{ARGIEF}

Kursusse vir kleingroepe en Gemeentes

*    Fokus op meer as 200 vrae oor Gebed:             Attie Barnard

Seker een van die omvattentse moderne gebedsboeke in Afrikaans Kleingroepe/         Gebedsgroepe/indiwidue   kan hierdie 246 kort hoofstukke sistematies deurwerk en         bespreek. Daar is min boeke in Afrikaans wat teologies so suiwer  en eenvoudig         onderwerpe rakende gebed behandel.Dit is ook ideaal vir ’n gebedskursus in ’n         gemeente /kleingroepe (Lux Verbi)
•    Renovation of the heart     Dallas Willard
Hier is ’n 6 weke (dalk 40dae) kursus om die karaktertrekke van Christus in jou lewe     in te neem.Dit het ‘n DVD by, groepboek by en ’n basiese boek. Goeie kursus     om     in gemeente aan te bied.(Communitas kan dit bestel)
•    Emosionally Healthy Church        Peter Scazzero
Dit is ook ’n basiese boek met ’n groepbesprekingsboek vir 8 weke lank. Dit kan ’n     gemeente baie help om emosioneel en spiritueel volwasse te word. (Communitas kan dit     bestel)
•    Spiritual disciplines(Handbook)    Adele Calhoun
Dit is ‘n uitstekende boek wat 62 geloofsdissiplines kortliks verduidelik en dit     prakties maak. ‘n  Baie goeie boek om as kursus vir kleingroepe of self in     besprekingsvorm weekliks aan te bied. Kyk na prentjies van Nico Simpson  op ons     webwerf.
•    Lord teach me to pray in 28 days   Kay Athur.
Hierdie is ook ‘n oulike gebedskursus(28 dae)wat in gemeente /kleingroepe gebruik     kan word. . Dit verskyn ook met groep dvd Kan van website bestel word     www.lifeway.com
•    Beleef God   H Blackaby &King
Hierdie is ‘n uitstekende 12 weke kursus oor spiritualiteit -om God se wil vir jou     lewe te verstaan-  wat jy in die gemeente kan aanbied. Ek het dit al gedoen sonder         die videos , want ek kry die videos nie in die hande (as jy dit het help ons asb)
•    Bybelmedia basiese Gebedskurus
Hierdie basiese kursus- wat omtrent 6 lesings het, is deur Attie van Wijk opgestel     en kan afgelaai word by   www.bmedia.co.za/dienste  (kliek dan op aflaaibare     produkte ). Dit is bruikbaar en sinvol om aan te bied in gemeente.
•    Kyk gerus na die kursusse wat Jerigo Mure in gemeentes aanbied.
Bennie Mostert het ook verskeie boeke geskryf wat inligting oor gebed gee.

•    Kyk na die kursusse wat Sentrum vir Spirirtualiteit in gemeentes aanbied

•    Die luisterseisoen reeks is ‘n goeie manier om mense in luister te skool