{ARGIEF}

Mense is soms geneig om ‘n prentjie te vorm van ‘n geestelike leier wat soos die Lone Ranger as die held op die toneel verskyn en weer verdwyn.

In die werklikheid is daar mense by leierskap betrokke, asook die praktyk van ‘n organisasie. Hier moet geestelike leiers nie so vroom wees dat hulle die navorsing rondom effektiewe bestuur ignoreer nie. So ‘n tyd gelede het Marcus Buckingham die wêreld wakkergeskud met First, break all the rules. Een van sy ander titels Now , discover your strengths, het mense help verstaan dat hulle op hulle sterkpunte of talente moet fokus en nie so baie tyd bestee aan hulle swakpunte (nie-talente) nie. Dit kan nogal vir predikante baie beteken as hulleself en kerkrade verstaan dat jy nie in alles goed is nie. Spanwerk begin vorm waar ander ook hulle passie en gawes na die tafel bring en geleentheid kry om dit te ontwikkel.

Gallup het die sogenaamde Gallup Q12 ontwikkel uit al die navorsing (80 000 onderhoude in meer as 400 maatskappye) as die twaalf elemente van uitstekende bestuur met die oog op wat hulle “worker engagement” noem. Na my mening is dit die tipe goed waarop Diensverhoudinge ook moet let.

Hier volg 6 van die 12 vrae (dalk kan dit verklaar hoekom jy vasgeloop voel?)

  • Do you know what is expected of you at work?

  • Do you have the materials and equipment you need to do your work right?

  • At work, do you have the opportunity to do what you do best every day?

  • In the last seven days, have you received recognition or praise for doing good work?

  • Do you have a best friend at work?

  • In the last six months, has someone at work talked to you about your progress?