Author Archive

Dr

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Dagse Frederick

Ek (Heinrich Theunissen)gebruik ‘n ander naam want die program meen my regte naam is reeds in gebruik.

Na 20 jr in die bediening (2 gemeentes op die platteland)stem ek heelhartig saam met julle waarneming. Dit lyk my ook dat ‘n paar goed belangrik is in vandag se tye en nie noodwendig met roetine huisbesoek ondervang word nie.

Een is die toeganklikheid van ‘n predikant vir mense (nie net lidmate nie), en dan in die eerste plek as ‘n medemens (mede reisiger).

Twee het te make met netwerking. Iewers, gemeentegrootte ensomeer in ag geneem, moet ons kontak maak en behou met mense. Dit verhoog uiteraard toeganklikheid.

Drie gaan oor die netwerking van die gemeente. By ons gebruik ons ‘n leierspan wat meer as 10% van die gemeente beslaan en in kleiner groepe netwerk.

Groete Heinrich

Die Stad

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

In reaksie op Martin se kommentaar: Brueggemann skryf ‘n briljante artikel genaamd “The City in Biblical Perspective: Failed and Possible”, (http://www.luthersem.edu/word&world/Archives/19-3_Politics/19-3_Brueggemann.pdf) waarin hy die verhaal van die Dawidstad vertel.
“Old Testament Jerusalem is a metaphor for the concentration of power and meaning that marks our own cities. Jerusalem failed, committed to a false ideology, just as our cities are failing. The prophets provide a voice and a program of hope.”
Gaan lees dit gerus – dis inspirerend en spreek die waardes onderliggend aan die “stad” aan.
Rethie van Niekerk

Tweede gedagtes 2 Sam 1

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Vir iemand wat dalk saam met my na die God-storie uit 2 Sam 1 die week luister.
Die volgende het my uit die verhaal aangespreek:

* Die Amalekiet in die verhaal maak die pad vir Dawid oop die koningskap waarvoor hy deur die Here gesalf was, te vat. Die kroon en ander koningsimbole was in sy hande. Dis net die Here wat die pad só vir hom kon oopmaak. Die Here het self sy ‘vyand’ [Saul] uit die pad gevat. Wat ‘n bestiering, sou mens kon sê. Kyk net hoe werk die Here.

* Dawid het dus saam met manskappe goeie rede gehad om te ‘celebrate’!

* Die nuwe Koers in die Dawid verhaal [God se Koninkrykspad] maak Dawid egter anders na God. luister:

— In plaas van na die mag in sy hande gryp, sien Dawid God [die enigste Mag] se eer is op die spel. God en sy gesalfde is aangetas en diep “verneder”.
— Dit laat Dawid en sy manskappe in sak en as rou! Rou ipv ‘celebrate’! Dawid die eintlike gesalfde, verneder homself en sy manskappe magteloos in die openbaar; alles ter wille van God se eer.
— Die erns van sy hartsgesindheid, sit hy dan om in dade, deur die deur die Amalekiet dan en daar te laat doodmaak. Die instrument wat God se eer aantas moet uit die pad van God se koers kom.
— En dan skryf Dawid ‘n grafgedig [lied] wat almal moet aanleer [akrosties] om sy vyand [Saul] en sy vriend [Jonatan] in opregte liefde te besing. In die gees van die “ou koers” klink dit vals; ten minste sy lied oor Saul. Maar op God se nuwe Koers met ons is respek vir God onafskeidbaar van respek selfs vir jou grootste vyand. Hierdie vyandsliefde is natuurlik in Jesus van Nasaret, de Opgewekte Here, in ons glashelder verwerklik. Maar God het sy gesalfde, Dawid, ook al op die Koers gevat in die eerste Testament.

* Oor hoe die Opgewekte Heer prakties in ons lewe werk en doen, is dit dalk net goed om “Living the Resurrection” van Eugene Peterson [NAVPRESS] te lees. Inderdaad Dawid kon die ander Koers in 2 Sam 1 nie uit homself loop nie. Dalk daar in Betlehem toe hy so onverwags gesalf is; of toe hy die beer en die leeu ter wille van die skape se oorlewing, vreemd kon oorwin, het die wonder van God, as die Lewende Teenwoordige Een, Dawid oormeester. Maar verseker, net hierdie verwondering oor wie God is, kon hom op die Nuwe Koers agter God aan vat. Die Evangelie is regtig ‘n goeie Boodskap!

Nog gedagtes 1 Sam 17

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Dawid en Goliat se verhaal vat aan mens se lyf as jyself rug teen die muur staan. Jy’t kanker wat in jou groei; twee van jou kinders is in ‘n oogwenk in ‘n gru ongeluk dood; jy’t skielik, sonder waarskuwing, jou werk verloor, met hope onnodige skuld wat jou op alle maniere doodwurg ens.
Dan staan die magtige, onoorwinlike, koggelende Goliat met sy brutale, uitdagende mag skielik reg voor jou in die pad; enige tyd — dag en nag – middernag-sweet, maar veral in die oggend en aand [vers 16] as jy dalk probeer bid. En al wat jy kan doen is weghardloop [vers 24]. Ver weghardloop!
In plaas van bid en vertrou; raak ‘bargaining’ met die sigbare/meetbare, ‘n haalbare opsie. Die lokaas; wortel voor die neus [Mamon] gee bietjie hoop. Ons koop [omkoop] ons uit die moeilikheid. En wat kan Mamon se lokaas nie alles vermag nie [vers 25]? Die beste en duurste mediese behandeling; die oulikste terapeut en die knapste skuld-bestuurder ens.
Maar hoe ons ook al koop [omkoop] en “bargain”, die Here weet! dit help eintlik niks. Goliat is, met jou rug so styf teen die muur, net elke keer as hy oor en oor [40 dae woestyn-lank]verskyn, hopeloos te sterk. Trouens hy lyk elke keer net sterker en onoorwinlik groter! Die duur behandeling het, na die toetse uitgekom het, tog nie die verwagte uitkomste nie; die spoke van die ongeluk, na baie terapie, wil maar net nie uit jou kop nie—jy voel jy gaan mal word; die skuld probleem druk jou laaste asem al meer uit jou uit.
Alles wurg jou uit jou geloof uit! Die storie sê: só is dit gesteld met gelowiges; kinders van God – die linies van Israel. Die kragreuse van die ‘wêreld’ het oorgevat. En dieselfde gees van die wêreld manifesteer [vat oor] net op ‘n ander manier as die Goliat-gees, binne in ons!
Maar daar is ‘n ander Koers. Die Dawid Koers. Die Nuwe Lewe Koers [Koninkryk]. Iemand wat snaaks genoeg nie teen Goliat vaskyk nie. Iemand wat nie regtig vir Goliat bang is nie, maar “God vrees”. Want hy kan doodgewoon nie toesien dat Goliat met God-en-sy-mense so mors nie — hulle so vernietigend die skrik op die lyf jaag nie. Vir hom gaan die lewe, met al die Goliat-magte daarin geweef, oor God! God en God se eer is op die spel [vers 29; 45-47].
Dis erg dat sy eie mense [mede-uitverkorenis] nie dié Koers uit die gemors raaksien nie [soek eers die Koninkryk van God en wat reg is!]; dis nog erger dat hulle die Koers uit eie geledere teenstaan en probeer verydel [vers 28]. In plaas van eenheid, verdeeldheid! Dis sowaar die kerk van die Here wat nog altyd presies so lyk en doen! Flip Theron het eenkeer gepreek: Kerk en wêreld in dieselfde bootjie!
Maar die Dawid-Koers het geen keer nie. Wat ‘n troos?!! Dis sonder magsvertoon; dis lagwekkend gering. Dis heeltemal oudmodies. Dis klipvel-krag teen moderne atoomkrag! Dis so simpel soos kniel [bid] by ‘n stroompie; in afhanklikheid van God alleen, klippies optel en korrel en gooi en God wat alle mag in hemel en op aarde het, laat die klippie koersvat, dwarsdeur die sogenaamde ondeurdringbare wapentuig deur. ‘n Moderne, gesofistikeerde rekenaar-beheerde projektiel, kan nie so akkuraat wees nie! Die onmoontlike het gebeur. Goliat is dood! Morsdood.
En voor ons ons kan kry dink ons: Wat ‘n oulike knapie; die bloesende, oopgesig seun met sy groot geloof! En kan hy nie goed gooi nie? Ons wil ook so wees! Ons sal Dawid, met ons eie vreesaanjaende Goliat’s in ons pad, moet namaak.
Die storie sê: Moenie. Jy kan nie. Jy mis dan die eintlike Storie. Dis nie die oulike Dawid nie. Hy was nie oulik nie — luister daarvoor na sy hele lewensverhaal. Dis die Gees van God, wat God die Vader, Self op Dawid in oorvloed uitgestort het [16:13]. Dis God wat heeltyd kragtig by Dawid was [16:18]. Dis alles God se werke. Dit móét ons inderdaad glo; God hiervoor op sy Woord vat! Omdat ons niks ander kan doen nie. Rug teen die muur!
En die God-storie dwing/dring my/ons op my/ons knieë: Ekskuus Here; vergewe my asseblief, Here, my God, dat ek só wêrelds is; só maklik val vir die tipiese“Filistynse”omkoop-planne teen Goliat. En dit laat my smeek: Ek vat U op u Woord in die Storie, Here. Maar kom asseblief my ongeloof te hulp. Om kinderlik te glo is verskriklik moeilik. Destyds en vandag –my ongeloof; ons ongeloof, in die Nuwe Koers wat U in Christus met ons, deur die Heilige Gees gevat het …

Tweede gedagtes 1 Sam 16

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

‘n Storie oor die Nuwe Koers wat God met sy mense lank gelede ingeslaan het—die Koers [Koninkryk] waarin Hy nog altyd regeer en die enigste Een in beheer is; die Koers wat op die ou einde, hoewel baie vreemd, die enigste sin is.

* Ons hoor onder meer dis ‘n Nuwe Lewe waarin God altyd weer die inisiatief neem. Net soos Hy met sy Skepping en met sy Herskepping na die sondeval in die paradys gedoen het. Mense is net in staat om vir Hom en vir hulleself [staties] weg te kruip/weg te hol of vasgeloop te sit en ‘sulk”, soos Samuel in hierdie verhaal. Dankie tog. Hy ons enigste vaste Hoop!
* Maar nou sê die verhaal: God se inisiatiewe om ons te laat lewe, sit ongelukkig heeltemal dwars op ons sieninge van wat lewe is. God vat ons op só ‘n vreemde, nuwe pad, hierdie enigste ware lewenskoers! Dis só heeltemal vreemd, dat Samuel doodbang daarvan wou terugdeins. Ja, dis inderdaad soms gevaarlik om agter God aan te gaan! Dit lyk my om in God se teenwoordigheid, naby agter Hom, aan te loop, is meestal erg ongemaklik. Dis nie so ‘cosy’ soos ons dit soms graag vir onsself voorstel nie.
* Maar, dis duidelik uit God se verhaal: Daar is net een manier om agter Hom aan te gaan: Gehoorsaamheid. Onvoorwaardelik. Doodgewoon net doen wat God sê! Soos Samuel toe gedoen het.
* Die Nuwe Pad agter God aan, met Hom in beheer, gooi ons egter heeltemal uit beheer. Arme Samuel het die erediens daardie dag, nogal op God se bevel, so netjies in Betlehem beplan. Menslik gesproke het daar egter niks volgens plan geloop nie. Is dit regtig hoe God ons lei?

– In plaas daarvan dat die mense met vreugde “kerk” toe gekom het, was hulle aanvanklik agterdogtig en selfs ontsteld. Is dit ons verwagting van erediens toe gaan?
– En toe met die ‘salwery’ van die nuwe koning. God wat sy nuwe dienaar-leier vanuit die erediens, gestuur het. Kan ons dalk sê: uitgestuur vanuit die sakramentele deel van die diens, soos die gemeentes vandag nog? Hiervan het daardie dag niks vir Samuel in plek geval nie. Sewe [volmaakte] kandidate word voorgestel. Ek sien in my verbeelding: Die eerste een met die imponerend voorkoms,charisma en al –gebore leier; die ander een met uitstaande geleerdheid agter sy naam; die ander een met die uitstekende mense-verhoudinge; nog een, ‘n fantastiese organiseerder – hy weet van delegeer; die volgende wat uitstekend met finansies kan werk; die voorlaaste is so ‘n goeie familie-mens— ‘n voorbeeld vir almal; die laaste een met die onkreukbare karakter. Maar God kies nie eers uit “sewe”, dws sy eie volmaakte getal, nie! Kan dit regtig so werk as ons Hom volg? Dit kan mens net verwar?
– En toe die onverkwiklike lang wag. Daar is toe wel ‘n agtste kandidaat. Maar hy was nie eers gereken om erediens toe te kom nie; te jonk vir die ‘sakrament’ dalk? Hy pas liewer, saam met die ander herders, skape buite in die veld op. Maar God sê hy móét kom. Eers moet hy ook nog deeglik gereinig word – mens kom nie sommer onvoorbereid, soos jy wil, voor God nie! Kan ons dink hoe lank was die gewag daardie dag? Party, so hoor ek in my verbeelding, sê: “Niemand sien my weer by dié ‘kerk’ nie. Ek soek ‘n ‘uur-kerk’; netjies, met ‘powerpoint’ en al, dit hou my wakker en dis hoe dit tog in die markplek werk!
– En toe kies God sowaar, in hierdie deurmekaar erediens, die onverwagte rooierige outjie. Die agste een. Dis die heel laaste wat ons sou doen. En God se Gees neem hom in besit. Hy is sy nuwe mens op Sy Nuwe Pad.

* En ek glo elkeen het daardie dag met die seë van die Here huis toe gegaan. Dis só anders, dis só vreemd dat jy bang kan word; dalk só verskriklik eenvoudig; só deurmekaar! Maar dis hoe in die storie op sy nuwe Koers met mense werk. En sy seën op die pad is eg. Mens kan nie daarsonder nie.
* Of ons wil weet of nie, dis ook ons storie. Ons wat God later in Jesus van Nasaret ook weer heeltemal nuut [wedergeboorte deur sy Gees] ontdek het. Hierdie Jesus was ook die laaste Een wat mense sou kies [Jes 53]. En om Hom te volg, is nog duideliker, net soos in Samuel se dae…

Harry is gevaarlik

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Ek dink nie Harry Potter het enigiets met “towenaar goed” te doen nie, maar alles met fiksie. Ek dink ook nie die stemme in Etienne se kop het enigiets met die Heilige Gees of die duiwel te doen nie. Dit mag egter op iets ernstigs dui en ek sou hom aanraai om met ‘n dokter of psigiater daaroor te praat. Dit is nie die soort goed wat ‘n mens moet ignoreer nie, want dié stemme kan dalk eendag vir hom sê om iets te doen wat slegter gevolge kan hê as om vir mense briewe te stuur om van God se liefde te vertel.

Harry is gevaarlik

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Iemand het ‘n ruk gelede aan TV Plus ‘n brief geskryf om te se hoe gekant hy teen Harry Potter is. As ‘n Christen wil ek net se dat ek saam stem met dit wat hy gese het oor hoe duidelik die Bybel se moet niks met towenaar goed te doen he nie.
Toe ek 14 jaar oud was het ek stemme gehoor wat oor en oor in my kop:’Harry moet weg’ gese het. As ‘n Christen wil ek baie graag vir almal wat mal is oor Harry Potter vertel dat hulle nie die selfde stemme wat ‘Harry moet weg’ se wil hoor as wat ek gehoor het nie.
Ek het al baie gebid vir die bekerings van almal wat met Harry Potter te doen het en e-posse gestuur om hulle van God se liefde te vertel en ek sal aanhou om vir hulle bekerings te bid.