{ARGIEF}

Lidmate het die leesrooster baie geniet, omdat dit hulle baie sistematies deur die Bybel geneem het en omdat baie die droom kon vervul om die “Bybel deur te lees” Hierdie is ongelukkig nou nie meer so deel van die leesrooster nie, dit lyk vir my of die leesrooster meer begin fokus het op kleingroepe. Ons gemeente se preekwerkgroep, drie groepe met ‘n bywoningstal van 60, wil nie volgende jaar weer die leesroosters gebruik nie, vir my persoonlik baie hartseer.
Ek self het die Preekstudies begin gebruik in ‘n tyd toe ek nuut/anders begin dink het oor die inkleding van die erediens/liturgie. Ook in hierdie aspek is ek die afgelope twee jaar teleurgesteld. Daar word baie min nuwe liturgiese voorstelle gemaak. Ek wil nie ‘n uitgewerkte liturgie en preek ontvang nie, maar het nogal al die variasies en voorstelle geniet. Gelukkig het ek nog al die ou preekstudies en blaai baie lekker terug in die verlede.
Die tot standkoming van die preekwerkgroepe in die gemeente het my ook genees om te swaar te leun op die preeksketse in die preekstudies, daaroor is ek baie bly (ek werk deesdae harder aan my preke! 🙂
Dankie vir al die hulp deur die jare, maar ek verlang so effens terug na die “ouer” weergawe van preekstudie en leesrooster.
Fanus Hansen