{ARGIEF}

Vollie se opmekrings oor huisbesoek in die platteland maak ons gesprek ryker en waarsku dat ons nie die verskeidenheid van kontekste waarin gemeentes is uit die oog moet verloor nie. Die gevaar van ‘n artikel oor huisbesoek is dat dit nie spesifiek genoeg is oor watter konteks ‘n mens in die oog het nie.
Die punt is dat die bou van verhoudiings tussen die leraar en gemeentelede deur die konteks en die getal lidmate beinvloed word. Ek verwys oa na Alice Mann se teorie hieroor. In kleinder plattelandse gemeentes soos in Vollie se geval sal persoonlike kontak tussen die leraar en lidmate individueel altyd baie belangrik wees, want dit sal die primere manier wees waarop ‘n vertrouensverhouding gebou word. Die kritiese vraag is dan natuurlik hoe gereelde besoeke of kontaksessies benut kan word om hierdie lidmate verder toe te rus vir hulle dienswerk en nie net as ‘n “geestelike versorging” waar die lidmaat afhanklik gemaak word van die besoeke van die leraar nie. Ek weet Vollie het hieroor interessante perspektiewe wat hy met ons moet deel.