{ARGIEF}

admin

Hoe ryk of arm is ons land regtig?

Iemand vra my onlangs watter soort mense Suid-Afrika teen 2020 gaan produseer. Is Julius Malema inderdaad die prototipe? Ek het dadelik aan die woorde van Ralph Waldo Emerson gedink wat jare gelede al gesê het dat `n land se ware rykdom nie aan sy oeste, minerale,...

read more

2010 Dagboek

Hier is 'n Excel-programmetjie waarmee predikante in 2010 weekliks boek kan hou van hulle werk. Die weeklikse data word outomaties oorgedra na 'n maandelikse- en jaarverslag. Kennis van Excel is nie 'n vereiste nie. Die opsteller skryf: "Ek weet alle predikante is...

read more

1. RSG – Oordenkings Skrifl. Mark.10:46-52

Baie mense, indien nie almal, is bekommerd oor die morele verval, soos gesien in die vlaag van geweld, misdaad, korrupsie, disrepek en wetsoortredings. Hoe kan ons, hoor ek gedurig, die samelewing meer menslik en hoopvol maak? Hoe kan ons die toekoms so beinvloed dat...

read more

Verder Geluister: Jeremia 33:14-16

Eerste Adventsondag – 29 November 2009

Die Preekstudie van hierdie eerste Sondag van Advent is voorwaar deeglik gedoen. Dit help ons werklik om reg te laat geskied aan hierdie uitdagende en belangrike teks vir ons tyd. Die volgende het my opgeval toe ek die teks asook preekstudie gelees het terwyl ek nagedink het oor die wêreld waarin ons woon.

Ons wêreld smag voorwaar na mense wat met integriteit, reg kan laat geskied. Dikwels hoor ons dan ook die versugting by baie na ‘n leier wat kan kom om vir ons ‘n regverdige wêreld te bewerk. Of die versugting nou is na ‘n figuur uit die verlede – Generaal, generaal… sal jy kom om die boerevolk te kom lei – en of dit Vavi van Cosatu is wat president Zuma oproep om die ekonomie te omvorm sodat daar geregtigheid aan armes kan geskied – die behoefte aan leiers wat reg sal laat geskied en self reg sal doen, maal in baie mense se gedagtes.

Opvallend is die feit dat die Here sy beloftes nakom … op sy tyd. Die belofte in Jeremia 33:14-16 gryp terug op 2 Samuel 7:8-16 en Jeremia 23:5-6. Dit is ‘n belofte wat nie gister of eergister gemaak is nie, maar lank gelede. Hoeveel geduld moes Israel nie gehad het om te wag op die vervulling van hierdie belofte nie? Ons post-moderne samelewing met sy klem op onmiddellike verwesenliking van ideale, sou lankal die Een van die belofte afgeskryf het, sou ons só lank moes wag!

read more

MY KWAAI KIND SE UITBARSTINGS (VERVOLG)

Soms verdwyn twee- tot driejarige kleuters se humeuruitbarstings en ouers klop hulself dankbaar op die skouer omdat hulle daarin geslaag het om die problem te hanteer. Dan duik dit weer op vier- tot vyfjarige ouderdom in volle glorie op en ouers wonder :”Het ons metodes nie gewerk nie of wat het ons tog nou weer verkeerd gedoen?” Erger nog, hulle begin wonder of hulle ‘n “probleemkind” het.

Die nuwe uitbarstings, wat dikwels volg op ‘n tydperk van redelike emosionele stabiliteit, kondig egter aan dat die kind ‘n nuwe groeifase bereik het, en is nie  die ou probleem wat weer opgevlam het nie. As die kind nou skielik ‘n uitbarsting het omdat hy nog wil speel of televisie kyk as dit badtyd is, of as sy weier om speelgoed op te tel omdat sy reeds besig is met iets anders, laat dit die ouers gefrustreerd en moedeloos voel.  Hulle redeneer dat Jannie of Sannie darem al teen die tyd die reëls behoort te ken en gehoorsaam. Die waarheid is egter dat die weerstand en oënskynlike luiheid spruit uit ‘n magdom nuwe belangstellings en pas verworwe vaardighede. Hulle is so besig met al die nuwe dinge in hulle lewens dat daar, sover dit hulle aangaan, doodeenvoudig nie genoeg tyd is vir onbenullighede soos bad en speelgoed optel nie. Die nuwe aktiwiteite maak  hulle ook moeg en daar is nie genoeg energie vir vervelige, minder aangename take nie. Kinders op hierdie stadium het, volgens hulle siening, eintlik al hulle energie nodig om ‘n magdom van nuwe, interessante sake  te ondersoek.  Dit sal help as ouers gedurende hierdie tyd baie kwaliteittyd saam met hulle  kind deurbring en saam met hom of haar nuwe belangstellings navolg (lees weer die insetsel oor kwaliteittyd).

read more

Waardes: Meditasie 6 – De la Rey

Ons dink die week saam oor waardes en een van die kernwaardes,  eintlik ‘n waarde wat onderliggend is aan al die ander waardes is morele moed.  Die moed om te leef volgens jou waardes vorm die grondslag vir al die ander waardes.  CS Lewis het gesê Courage is not...

read more

Waardes: Meditasie 5

Gordon Mc Donald skryf in een van sy boeke oor die dwase man wat ‘n seiljag gebou het. Hy wou die grootste, mooiste seilboot bou wat nog ooit uit daardie hawe gevaar het, want hy wou baie graag die volgende voorsitter van die seiljagvereniging word. Die  man het baie...

read more

Waardes: Meditasie 4

Ons is die week besig om saam te dink oor waardes. Die woord waarde kom van die Latynse word valere en die Frans valoir wat beteken dit wat werklik waardevol is. Ons maak ons keuses aan die hand van waardes en dit beinvloed daarom ons optrede direk. Byna alles om ons,...

read more