{ARGIEF}

‘n Toerustingsprogram vir gemeenteleier

Enkele Uitgangspunte oor geloofsonderskeiding:

• Om in die geloof te onderskei, beteken dat ons onsself oopstel sodat die Here ons deur Sy Woord en Gees kan lei.

 

 

• Geloofsonderskeiding is daarom in een woord om te leer om te luister, na die Stem van God soos dit na ons kom deur die Woord onder leiding van die Gees.

 

 

 

• Wanneer ons geloofsonderskeiding doen lees ons die Bybel nie om nuwe informasie te ontvang nie, maar om deur die Skrif gevorm te word.

 

 

• Om ons oop te stel vir die leiding van die Gees beteken dat ons onsself oopstel om deur die Gees in beweging gebring te word.

 

 

• Ons is ontvangers(draers) en nie besitters van die waarheid nie. Ons ontvang die waarheid soos wat ons deelneem aan God se koninkryksmissie op aarde.

 

 

Ef 4:4 herinner ons dat dit net een Gees is wat ons lei en dat daar net een Hoop is waartoe ons gelei word!  Ons kan dus verwag dat daar in ons Luisterende Geloofsonderskeiding helderheid sal kom oor hierdie een Hoop.
 

Geloofsonderskeiding in die praktyk:
Om ons agenda in lyn te bring met God se Agenda

Hierdie is ‘n prosesvoorstel vir leiersgroepe wat gereeld bymekaar kom om saam in die geloof te onderskei:

Ons doen hierdie oefening binne die ritme van die Seisoen van Luister se siklus:
Rus, Hoor en Leef

Rus    Gee tyd om stil te raak en in die teenwoordigheid van die Here te kom

 

Hoor
• Wandel in die Woord :  Lees Fil 1: 29-2:11

Philippians 1:27-2:11 (New International Version)
 27Whatever happens, conduct yourselves in a manner worthy of the gospel of Christ. Then, whether I come and see you or only hear about you in my absence, I will know that you stand firm in one spirit, contending as one man for the faith of the gospel 28without being frightened in any way by those who oppose you. This is a sign to them that they will be destroyed, but that you will be saved—and that by God. 29For it has been granted to you on behalf of Christ not only to believe on him, but also to suffer for him, 30since you are going through the same struggle you saw I had, and now hear that I still have.
Philippians 2
Imitating Christ’s Humility
 1If you have any encouragement from being united with Christ, if any comfort from his love, if any fellowship with the Spirit, if any tenderness and compassion, 2then make my joy complete by being like-minded, having the same love, being one in spirit and purpose. 3Do nothing out of selfish ambition or vain conceit, but in humility consider others better than yourselves. 4Each of you should look not only to your own interests, but also to the interests of others.
 5Your attitude should be the same as that of Christ Jesus:
 6Who, being in very nature[a] God,
      did not consider equality with God something to be grasped,
 7but made himself nothing,
      taking the very nature[b] of a servant,
      being made in human likeness.
 8And being found in appearance as a man,
      he humbled himself
      and became obedient to death—
         even death on a cross!
 9Therefore God exalted him to the highest place
      and gave him the name that is above every name,
 10that at the name of Jesus every knee should bow,
      in heaven and on earth and under the earth,
 11and every tongue confess that Jesus Christ is Lord,
      to the glory of God the Father.

Terwyl dit gelees word wees bedag daarom dat die Gees jou aandag gaan vestig op ‘n woord of ‘n frase, of dalk mag daar ‘n vraag by jou opkom. Merk die woord of frase of maak ‘n aantekening oor die vraag.

 

 

• Verdeel in pare en vertel vir mekaar waar jou aandag vasgevang is of wat die vraag is wat jy wil deel.  Luister na mekaar want julle gaan terugvoer gee oor dit wat jou gespreksgenoot gesê het.

 

 

• Deel nou in die groter groep wat julle by julle gespreksgenoot gehoor het.

 

Leef
• Antwoord nou die vraag: Wat het die Gees vanaand onder ons gedoen terwyl ons die Woord gelees het?

 

• Hoe verander dit ons groep se agenda of sienswyse?

 Voorbeelde van “God-vrae”

o Wie is God?
 Geloofsonderskeiding begin eintlik elke keer by hierdie eenvoudige vraag: Wie is God in hierdie situasie? Wie wil God vir ons wees in hierdie situasie? God openbaar homself verskillend in elke konteks.  Geloofsonderskeiding is om God weer nuut te ontdek in die situasie waarin ons nou is.

 

 

o Waarmee is God nou besig?
 ‘n Belangrike vraag as mense dink dit gaan baie sleg.  Dit help hulle om raak te sien dat God in “slegte” tye juis besig is om deur sy Gees vernuwingswerk te doen. Is God nog die subjek van ‘n aktiewe werkwoord in ons taal? Pat Keifert is bekend daarvoor dat hy in sulke moeilike situasies aan leiers wat hom sou vra: We really do not know what the hell is going on,” ‘n wedervraag te vra: “Lets talk about what in heavens name God is up to?”

 

 

o Wat is God besig (herhaaldelik) om vir ons te sê?
 Ons het almal die ervaring dat die Here in ‘n sekere tyd van ons lewe byna oor en oor dieselfde ding vir ons sê.  Dit is een van die wonderlike ontdekkings wat gemeentes maak wanneer ons stil genoeg raak om na God se stem te luister. Omdat ons weet dat dit één Gees is wat ons lei, kan ons met vrymoedigheid as leiers luister na die getuienisse van die gemeente, en sal ons die ontdekking maak die Gees in ‘n spesifieke tyd ‘n spesifieke boodskap bevestig (Ef 4)
 
Enkele nuwe Testamentiese begrippe wat duidelikheid gee oor die verskillende maniere waarop geloofsonderskeiding in die Nuwe Testamentiese gemeentes gefunksioneer het.

1 Kor 12:10 om tussen die geeste te onderskei en gekonfronteer te word met die waarheid…”diakrisis”

 

I Kor 4:5 om dinge wat in die duisternis verborge is aan die lig te bring en die bedoelings van die hart bloot te lê…”Krino” is om regspraak te doen

Lukas 1:17 en Ef 1:8 gebruik die woord “ phronesis”  om na te dink met die doel om die regte pad te vind of om met Wysheid te lewe

In Fil 2:2 word phroneo gebruik om aan te toon dat ons saam strewe…letterlik om saam te stoei en nie noodwendig by ’n antwoord te kry nie!

In Fil 2:5 koppel Paulus phroneo aan Christus- om dieselfde gesindheid van Christus te hê….

 

Om in die geloof te onderskei is al hierdie bogenoemde dinge en moet nie net gereduseer word tot wat reg of verkeerd is nie.

 

Verdere leeswerk:  God praat leef luisterryk in vergaderings
    Frederick Marais    Bybelmedia 2007