{ARGIEF}

Toe ons nuwe strukture ontwikkel het, het ek begin opmerk dat sekere leiers begin terugstaan. In terugskouing besef ek dis omrede leierskap nuwe fokus, nuwe identiteit, nuwe vaardighede en nuwe verstaan in ‘n nuwe sisteem veronderstel. Jy kan so besig wees met die nuwe dat jy veronderstel die leierskap gaan innerlik dieselfde sprong maak. Die realiteit is: hulle doen dit nie almal dadelik nie.

In ons proses besef ek dat ons weer by die essensiële moet aanklop: leer leiers om éérs dissipels te wees. Geestelike leiers verstaan leierskap volg op dissipelskap. Jy is te alle tye eers ‘n volgeling van Jesus. Punt. Dan die tweede punt: wees missionêr soos Jesus.

As jy nie vir Jesus volg nie, is jy nie ‘n geestelike leier nie. As jy nie Jesus-gesentreerd is in jou hele menswees en lewe nie, verskil jou leierskap nie van enige ander nie.

Alan Hirsch maak verlede jaar hierdie opmerking: “…the quality of the church’s leadership is directly proportional to the quality of discipleship. if we fail in the area of making disciples we should not be surprised if we fail in the area of leadership development.” 

Kan jy dalk help met waar jy oor dissipelskap en leierskap die meeste leer?