{ARGIEF}

Jannie het ‘n baie waardevolle opmerking gemaak wat ek graag wil onderstreep met ‘n voorbeeld. Die inhoud en doelwitte van die “bateouers” is na my oordeel bo verdenking en beklemtoon die belang en wyses waarop mens basiese lewenswaardes in gesinne en gemeenskappe kan vestig. Maar die gevaar van een metafoor en die assosiasie wat dit onwilleurig kan skep is ‘n tydige waarskuwing. Toe ek in 1985 by die Stellenbosch Kweekskool begin klasgee was die towerwoord GEMEENTEBOU. Jannie self en baie dominees en gemeentes kan getuig dat dit vir ons almal ‘n geloofsreis was waar ons moes leer hoe om op God te fokus en waar ons ontdek het dat ons verstekopsie is om prosesse self oor te neem en met “strategiese beplanning” te bestuur. Dis net ‘n halwe graad wat jy jou fokus wegdraai van afhanklikheid en bly luister na die Woord en Gees en jy sit weer vas in die ou institusionalisme. Dit gaan op die ou einde nie om gemeentes of bates nie, dit gaan om God en sy missie… wat hoop bring.