‘n Geestelike leiers wat erns wil maak met groei, móét ‘n mentor soek. Baie vind hulle mentors via boeke. Tog is daar niks wat kom by die intieme band wat ontstaan tussen twee persone in ‘n “lewendige” verhouding nie. Boeke lees jy met jou eie filter. Mentorskap help jou om jou eie filters te ondersoek en die toepaslike lense vir ‘n volgende fase te kry.
Die besondere mentor-verhouding tussen Elia en Elisa is fassinerend. Elisa het die mantel van Elia opgetel na dié se vertrek na die hemel. Daarmee het hy die water van die Jordaan verdeel. Maar dit was slegs die bewys van wat hy gevra het.
“Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: ‘Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?’
Elisa het geantwoord: ‘Mag daar tog ’n dubbele deel van u gees op my kom!’” (2 Konings 2:9).
“Mentoring is a brain to pick, an ear to listen, and a push in the right direction,” volgens John Crosby.
Rick Warren vertel:
One of my mentors was a guy named Billy, who had a mentor himself. Billy went to a large church in
Billy sat there dumbfounded, trying to think up an intelligent follow-up question to ask. “What translation do you read it in?” Billy asked. The
Rick beveel aan dat jy iemand soek wat
* die karakter en waardes het wat jy bewonder
* die vaardighede en ervaring het wat jy soek
* jy vertrou
Ek reken dat jy vóór al hierdie dinge iemand soek wat vir jou sal laat ervaar jy is in die Teenwoordigheid van Jesus. Dís vir my ’n dubbele deel van die Gees.