur: Diegene wat in my tyd op die kerkraad was, moet my vergewe, want ek het van HULLE goed verwag wat ek self nie kan doen nou dat ek nie meer ‘n Ds is nie.
Tweedens (en Piet Meiring vertel dit met ‘n uitstekende storie) die prediking is te veel besig met die predikant se probleme en nie myne nie. Daaroor kan ek nog baie se. In my tyd het ek dit probeer oplos deur preekgroepe te he van mense wat ek geestelik kon vertrou om my te help preek maak. Prof Jonker het een dag gese jy maak preek met die Bybel en Koerant oop op jou lessenaar. Maar dit frustreer my mateloos as ‘n predikant met sulke ondeurdenkte, oppervlakkige opmerkings kom. Niks met huisbesoek te doen nie, maar baie met geloofwaardigheid! En of ek HOM sal opsoek (nooit!!!). Hoeveel predikant het al THE FUTURE OF MONEY gelees? Hoe kan jy dan verstaan wat in die ekonomiese krisis gebeur en hoe kan jy jou gemeente lei?
Skies, Frederik, ons het nou ‘n wye draai geneem wat moontlik lyk asof dit weg is van huisbesoek, maar wat juis illustreer, as jy aan ‘n klein draadjie torring, dan is die hele naar gou los.
Demas signing out! 🙂