{ARGIEF}

Vir iemand wat dalk saam met my na die God-storie uit 2 Sam 1 die week luister.
Die volgende het my uit die verhaal aangespreek:
* Die Amalekiet in die verhaal maak die pad vir Dawid oop die koningskap waarvoor hy deur die Here gesalf was, te vat. Die kroon en ander koningsimbole was in sy hande. Dis net die Here wat die pad só vir hom kon oopmaak. Die Here het self sy ‘vyand’ [Saul] uit die pad gevat. Wat ‘n bestiering, sou mens kon sê. Kyk net hoe werk die Here.
* Dawid het dus saam met manskappe goeie rede gehad om te ‘celebrate’!
* Die nuwe Koers in die Dawid verhaal [God se Koninkrykspad] maak Dawid egter anders na God. luister:
— In plaas van na die mag in sy hande gryp, sien Dawid God [die enigste Mag] se eer is op die spel. God en sy gesalfde is aangetas en diep “verneder”.
— Dit laat Dawid en sy manskappe in sak en as rou! Rou ipv ‘celebrate’! Dawid die eintlike gesalfde, verneder homself en sy manskappe magteloos in die openbaar; alles ter wille van God se eer.
— Die erns van sy hartsgesindheid, sit hy dan om in dade, deur die deur die Amalekiet dan en daar te laat doodmaak. Die instrument wat God se eer aantas moet uit die pad van God se koers kom.
— En dan skryf Dawid ‘n grafgedig [lied] wat almal moet aanleer [akrosties] om sy vyand [Saul] en sy vriend [Jonatan] in opregte liefde te besing. In die gees van die “ou koers” klink dit vals; ten minste sy lied oor Saul. Maar op God se nuwe Koers met ons is respek vir God onafskeidbaar van respek selfs vir jou grootste vyand. Hierdie vyandsliefde is natuurlik in Jesus van Nasaret, de Opgewekte Here, in ons glashelder verwerklik. Maar God het sy gesalfde, Dawid, ook al op die Koers gevat in die eerste Testament.
* Oor hoe die Opgewekte Heer prakties in ons lewe werk en doen, is dit dalk net goed om “Living the Resurrection” van Eugene Peterson [NAVPRESS] te lees. Inderdaad Dawid kon die ander Koers in 2 Sam 1 nie uit homself loop nie. Dalk daar in Betlehem toe hy so onverwags gesalf is; of toe hy die beer en die leeu ter wille van die skape se oorlewing, vreemd kon oorwin, het die wonder van God, as die Lewende Teenwoordige Een, Dawid oormeester. Maar verseker, net hierdie verwondering oor wie God is, kon hom op die Nuwe Koers agter God aan vat. Die Evangelie is regtig ‘n goeie Boodskap!