{ARGIEF}

Die afgelope jaar was vir my in ʼn sekere sin ʼn slegte jaar. My kleinneef Erich is wreed deur ʼn vliegramp van sy vrou, kinders, sy ouers en ander familie weggeneem. ʼn Vriend (saam met wie ek grootgeword het) se Pa is op sy plaas vermoor. Die ekonomie het ons almal gedruk soos wat ʼn nuwe paar skoene dit nie kan nadoen nie. So sal elkeen seker sy wanhopige verhaal kan vertel.

Tog is daar baie verhale van Hoop!

Ek lees ʼn berig op Media 24 van ’n Katolieke priester wat vermoor is. Sy mede- priester se reaksie was as volg:

“Somebody called out to me, ‘Father, you can come out, they’re gone’. I ran to Louis immediately and found him lying face-down on his bed.
“The whole bed was covered with blood and there was a hole in his back where the bullet had come out.”
Bourgeois, who’s been hijacked five times in Orange Farm, said “one gets used to this kind of evil”. He said he will never leave the country.
“I’ve learned to live with death,” said the Canadian, who’s been living in South Africa since 1980.
“What must happen, will happen. The Lord did only good, and he was murdered,” said Bourgeois.
– Beeld  2009-12-07

Ek het in hierdie artikel baie hoop gevind!

Ek het hoop gevind deur die verhaal van politieke oorgang in Suid Afrika – soos ek weer daaraan herinner is deur die fliek  : ”Invictus” Dit vertel die verhaal hoe onder andere Mandela se staatmanskap ʼn vloeiende oorgang in ons land meegebring het.

Ek vind hoop in die boodskap van Kersfees soos in Matt 1:23 verwoord word “ Immanuel- God by ons”. Dis juis ʼn boodskap van Hoop! God stuur sy Seun om in ʼn hooplose wêreld hoop te bring. God laat ons nie alleen in die deurmekaarwêreld nie. Hy is by ons. Hy belowe nêrens dat ons gespaar gaan bly van al die hartseer nie. Maar Hy belowe dat Hy sy Seun Jesus stuur – dat ons nie alleen is nie!

Miskien is die soeke na hoop daarin om self hoop in jou lewe te herontdek! Hoe meer ʼn mens kla en kerm- hoe minder word jou hoop en lewenskwaliteit. MAAR As jy begin om in hoop te leef – hoop te gee – hoop te vertel aan ander Dan kry jyself ook hoop!

Wel net die wete dat Jesus se genade my nie veroordeel nie, maar omvou met die sy genadige teken van die kruis! Dit gee my Hoop!!
Christus het juis gekom om ons hoop te gee! Hoop laat jou aanhou en aanhou Dit gee jou ʼn nuwe horison, nuwe visie- Nuwe Lewe !!

Mag jy ook ʼn hoopvolle Kersfees hê!!