{ARGIEF}

‘n Mooi gebed vir besige mense
Here, ons het ‘n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.
Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.
Om aanvaarbaar te wees, voel ons ons móét te alle tye:
Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike doelwitte.
Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familiemense
En betrokke gemeenskapwerkers wees.
Sjoe, dis ‘n oorvol mondvol!
Vandag wil ek sommer net by U kom rus
En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak
En die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is…
Maak asseblief huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe
En leer my om sommer net U kind te wees.
In Jesus naam vra ek dit.
Amen

Gebed oorspronklik geplaas by Drakenstein Gemeente se webblad. Gaan kyk gerus na Drakenstein se mooi nuwe webblad Drakenstein is deel van die groeiende Communitas Webgemeenskap