Author Archive

Verder Geluister: Lukas 12:13-21 ~ Materiële Rykdom = /≠ Geestelike Armoede

Written by Pieter van Niekerk on . Posted in Preekstudies, Verder geluister

4 Augustus 2013 ~ Elfde Sondag in Koninkrykstyd: Lukas 12:13-21 ~ Materiële Rykdom = /≠ Geestelike Armoede

(Gierigheid is die wortel van alle kwaad)

Is daar hoegenaamd goeie nuus vir rykes in God se nuwe wêreld? Lukas skets “maar ’n bra donker prentjie” vir die rykes (David Bosch, 1990). Maar wie is arm en wie is ryk, mag jy vra?