Author Archive

Moedersdag: Dag vir Vroueregte en Gesins liefde

Written by Quintus Heine on . Posted in Spiritualiteit en lewenstyl

Moedersdag het ʼn heel interessante geskiedenis. Dit dateer uit die 1870’s toe Julia Ward Howe ’n oproep gedoen het op vroue om die groot lewensverlies in hulle families as gevolg van die Amerikaanse Burgeroorlog te betreur en om saam te bid dat geskille in die toekoms vreedsaam opgelos sal word. (sien haar Mothersday declaration onder).

Sy het voordurend gepleit en gebid vir die tragiese lewensverlies van vroue en kinders in die oorlog.Sy wou hê dat vroue hulle plek in die samelewing volstaan en die respek ontvang wat hulle verdien.

So het ‘n ander vrou Anna Jarvis op 9 Mei 1906 saam met ʼn klompie vriende ʼn byeenkoms gehou het ter ere van hulle moeders. Die saak om moeders te vereer het soveel momentum gekry dat die Amerikaanse Kongres in 1914 die tweede Sondag in Mei tot Moedersdag verklaar het.

Later het die kommersiële wêreld natuurlik groot prominensie hieraan gegee.

Moedersdag is dus nie oorspronklik net om geld te maak nie, dit het eintlik gegaan oor vroue regte!!

Ek dink ons moet op Moedersdag twee sake aandag gee: Aan die een kant moet ons saamdink en bid om die omstandighede van so baie vroue /moeders wêreldwyd te verbeter. Ons moet natuurlik by onsself begin. Wêreldwyd word vroue daagliks verkrag, mishandel, verontreg en emosioneel afgetakel. Ons as gelowiges moet hierteen opstaan en ter wille van die goeie herinnering van ons eie moeders en die wat soveel opgeoffer het. ( In die verhaal van PG Du Plessis – Fees van die ongenooides , beskryf hy die haglike omstandighede van die konsentrasiekampe).
Die hoofrede waarom ons na vroue en moeders moet omsien en beskerm is omdat die Here dit van ons verwag.  Die Bybel is vol voorbeelde waar die Here vrou baie hoog ag( Spr 31, Ef 4en 5).  Ons moet elke dag moeite doen om vroue en moeders se omstandighede te verbeter. Ons moet ook opstaan as vroue se regte misken word.

Aan die ander kant moet ons ook eer en erkenning gee vir al die wonderlik moeders en vroue wat elke dag hulself gee sodat hulle gesinne en kinders die lewe in die oë kan kyk. Kom ons loof die Here vir wonderlike moeders. Kom- aan manne – bederf die vroue en die moeders in jou lewe.

Kom ons sê dit ook vir die vroue en moeders ! Julle is seëninge deur God self gestuur om die samelewing en ons elkeen se lewens wonderlik te maak!

Mother’s Day Proclamation     by Julia Ward Howe (1870)

Arise, then, women of this day!
Arise, all women who have hearts,
Whether our baptism be of water or of tears!
Say firmly:
“We will not have great questions decided by irrelevant agencies,
Our husbands will not come to us, reeking with carnage, for caresses and applause.
Our sons shall not be taken from us to unlearn
All that we have been able to teach them of charity, mercy and patience.
We, the women of one country, will be too tender of those of another country
To allow our sons to be trained to injure theirs.”
From the bosom of the devastated Earth a voice goes up with our own.
It says: “Disarm! Disarm! The sword of murder is not the balance of justice.”
Blood does not wipe out dishonor, nor violence indicate possession.
As men have often forsaken the plough and the anvil at the summons of war,
Let women now leave all that may be left of home for a great and earnest day of counsel.
Let them meet first, as women, to bewail and commemorate the dead.
Let them solemnly take counsel with each other as to the means
Whereby the great human family can live in peace,
Each bearing after his own time the sacred impress, not of Caesar,
But of God.
In the name of womanhood and humanity, I earnestly ask
That a general congress of women without limit of nationality
May be appointed and held at someplace deemed most convenient
And at the earliest period consistent with its objects,
To promote the alliance of the different nationalities,
The amicable settlement of international questions,
The great and general interests of peace.

 

Vredesgebed

Written by Quintus Heine on . Posted in Gebede

Vredesgebed

Here, ontferm U oor ons

In ú wil lê ons vrede

Dankie dat ons weet u hande is nie te klein om ons vas te hou nie

Dat U vir ons ‘n nuwe môre van genade, vreugde en waarheid wil laat aanbreek!

Laat o Heer, ú vrede deur ons vloei

Waar haat en onreg en stryd is, laat ons daar u liefde bring

Laat ons in pyn en leed en smart vertroostend wees

En krag gee deur geloof in U alleen!

 

O Heer, laat ons altyd só leef

Dat ons ander hoër as onsself sal ag

Dat ons ander bó onsself sal liefhê

En méér sal gee as wat ons verwag!

Laat ons u lig in die duisternis van hierdie wêreld laat skyn

Leer ons dat vergifnis vrede beskerm

Laat ware liefde en vreugde uit ons straal

Sodat ander U al meer in ons kan sien!

Here, U weet, in tye van oorlog en geweld begrawe vaders en moeders hul seuns en dogters

In tye van vrede begrawe seuns en dogters hul vaders en moeders

Ons weet, o Christus, vrede word nie in raadsale gesluit nie

Dit blom in die harte van mense – wat deur u Gees geraak is!

Vrede is nie die stilte wat kom wanneer geweld verby is nie

Dis die gevoel van medemenslikheid wat geweld verhoed!

Dankie Heer, dat U vrede gee wat alle verstand te bowe gaan

Selfs ook die misverstand!

O God, laat ons meer en meer besef – vrede is iets wat ons is, in U

Wat ons moet weggee

Laat ons glo in vrede, bid daarvoor en praat daaroor

Laat ons veral werk daarvoor!

Amen

Onthou jy daai gebedstyd in Pinkster?

Written by Quintus Heine on . Posted in Gebed

Met Pinkster op hande gaan my gedagtes terug na al die jare se verskillende maniere om mense aan die bid te kry. Toe ek ʼn kind was, was daar altyd die “gemeenskaps-voorbidders”, wat tydens Pinkster gebid het. As kind het jy voor die tyd geweet watter oom (min tannies het toe gebid) gaan opstaan en baie ernstig bid. Dit was gewoonlik sulke lang gebede, wat van die politiek, droogte/reën tot die dorpsake ingesluit het. Gewoonlik het die gebede so 3-5 minute geduur. Maar ons dominee was ook taktvol strategies. Hy het gereeld vooraf met oom Hans afgespreek om nie so in die begin van elke gebedsgeleentheid te bid nie, want dan ontneem hy ander die vrymoedigheid. Hy moet so aan die einde bid. Dit het Oom Hans nie afgesit nie, maar eerder belangrik laat voel – so nadat ʼn paar mense hulle kort gebede gebid het en dominee nie gou genoeg amen gesê het nie, het oom Hans sy kans aangegryp en die vloer gevat. Dan, het hy gevoel – dis tyd vir afrond en vir alles gebid wat die ander uitgelaat het – en om sommer dit wat hulle nie goed genoeg genoem het nie – weer te beklemtoon.
Ek moet sê dit was in die tagtiger jare, toe ek my bediening begin het, ook nog so. Daar was minder “oom Hanse”, maar daar was tussen al die wonderlike voorbidders ook soms die wat die “vloer “ oorgeneem het as hulle in Pinksterbidure die kans gekry het.

As predikant het ek ook soms ervaar dat as die mense vurig en entoesiasties bid –  jy maklik die gevolgtrekking maak  dat jy ‘n goeie preek gelewer het, maar weë die aand as hulle sukkel om aan bidde te kom – dan wonder jy oor jou boodskap – het dit mense se harte gemis?( Dit het ‘n ou dominee reguit vir my gesê- toe die mense die aand nie wil bid na my preek nie…) Ek het al gewonder of my Pinkster–broers, wat gedurig amen of halleluja tydens preke en gebede hoor – nie beter oor hulle preke voel na die “deurlopende terugvoering” nie.

Ek weet daar is verskeie metodes om gebede tydens Pinkster te hanteer. Sommige doen groepgebede, ander laat die mense na mekaar draai. Baie gemeentes het al baie kreatief geraak. Hoe dit ook al sy – Pinkster is ʼn tyd vir gebed, vir soeke na die Here. Al het mense deur die eeue op watter manier ook al gebid, weet ek dat daar vele opregte gebede was en dat die Here na elke opregte gebed luister.

Nou wonder ek of daar nie ʼn paar voorstelle hier gemaak kan word, wat gemeentes help om gebede tydens Pinkstertyd sinvol te maak nie. Dalk het jy voorstel.

Bonhoeffer se innerlike konflik

Written by Quintus Heine on . Posted in Spiritualiteit en lewenstyl

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Dietrich Bonhoeffer, ‘n jong teoloog  die Duitse Nazi’s profeties gekritiseer. Hy is gevang en in die konsentrasiekampe aangehou.  Tydens sy moelike gevangenisskap het hy telkens geskryf en getuig dat Jesus sy Here is en sy enigste anker. Hy word dan ook in Flossenburg op 9 April 1945 tereggestel – ‘n paar dae voordat die geallieerde magte Duitsland bevry het. Op 4 Maart 1946 ( na sy dood) verskyn een van sy gedigte in die tydskrif  Christianity and Crisis. Hierdie gedig is uit sy gevangenisskap in ‘n sel geskryf. In hierdie roerende gedig gee hy uitdrukking aan die  innerlike konflik wat in hom gewoed het. Dit is   vir my so aangrypend dat ek dit graag deel. 

WHO AM I?

Who am I? They often tell me

I stepped from my cell’s confinement

Calmly, cheerfully, firmly,

Like a squire from his country-house.

Who am I? They often tell me

I used to speak to my warders

Freely and friendly and clearly,

As though it were mine to command.

Who am I? They also tell me

I bore the days of misfortune

Equally, smilingly, proudly,

Like one accustomed to win.

Am I then really all that which other men tell of?

Or am I only what I myself know of myself?

Restless and longing and sick, like a bird in a cage,

Struggling for breath, as though hands were

compressing my throat,

Yearning for colors, for flowers, for the voices of birds,

Thirsting for words of kindness, for neighborliness,

Tossing in expectation of great events,

Powerlessly trembling for friends at an infinite distance,

Weary and empty at praying, at thinking, at making,

Faint, and ready to say farewell to it all?

Who am I? This or the other?

Am I one person today and tomorrow another?

Am I both at once? A hypocrite before others,

And before myself a contemptibly woebegone weakling?

Or is something within me still like a beaten army,

Fleeing in disorder from victory already achieved?

Who am I? They mock me, these lonely questions of mine.

Whoever I am, Thou knowest, 0 God, I am Thine!

Here ek bid vir ons land

Written by Quintus Heine on . Posted in Gebede

Iemand vra my vandag om  ‘n gebed vir Suid Afrika  te skryf.

In ‘n tyd waar emosies dreig om hand uit te ruk, het ons Christelike leiding nodig!  In ‘n land, waar mense nie meer na mekaar luister nie en waar emosionele opsweping hoogty vier –  Mag die Here ons met sy genade vul!

 

Here , Ek bid vir ons land!

 

O Here ek staan vandag voor U, omring deur ʼn veelheid van emosies. Heeltyd bewus van dit wat ek hoor en sien – wreedheid, uittarting, wraak en hartseer. Ek voel aan hoe mense rondom my bang, onseker en bedreig is. Saam met hulle het ek soveel vrae en so min antwoorde.

Terselfdertyd gaan my gedagtes terug na Goeie Vrydag waar ek daaraan herinner is dat U al my skuld betaal het. Daar het U my weer gedring om die sondekleed wat so aan my vasklou uit te trek en voor U neer te sit.

Ja Here – by die kruis het U my kaal gestroop van my eie pretensies en eie geregtigheid wat ek so graag in stand hou. U het my gestroop van gedagtes dat ek ʼn goeie mens is, van  gedagtes wat my tot hoogmoed teenoor misdadigers verhef.

U het my voor die kruis laat buig waar ek net kon uitroep – Here wees my genadig!

Dankie Here vir die derde dag – Opstandingdag.

U het my weer opgehef, klere aangetrek. Hierdie keer was dit Koningsklere, u klere – die klere van liefde, die klere van genade, sagte inklusiewe klere!

U het my ook nuwe oë gegee waarmee ek anders kan kyk.

U het my nuwe voete gegee waarmee ek nuwe paaie kan loop,

Nuwe gedagtes waarmee ek anders kan dink,

Nuwe ore waarmee ek anders kan hoor,

Nuwe oordeel waarmee ek nie meer veroordeel nie,

Nuwe vrede wat al my vrese verdryf.

O Heer – ek bid dat U ons in die moeilike emosionele tyd  so vol van u liefde sal maak, dat daar nie plek vir ons eie wraak is nie. Dat U ons vol van u vertroue sal maak dat ons nie sal vrees nie. Dat U so ons vol van u vrede sal maak dat ons in vrede met mekaar sal leef!

Dankie, Here, dat ons vandag selfs in die warboel van emosies u troos kan ervaar. Dankie dat ek my hande in u hande kan plaas.

Amen.

 

Vrede vir julle

Quintus

‘n Paasgebed

Written by Quintus Heine on . Posted in Gebede

 

Die Duitse filosoof Eugen Rosenstock-Huessy het die volgende gebed oor die vryheid van Christene geskryf. Die vryheid wat gekom het deur die opstanding van Christus !

 

Here dankie dat ek vry is.

 

U was gevange en U is vry,

en ek is saam met U vry

van alle benouing en vrees.

U het my as vry mens geskape

en vir die vryheid van die seuns en dogters van God

het U my bestem.

Ek is nie meer my slaaf nie,

nie meer my kerkermeester nie.

Ek hoef my nie meer te wantrou nie.

Ek hoef my nie meer te haat nie.

Ek hoef my nie meer te vrees nie,

want deur U is ek vry.

 

U was gevange en is vry.

Nou herskep U my tot ‘n vry mens.

Ek is nie meer wie ek was nie.

Ek is nie meer wat ek van myself weet nie,

maar wat U van my gemaak het.

U vra geen prestasie nie.

U veroordeel my nie oor my mislukking nie.

Ek behoort aan U.

 

Ek was gevange en is vry.

Ek is in U Naam gedoop.

Ek is en bly U kind.

vernuwe deur U Gees,

U skeppende Gees.

Ek vra nie meer

of ek verdien om te lewe nie,

want ek lewe deur U.

Ek dank U, Here,

nou en vir ewigheid.

 

Die ware toekoms

ontspring uit die dinamiek

van ons geloof, hoop

en gemeenskaplike liefde

Hierdie dinamiese toekoms

moet ons blote denkbeelde

van die toekoms

elke dag opnuut

verreweg oortref

 

(vertaal deur Leo vd Westuisen)

 

‘n Baie geseende Paasfees word vir elkeen toegebid!  Onthou die opstanding het ons nuut en vry gemaak!!!!

Quintus

‘n Paasgebed

Written by Quintus Heine on . Posted in Spiritualiteit

 

Die Duitse filosoof Eugen Rosenstock-Huessy het die volgende gebed oor die vryheid van Christene geskryf. Die vryheid wat gekom het deur die opstanding van Christus !

 

Here dankie dat ek vry is.

 

U was gevange en U is vry,

en ek is saam met U vry

van alle benouing en vrees.

U het my as vry mens geskape

en vir die vryheid van die seuns en dogters van God

het U my bestem.

Ek is nie meer my slaaf nie,

nie meer my kerkermeester nie.

Ek hoef my nie meer te wantrou nie.

Ek hoef my nie meer te haat nie.

Ek hoef my nie meer te vrees nie,

want deur U is ek vry.

 

U was gevange en is vry.

Nou herskep U my tot ‘n vry mens.

Ek is nie meer wie ek was nie.

Ek is nie meer wat ek van myself weet nie,

maar wat U van my gemaak het.

U vra geen prestasie nie.

U veroordeel my nie oor my mislukking nie.

Ek behoort aan U.

 

Ek was gevange en is vry.

Ek is in U Naam gedoop.

Ek is en bly U kind.

vernuwe deur U Gees,

U skeppende Gees.

Ek vra nie meer

of ek verdien om te lewe nie,

want ek lewe deur U.

Ek dank U, Here,

nou en vir ewigheid.

 

Die ware toekoms

ontspring uit die dinamiek

van ons geloof, hoop

en gemeenskaplike liefde

Hierdie dinamiese toekoms

moet ons blote denkbeelde

van die toekoms

elke dag opnuut

verreweg oortref

 

(vertaal deur Leo vd Westuisen)

 

‘n Baie geseende Paasfees word vir elkeen toegebid!  Onthou die opstanding het ons nuut en vry gemaak!!!!

Quintus