Mar
02
2010
0

Ek sal alles in die gemeente doen, maar asseblief, kom vat my hand …

Ek verwys na die brief “Geestelike leier moet weet oor gays en moenie vir my vrae bang wees nie” in By van 20 Februarie 2010.

Lidmaat van Vlaklaagte-Suid het in ‘n goeie brief gesê wat hy/sy van ‘n geestelike leier verwag. Dit is goed so, want dit help my baie. Ek het met die lees hiervan besef dat ek, en waarskynlik ander predikante ook, ons lidmate dikwels in die steek laat. Ek is jammer daaroor en sal alles moontlik doen om dit reg te stel.

Ek sal dit nastreef, en te midde hiervan steeds voortgaan om die gemeente te dien in die groot verskeidenheid ander rolle wat wissel:

-           van geestelike leier tot vrederegter,

-           van maatskaplike werker tot bouprojekleier,

-           van sieketrooster tot finansiële bestuurder,

-           van fondsinsamelaar tot voorbidder,

-           van huweliksberader tot sielkundige.

Ek sal aanhou probeer om in een asem iets te sê:

-                      wat die kindertjies opgewonde maak;

-                      wat vir die tieners “cool” klink;

-                      wat vir die grootmense moed gee

-                      en wat vir die bejaardes vertroos.

En ek sal hard werk om al die skape in een kraal te hou, naamlik:

-                      die oues en die jonges;

-                      die rykes en die armes;

-                      die afvalliges en die gehoorsames;

-                      die eensames en die sosiale randfigure.

Ek sal steeds poog om die een oomblik in opregtheid te vertroos en saam te huil en dan minute later vriendelik te groet en lekker saam te lag. Is dit wat Martin Luther bedoel het toe hy gesê het predikante is God se narre?

Verder onderneem ek ook om die Woord van die Here vreesloos te verkondig soos wat ek Hom hoor en verstaan. Dis nooit maklik nie, want immers, is die Here besig om ‘n steeds feilbare geestelike leier te vorm en sukkel ek ook maar om die boodskap van troos, bevryding, vergifnis en versoening behoorlik te internaliseer. Weens my eie gebreke faal ek dikwels om hierdie wonderlike boodskap sinvol na vandag se konteks te transponeer.

Aan die ander kant trap die Here se Woord ook soms op tone. Dit vlek oop en ontbloot en dring aan op verandering. En dis nie altyd maklik om hierdie twee pole konsekwent vas te hou nie. Daar’s ‘n verhaaltjie in omloop van  die kerkraad wat vir die nuwe dominee gesê het om tog nooit te preek oor: barmhartigheid, rassisme, sending, drankmisbruik en egbreuk nie, maar wel oor die Jode …….. want hier by ons is nie Jode nie.

Tog sal ek as geestelike leier wil aanhou om te sê wat ek by God hoor. Al maak dit ongewild. Al word ek dikwels verstoot of verjaag, beskinder of gekritiseer, bespot of uitgelag. Of nie altyd ernstig opgeneem nie.

John Goldingay beskryf dit so:  ‘n Profeet van God voel dikwels soos iemand wat van voor geskiet word deur die vyand en van agter deur sy eie regiment.

Dus, sal ek ter wille van jou en baie ander, die moeilike pad vol dorings en skerpioene loop. Want inderdaad: om hiermee aan te gaan is moeilik, maar om nié aan te gaan nie, is onmoontlik!

Dankie vir jou brief. Dit motiveer my. Ek vra jou opreg: bid vir my en kom vat my hand. Want as jy en God my nie hiermee help nie, is ek gedoem om te misluk.

Charl Stander – Parke Gemeente in Kraaifontein

Bookmark and Share
Written by admin in: Uncategorized |
Nov
24
2009
0

2010 Dagboek

Hier is ‘n Excel-programmetjie waarmee predikante in 2010 weekliks boek kan hou van hulle werk. Die weeklikse data word outomaties oorgedra na ‘n maandelikse- en jaarverslag. Kennis van Excel is nie ‘n vereiste nie.
Die opsteller skryf:
Ek weet alle predikante is nie SJ’s (MBTI) nie, maar ek vind dat die Aktiwiteitsverslag my help om verantwoording te kan doen van my werk in gesprekke met die kerkraad, maar belangriker – dit is ‘n manier om erkenning te gee aan wat ek gedoen het.”
Natuurlik hou dit nie self boek nie – jy moet self die moeite doen om dit gereeld op datum te hou!

Martin Goosen
Bookmark and Share
Written by admin in: Uncategorized |
Aug
31
2009
0

predikante kollegas

Predikante
Waar dit tussen kollegas goed gaan, gaan dit goed in die gemeentes. Predikante wat mekaar ruimte gee, voel self veilig. Daar is energie in hul bediening en hulle luister saam na die wil van die Here vir die bedienig en die gemeente.
So vertel ‘n “ouer” dominee dat die beste ding wat met hom gebeur het (en vir die gemeente), die aankoms van ‘n nuwe jong kollega was. Ek kon die positiewe vibrasie aanvoel in die manier hoe hy dit gese het.
Dit het my weer laat dink dat verandering soms baie goed kan wees. Nie almal kry ‘n nuwe kollega by nie en nie almal kry ‘n beroep nie, maar op ‘n manier moet ons waaksaam wees teen ‘n te groot gemaksone. Die ou storie dat die verskil tussen ‘n groef en ‘n graf net die diepte is, is tog waar.
Johan van der Merwe van Stellenbosch Moederkerk het in sy preek ‘n aanhaling van Robert Kennedy gebruik wat ek dink van toepassing is vir die punt wat ek wil maak en ek haal dit aan:

The answer is to rely on youth – not a time of life but a state of mind, a temper of the will, a quality of imagination, a predominance of courage over timidity, of appetite for adventure over the love of ease.

Miskien gaan dit ook beter met ons kollegaskappe as ons meer avontuurlik met mekaar, die teologie en die lewe omgaan.

Bookmark and Share
Written by Pierre in: Uncategorized |
Aug
12
2009
0

Why Are You in Ministry? – John McLaverty

The most serious mistakes are not being made as a result of wrong answers. The truly dangerous thing is asking the wrong question
- Peter Drucker

After a couple of years of ‘coaching’ pastors in partnership with both Allelon and RMN, I have come to the firm conclusion that those of us in ministry find it difficult to be evaluated. In a world where the pace of change is breath taking (see the video here and hold your breath – no one told us we’d have to confront such an unthinkable world), to take a hard look at the foundations of our leadership style is indeed challenging. Whether we are a Denominational Exec, a Mid Judicatory Staff member or a Pastor in a local church, standing in the midst of evaluation and critique is not an easy journey.

There are lots of reasons for this. Most of us in ministry live in a fish bowl atmosphere where often every word or action seems to be under scrutiny. Either people love us too much and think we are the ‘best thing since sliced bread’ and, therefore, choose not to give us honest feedback, or they tend to be critical or judgmental, leaving us both in a no-win situation.

No one can doubt that the demands on leaders have changed dramatically over the last two decades. The skills required to lead congregations in this period of discontinuous change are not the same skills we were taught in seminary nor are they the skills that will help us impact our neighborhoods with the kingdom values of the gospel.

I think a core piece of l helpful evaluation of ourselves in ministry is to understand some of the ‘hidden’ reasons why we chose the ministry. Read More…

Bookmark and Share
Written by admin in: Uncategorized |
Jul
22
2009
0

NIMSA NUUSBRIEF – Julie 2009

Liewe vriende,

Dit is tans ‘n brose tyd vir die Brugbediening in ons land en veral vir NIMSA. Ons het pas begin en daar is nog soveel dinge wat uitgeklaar en deurdink moet  word. Maar, soos Errol tereg sê, Rome is nie in een dag gebou nie. Ons sal geduld met mekaar moet hê en ‘n deursettingsvermoё moet openbaar. Die baba is gebore en ons sal die baba, NIMSA, moet vertroetel en versorg. Dit gaan nog veel toewyding, geloof en wilskrag vra om ‘n breёr aanvaarding en waardering vir hierdie belangrike oorbruggings-bediening in ons geliefde land te kan bereik. Baie bouwerk en groei is op sinodale en gemeentelike vlak, asook in die harte en denke van ons kerkleiers nodig. Nie net vir die aanvaarding van die interimbediening nie maar ook vir die “transitional specialists” om waarde te begin toevoeg tov die geestelike welsyn van ons gemeentes.

Heelwat van ons energie en ontwikkelingoogmerke sal gerig moet wees op die vasstelling van akademiese standaarde en die meetinstrumente om die kwaliteit van opleiding en sinvolle akkreditasie te bepaal. Om as “brugpredikant” bestempel te word, moet as ‘n gesogte en betekenisvolle dienswerk gesien word. Met die oog hierop het NIMSA se beheerraad tentatiewe gesprekke tussen die Pretoria en Stellenbosch aangeroer om mekaar hieroor beter te vind. Wie en wat ‘n brugpredikant is, is dus tans as’t ware in die weegskaal. Ons vertrou dat die betrokke komitee van NIMSA oor akkreditasie groter duidelikheid sal kan bereik.

  • Ons tesourier, Dolf de Beer, was onlangs met vakansie in Nieu-Seeland, waar hulle aan die ander punt van die aarde saam met hulle kinders kwaliteit tyd kon hê. Welkom terug!
  • Ons voorsitter, Errol, moet eersdaags sy evaluering by die Interim Ministry deurloop. Die eerste internet-gesprek kon nie deurgaan nie omdat een eksaminator in die VSA nie opgespoor kon word nie.  Sterkte aan jou, Errol! – ons hou duim vas. Geluk ook aan Errol met sy aanstelling as “canon” in die ACSA. Wat beteken dit?
  • Howard het sy boek oor die eenwording (”merging”) van gemeentes  vir publikasie ingehandig – maar die titel bly nog geheim!
  • Bossie Muller en Bruce Theron is besig om die Kaap al meer rooi te verf  ter wille van die brugbediening. Die Kaap het onlangs twee opleidings-geleenthede aangebied!

Onlangs was Errol en Howard in Pretoria om die eerste groep van Engelssprekende predikante te help oplei om “interim ministers specialists” te word.  Hierdie oulike groep van meesal Anglikane en sommige uit die swart gemeenskap,  het albei kontakweke reeds voltooi. Ons hoop dat daar uit die verskillende denominasies en areas van ons land geskikte predikante geїdentifiseer en gestuur kan word om die opleiding as brugpredikante te kom deurloop. Ons maak op julle samewerking staat om predikante te motiveer en te werf.

Die Kaap en Pretoria het reeds met hulle opleidingsessies vanjaar begin. Die Afrikaanse opleiding in Pretoria se tweede week lê nog voor op 17-21 Augustus 2009. Dit is in orde indien mense in Pretoria eers met die tweede week se opleiding wil begin. Daar word dan wel sekere leeswerk vooraf vereis. Kursusgangers kan ook in die toekoms die Engelstalige opleiding as alternatief volg  (en andersom) aangesien ongeveer dieselfde kurrikulum in Pretoria met die opleiding in Engels en Afrikaans gevolg word. So kan die mees gepaste tye vir opleiding gekies word. Verder het die Kaap begin om die aanbieding ook by ander sentra aan te bied. Dit is ook moontlik wat Pretoria betref om hieroor te onderhandel. Al hierdie aanpassings word gedoen ten einde die opleiding van brugpredikante makliker haalbaar te maak.

Twee belangike gebeurtenisse is op die tafel vir die res van die jaar, nl die Jaarvergadering en Konferensie van NIMSA op 1 en 2 September 2009 in Kemptonpark, Kempton-Kruingemeente  NGK (sien bylaag vir meer besonderhede), asook die Lentekonferensie in Pretoria op 6-8 Oktober 2009 waar die Brugbediening een van die konferensietemas is.  Graag sou ons huisvesting wou aanbied vir mense wat van ver kom om die verrigtinge op 1 en 2 September by te woon ten einde dit goedkoper te maak. Is daar mense in die omgewing van Kemptonpark wat mense kan huisves? Dit sou goed wees indien ons mekaar sodoende ‘n ietwat beter kan leer ken. Ek, Howard, sal graag een persoon by ons in die woonstel in Johannesburg vir 1-2 September wil huisves.

‘n Belangrike aspek in die bevordering van NIMSA en die Brugbediening is om God toe te laat om deur sy Gees ‘n passie in ons lewens te ontwikkel om te help ten einde die oorgangsituasies vir gemeentes sinvol en verrykend te laat verloop. As ons kan bydra om die vrees en bekommernis van gemeentes wat veranderings beleef te relativeer en  met hoop en geloof te vervang, dan sal Jesus Christus as die Hoof van die sy Kerk erken kan word. Mag die Here Jesus Christus ons voortdurend lei en bemagtig tot sy eer en verheerliking.

Julle vriende in christus,

Errol Dengler (voorsitter)

Howard du Toit (sekretaris)

Naskrif :

Onthou asb die ledegeld van R150-00 vir individue en R500-00 per jaar vir organisasies en gemeentes. Die nuwe baba moet die nodige versorging ontvang!   Dit kan oorbetaal word aan ABSA-spaarrekening onder die naam Nimsa-brugbediening, met as rekeningnommer 9216 421 615. Faks die inbetalingsbewys asb aan Howard na 086 567 2384 of e-pos na howard@nimsa.co.za

Bylaag : Voorlopige Program van die Jaarvergadering en Konferensie van NIMSA, op 1 en 2 September 2009, te Kemptonpark.

  • Jaarvergadering : Dinsdag, 1 September 2009

9:30      Registrasie en Koffie/tee

10:00    Opening en verwelkoming

10:30    Allerlei Verslae

13:00    Ligte ete

  • Konferensie : Dinsdag vanaf 14:00

14 :00 – Opening

14:30  – Prof Malan Nel oor “Foundational Aspects of IM”.

15:00 –  Canon Errol B Dengler : “Cultural Aspects and Interim Ministry”.

15:30  – Verversings

16-00  – Bespreking

18:00  – Dinee

19:00 – Komitee’s vergader na aandete  in plaaslike lokale

Woensdag, 2 September 2009

9:00    Opening

9:15    Interimbediening in die Praktyk :spreker uit die Kaap

10:00  Verslae van komitee’s, ens.

11:00  Tee/koffie

11:15  Paneelbespreking

12:00  Afsluiting

Bookmark and Share
Written by admin in: Uncategorized |
Jul
16
2009
0

Vreugde meer as geluk

Thomas W Currie III in sy boek The Joy of Ministry maak die onderskeid tussen se en happiness.  Dit het my aan die dink gesit oor predikant wees en die bediening.

 

Wat is dit wat ons soek in die bediening.  Hoe beoordeel ek my roeping as predikant.  Soek ek vreugde of wil ek gelukkig wees.  Wanneer ons se dat ons gelukkig is in die bediening, bedoel ons dat ons tevrede is (so-so), of bedoel ons dat ons met vreugde-gevul tevrede is?

 

Dit lyk op ‘n manier verkeerd om die twee begrippe teen mekaar te stel.  Mens sou kon se dat as ek nie tevrede is nie, sal ek ook nie vreugde ervaar nie.  Of, as ek vreugde ervaar beteken dit outomaties dat ek ook gelukkig is.

 

Maar dit is juis Currie se punt.  Vreugde is nie afhanklik van iets wat ek najaag nie.  Gelukkig te wees,  wel.   Beide vreugde en geluk (-ig)  is  ‘n emosie, ‘n resultaat van iets wat gebeur het.  Wat geluk(-ig)  aan betref het ek dit laat gebeur, en wat vreugde aan betref het dit met my gebeur.   Juis dit maak ‘n baie groot verskil in my lewe en in die bediening.

 

Ek voel na alle waarskynlikheid baie gelukkig omdat Sondag se preek klaar is.  Maar wanneer ervaar ek vreugde?  Wanneer ek agterkom dat die Drie-enige God deur die preek met my gepraat het!

Neem ek dus geluk as die oriëntasiepunt vir my gediening, beteken dit (aan die hand van die preek voorbeeld) dat ek die preek nog vroeër moet klaarmaak – en miskien nog meer druk op myself plaas.  Meer, beter, gouer word dan die dryfveer.  Gou word die bediening gesien as iets wat ek self bereik en bestuur en verloor die bediening sy ‘spelerigheid’ en ‘misterie’ as die gawes van God.  Die gevaar is juis dat dit dan so ernstig raak dat dit my (predikant) kort voor lank platdruk.  Uitgebrand in plaas daarvan dat ek gloeiend bly vir die evangelie.

 

Vreugde is anders.  Vreugde is nie voorspelbaar nie, nie te beplan nie, nie na te jag nie.  Dit kom oor ‘n mens.  Dit gebeur – eensklaps.  Onvoorsiens en ongevraagd, maar so vullend en verrassend!   Ek kan my nie ‘n beter beeld voorstel van vreugde as die gesig van ‘n kind wat ‘n geskenk ontvang nie.  Dit is emosie, belewing, verwondering  uitdrukking, selfuitstorting in die opwinding van die ‘gryp’ van die geskenk.  ‘n Waagstuk om sonder voorbehoud of pretensie gretig te ontvang wat hy/sy self nie eens mooi weet wat dit is.

 

‘n Bediening wat deur vreugde gedryf word, is net so anders. 

Nie in die eerste plek ingestel op wat ek doen of vermag nie (so belangrik soos die rol wat ek speel ook al is) , maar op wat God aan die doen is.  Nie in die eerste plek my praat en preek nie (so groot soos my verantwoordelikheid ook al is) maar om God se stem hoor.  Nie my voorbeeld en leierskap nie (soos bemoedigend dit ook al is), maar om te sien hoe en waar God aan die werk is.

 

Is dit reg om geluk(-ig) en vreugde so teenoor mekaar te stel?  Miskien… ek weet nie.  Wat ek wel weet is dat geluk die manier het om soms so onder ‘n mens se hand uit te glip.  Terwyl ek verseker weet ek hoef Vreugde nie na te jaag nie, Hy het my gevind!

Bookmark and Share
Written by Pierre in: Uncategorized |
Jan
29
2009
0

TRANSFORMATION FOR LEADERS

I was reading Timothy Geoffrion’s new book, The Spirit-Led Leader, where at the end he talks about hearing a lecture on shame that changed his life. The teacher talked about shame being different from guilt. Guilt is the result of wrongdoing about what we have done. Shame is feeling bad, terrible, about who we are.  Tim said that he was aware of his over-functioning as a leader, desperately wanting affirmation with education and working hard. He also realized that shame was also the driving power beneath addictions. I have recognized that much of my work has been an addiction. I have recognized shame in my life.

His revelation struck me because in the last meeting of my men’s group, we were studying shame because of the suicide of a relative of one of our members. This young man couldn’t face the chaos in his personal life, couldn’t admit to his loneliness with anyone. He was popular and successful, but addicted. We, the men in our group, have struggled with our shame together for twenty years. We have varied ministries, but continue to meet together for support.

The answer to shame, says Ernie Kurtz in his book, Shame and Guilt, is mutual caring. Caring makes us whole from within. It is turning ourselves over to the care of God. It is mutuality which is always the hallmark of love. The bridge between people is vulnerability. In Alcoholics Anonymous people confront their powerlessness, and admit to God, self, and another person the exact nature of their wrongs. But above all, they are in a weekly group where there is mutual vulnerability and support.  Each fulfills the other. There is mutual dependency, always a hallmark of love.

Where do we learn this as leaders, congregations, and people who practice justice and mercy?

We have learned in seminary that the intellect is the most important of the human ways of perception. Not faith, prayer, or healing. I have continually been with seminary students who lost a vital relationship with God because of their seminary training which stressed them out with demands for studies and fieldwork. And where there was a course or two on spirituality, this was usually a course for the spiritually mature, which most people are unable to do or appreciate.

We repeat this with leaders in church, who are usually successful and stressed out, who run the church like a poorly designed business and may have a brief prayer at the beginning and end of the meeting. In worship we preach sermons addressed to the intellect, and lead only prayers which are nice talks to God. Not much passion, not much listening to God which is fostered.

Recently a columnist in the New York Times, said that this appeal to rationality has misguided economists and regulators about the stock market. The idea is that rational people would self-correct. But it hasn’t worked. Reason does not control us. All sorts of emotions like greed and fear do. We need structures to protect us.

There are many ways to help produce passion, compassion, love, transformation.

But ways I know about are:

1. Groups in which there is mutuality of discovering spirituality and the lack of it. Instead of just feeling guilty, people can learn to be open about their longing and about their pilgrimage. Staying in Touch is one introduction to this.

I facilitate groups for pastors that combine some individual spiritual formation with  attention to ministry. This is not an academic adventure of studying a book or looking at the writing of sermons: it is sharing with mutual vulnerability where and how we are caught by shame of being alone and vulnerable, and  seeing how our ministry might become transformed. This is not just a case study approach or a spiritual direction group, but a group characterized by openness to each other, to the Spirit, and to questions. There are three focal points: the Spirit within, among, and in ministry and justice.

2. I see pastors individually for what I used to call “spiritual direction.” The heart of this is discernment about where God is calling, moving, nudging the directee. But instead of the therapeutic model of a therapist who does not become involved personally, I am becoming more and more a friend to my directee, more sharing of my struggles. I am more like a sponsor in AA, more like a mentor or coach. I believe that this is mutual vulnerability. It seems to produce results.

3. I continue to teach and practice a daily exercise that helps us learn to recognize God’s activity and receive God’s grace. I have taken this practice from the Jesuits and alcoholics, but added one critical element: receiving onto only forgiveness and direction, but allowing grace and love in. This was the result of being in South Africa. There, the Africaans church were practicing a season of listening, and talked about “Rest, Receive, and Respond.” Rest is taking Sabbath time. Receive is being open to God’s gifts of love. Respond is just that: doing and being.

I have tried to incorporate their emphasis by encouraging thanksgiving for blessings received. But more than that, it is to recognize God in everything  Not just spiritual highs and feelings of love. Not just belonging and communion, but because of these, through all of life.

John Ackerman

Bookmark and Share
Written by admin in: Uncategorized |
Oct
28
2008
0

Verrassing

Die Evangelie, die Blye Boodskap, gaan mos onder andere oor Jesus Christus se lewe en werk hier op aarde.  Een van die aspekte wat duidelik na vore kom uit Jesus se lewe, is die van verrassing. 

Sy ouers was verras om Hom tussen die grysbaarde te sien staan en praat. Die skrifgeleerdes was verras oor Sy leer.  Die groep wat Sy naby ondersteuners was, is nie vernaam of hoog geleerd nie, maar alledaagse mense met alledaagse werke.  Hy vereenselwig Hom met die randfigure tot verrassing van baie.  Die inhoud en vorm van Sy preke kom telkens uit ‘n hoek wat niemand dit verwag nie.  Nog groter is die verrassing toe Hy Hom nie laat kroon nie, maar laat kruisig.  En nog groter as groot toe die dood Hom nie oorwin nie, maar Hy uit die dood opstaan! 

Verrassings maak baie emosies in ons wakker.  Ek wil maar twee noem.  Die een is blydskap en die ander is verwondering.

Mens is altyd bly oor ‘n verrassing.  Dit vul jou met vreugde.  Dit maak jou opgewonde en gee jou energie.  Dit maak jou sommer meer lewe- en mensliewend.  Jy voel sommer lus om ander te vertel en te laat deel in jou geluk.

Ons praat soms van ‘n slegte verrassing, maar dan bedoel ons eintlik ‘n ontnugtering of ‘n skok.  Sleg en verrassing gaan eintlik nie saam nie.  Opwinding, nuutheid, geleentheid, aangenaam is woorde wat veel beter pas by die bergrip verrassing.

Verwondering en verrassing gaan ook saam.  Daardie ongewone. onverwagte, oenskynlik onverklaarbare dinge in en van die lewe. Die een oomblik is die dit nog net ‘n kaal knoetserige wingerdstok.  Die volgende oomblik begin die groen blaartjies hul vrolike lentespel.  En kom die somerhitte, dan druk die bome wonderlike vrugte uit hul takke en stingels deur hul blare na buite vir ons om te geniet.  Om geboorte te aanskou maak ons stom-jubelend van verwondering. veral nog as ons ‘n aandeel daarin het.  Maar, om weer-geboorte te beleef, maak ons klein van verwondering.  So klein soos ‘n naald se oog. 

Klein genoeg om diensbaar te wees sodat die blye boodskap suiwer gepraat en gewys kan word.

Dit, is die groot verrassing. Dat Jesus Christus vir jou en my geroep het, om in ‘n spesiefieke tyd en plek ‘n betroubare getuie te wees van Sy lewe en werk op aarde.  Niks minder nie en niks meer nie.  Sekerlik nie altyd so maklik nie.  Beslis nie eenvoudig nie.  Maar, solank ons ons roeping geanker hou in die lewe en werk van Jesus Christus, en solank ons ons roeping kan vertaal vir die spesifieke behoeftes en konteks waarin ons ons bevind, sal ons verras wees oor die vreugde en verwondering wat ons daagliks sal beleef.

Bookmark and Share
Written by Pierre in: Uncategorized |
Sep
18
2008
0

Op jou, Dominee!

Ek was onlangs by die Ringsitting van ‘n klompie plattelandse gemeentes. ‘n Paar dinge het my getref. Die eerste was die openheid en diep geestelik vlak van die sprekings om die tafel. Dit was duidelik dat die dominees en ouderlinge veilig bymekaar gevoel het. Die tweede wat my opgeval het was dat almal in afhanklikheid probeer luister het na wat ons Here van hulle vra in hul spesifieke kontekste. Die derde ding wat my verbly het was hul bereidheid om na mekaar te luister. Die vierde ding het niks met die mense om die tafel te make maar met die mense agter die tafel. Soveel van versorging en gasvryheid, van die kant van die gemeente waar die sitting plaasgevind het, teenoor die afgevaardigdes (en gas) het ek lanklaas beleef.
Die vyfde ding is eintlik die ding waarop ek ‘n woord of twee meer wil se. Dit het te make met ‘n opmerking wat die een dominee gemaak het ten opsigte van Angus Bucken se bediening in vergelyking met die bediening van die gemeente dominee.
Laat ek myself net eers hier onderbreek om dit baie duidelik te stel dat die dominee, of enige iemand anders om die tafel, geensins negatief oor Angus Bucken was nie. Trouens daar was groot dankbaarheid en erkenning vir sy bediening en verwondering vir hoe ons Here mense gebruik in Sy Koninkryk.
Die punt wat die dominee gemaak het, was dat dit een ding is om per geleentheid duisende mense voor jou te sien aan wie jy ‘n boodskap bring en om Sondag vir Sondag aan ‘n relatief klein groepie mense wat min of meer dieselfde mense ook is, te bring.
Ek het daar gesit en toe hy dit se besef dat dit werklik nie altyd so maklik en eenvoudig is om ‘n gemeente dominee te wees nie. Om elke keer as die klok lui (by wyse van spreke) na vore te moet kom en die boodskap van God se liefde en genade vars en duidelik en eerlik te moet bring, kan nie altyd so maklik wees nie. Om dan ook nog die boodskap elke ander dag waar te leef te midde van al die “daaglikse katastrofes” maak die taak van die dominee kompleks.
Daarom dominee, aan jou en al die ander dominees, wil ek ‘n glasie lig! Meer nog, wil ek saam met Paulus vir julle bid dat “julle liefde sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom”.
Mag die genade van ons Here Jesus Christus en die liefde van ons God en die gemeenskap van die Heilge Gees altyd met julle wees.

Bookmark and Share
Written by Pierre in: Uncategorized |
Sep
02
2008
1

Kruisig die (my) Bediening

Die opskrif hierbo is my vertaling van die titel van ‘n boek: “The Crucifixtion of Ministry” geskryf deur die teoloog, Andrew Purves. Die aanleiding tot die boek is sy besef dat ons (predikante) se bediening soms twee ernstige nadelige gevolge kan hê. Die een is dat met ons beste bedoelinge ons pogings en planne en perspektiewe mense kan verhinder om Jesus Christus raak te sien. Ons is as’t ware in die pad van die evangelie. Meer spesifiek, in die pad van Jesus Christus. Die ander, wat ‘n direkte gevolg hiervan is, is dat ons kan “uitbrand”. Ons buig onder die druk daarvan om meer relevant te wees. Ons wil goeie dominees wees, wat ons soms ongelukkig vertaal as ‘besige’ dominees. Die oplossing sê Purves is om die bediening nie te sien as my bediening nie, maar as Jesus se voortgaande bediening waaraan ek deel het. Mense wil/moet eintlik Jesus sien en nie vir my nie. Ons werk is om heen te wys en getuie te wees daarvan dat dit Hy is wat nog steeds vergewe en nuutmaak en lewe gee.
Op die vraag ‘hoe’ kan ek daaraan dink dat ons onsself voortdurend moet afvra waar en hoe God betrokke is en daarby inval.
Maar, daar is sekerlik veel meer antwoorde en daarmee moet ons mekaar help.

Bookmark and Share
Written by Pierre in: Uncategorized |

Powered by WordPress | Aeros Theme | TheBuckmaker.com WordPress Themes