{ARGIEF}

Huisbesoek is ‘n onvervangbare en onvervreembare deel van die gemeentebediening van ‘n “verre-plattelandse-gemeente”. Huisbesoek laat jou toe om die gemeentelede in hulle konteks te sien en te beleef.
Ek gebruik die term “verre-plattelandse-gemeente” wat op bl 5 in die Salarisomsendbrief No 1/2009 van die SFK gebruik is, omdat dit die enigste manier is om die gemeentes te beskryf waarin ek gedien het en tans dien. Hierdie gemeentes het net selfoon ontvangs in die dorp waar die kerk staan en nie in die res van die gemeente gebied nie. Hierdie gemeentes se area wissel tussen tagtig en tweehonderd kilometer in deursnee. Die paaie in die gemeentes is grondpaaie met baie slegte oppervlakte.
Gemeentelede waardeer huisbesoek geweldig. Aangesien Erediens bywoning nie gereeld geskied nie bied huisbesoek die geleentheid tot kontak en verhoudingbou.
Ek dank julle vir die gesprek oor hierdie baie belangrikke saak.
Vollie Gilfillan
Sutherland