{ARGIEF}

“Ons is diegene vir wie ons gewag het. Ons is die verskil wat ons soek, ” sê Barack Obama.

Inspirasie versus substansie. Só begin ‘n artikel in die TIME tydskrif oor die stryd tussen Barack Obama en Hillary Clinton om die Demokratiese Party se leierskap (Joe Klein. 18 Februarie 2008:14. TIME.)

Obama se vermoë om te inspireer is besig om legendariese status te bereik. Geen wonder hy het Hillary Clinton verslaan in die partyverkiesing nie. En nou is hy die amptelike president!

Wat duidelik is in die Amerikaanse verkiesingstryd, is die honger na leiers wat inspireer. Mense soek na leierskap wat weer die verbeelding multi-sensories aangryp, die emosies passievol beweeg, die entoesiasme vurig aansteek. Substansie soos kundigheid en strategie is nodig, maar daar is ‘n dieper soeke.

Mense soek inspirerende leierskap.

Die wêreldwye viering van Madiba (ons vorige president Nelson Mandela) se 90ste verjaarsdag is sprekend hiervan. Aangrypend het hy gedurende sy hofsaak in 1964 gesê:

“I have fought against white domination and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if needs be, it is an ideal for which I am prepared to die.”

En hy het hierdie inspirasie gelééf.

Wie sal die inspirasie vergeet wat steeds straal uit die verbeeldingryke “I have a dream” toespraak van dr Martin Luther King Jnr?

I have a dream that one day on the red hills of Georgia the sons of former slaves and the sons of former slave owners will be able to sit down together at the table of brotherhood. I have a dream that one day even the state of Mississippi, a state sweltering with the heat of injustice, sweltering with the heat of oppression, will be transformed into an oasis of freedom and justice.

Of die inspirasie van die gevleuelde woorde van Winston Churchill in 1940:

We … shall defend our Island, whatever the cost may be, we shall fight on the beaches, we shall fight on the landing grounds, we shall fight in the fields and in the streets, we shall fight in the hills; we shall never surrender …

Die debat rondom leierskap in Suid-Afrika en die hele debakel oor president Robert Mugabe gaan oor die vraag of dit nog inspirerende leierskap is.

Die goeroe van emosionele intelligensie, Daniel Goleman, gee hierdie leiding: “Great leaders move us. They ignite our passion and inspire the best in us. When we try to explain why they are so effective, we speak of strategy, vision, or powerful ideas. But the reality is much more primal: Great leadership works through the emotions” (Daniel Goleman. 2002:3. The New Leaders. London: Little, Brown).

Dink aan die emosie wat ons ervaar het toe president Nelson Mandela die nommer 8-trui aangetrek en die Springbokke die wêreldbeker gewen het. Onthou die oomblik verlede jaar toe die Springbokke weer gewen en vir president Thabo Mbeki hoog opgetel het. Die sterkpunt van president Mandela se termyn was inspirerende leierskap wat die emosies saamgesnoer het in ‘n gemeenskaplike droom vir ‘n nuwe Suid-Afrika. Ons het dit dringend wéér nodig, want die ekonomiese en elektriese nood, geweld en misdaad, armoede en HIV/VIGS, kinderontvoerings en -verkragtings, teleurstelling en frustrasie, ekonomiese ressessie is besig om emosionele wanhoop aan te wakker…

As jy die president was, waar sou jy begin?

Hierdie bydrae is van die nuwe blog LEIERSKAP van Jannie le Roux.  Besoek dit gerus en gesels saam!