{ARGIEF}

Op skool het ek te veel gekonsentreer hoe om gedigte te analiseer en verstaan met die oog op verpligte toetse en eksamens. Miskien sou dit help as iemand met meer passie die hart van die gedig vir my ontsluit het. (Dalk het hulle en was ek net nie gereed nie!) Die enigste gedigte wat my aangegryp het, was liefdesgedigte – afhangend in watter seisoen van verliefdheid ek was.

Nou lees ek gedigte anders. Die bril van my eie goeie en slegte tye, wonde en verwondering, help my om in ander se woorde my eie lewensin te ontdek. Ander se poësie gee my ‘n lens om te probeer verstaan wat leef in mense se harte.

Leiers moenie hulle poëtiese passie verloor nie. Poëtiese woorde is die seismograaf van die emosionele demografie. Dit sny diep in die menslike siel, en is die grype van die menslike gees na die Gees van ons Skepper. Woorde en Logos is die laserpunt wat die vlam van leierskap fokus.

Elizabeth Alexander was een jaar oud toe haar ouers haar geneem het na die Lincoln Memorial waar Martin Luther King jnr dié dag sy bekende “I have a dream” toespraak gehou het. Op 20 Januarie 2009 gaan sy haar poësie voorlees by die historiese inhuldiging van president Barack Obama.

“I am obviously profoundly honored and thrilled,” she said. “Not only to have a chance to have some small part of this extraordinary moment in American history. . . . This incoming president of ours has shown in every act that words matter, that words carry meaning, that words carry power, that words are the medium with which we communicate across difference and that words have tremendous possibilities, and those possibilities are not empty.”

http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2008/12/17/AR2008121702027.html?hpid=topnews

 

24 Mei 1994 met die opening van die eerste demokratiese parlement in Suid-Afrika, het president Nelson Mandela in sy toespraak ons bekende digter Ingrid Jonker se “Die Kind” voorgelees:

Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder ‘n pas
Maart 1960

http://dustymuffin.wordpress.com/2007/10/13/die-kind-ingrid-jonker/

 

“… in this glorious vision, she instructs that our endeavours must be about the liberation of the woman, the emancipation of the man and the liberty of the child”. Of Jonker herself, Mandela said that: “She was both a poet and a South African. She was both an Afrikaner and an African. She was both an artist and a human being. In the midst of despair, she celebrated hope. Confronted by death, she asserted the beauty of life.” http://communitas.co.za/wp-content/uploads/2009/01/part3.pdf

Ons lees vandag steeds een van die grootste leiers se poësie om ons te troos, te begelei, te inspireer.

Die psalms van Leier Dawid…

 

Sonder poëtiese passie is leierskap harteloos.