{ARGIEF}

Toe Bill dit sê, besef ek onmiddellik dis wat effektiewe geestelike leiers doen. Hulle doen dit soms instinktief, meesal doelbewus. Hulle bestee die tyd om dit uit te dink en te verfyn, of hulle leen dit by ander. Dit gee dadelik koers aan ’n dooiepunt, help vordering in besluitneming, en fokus aan roeping en visie.

 

AKSIOMAS.

 

Volgens die HAT is aksioma: Bewering, grondstelling wat sonder bewys as waar aangeneem word, onbewysbare of vanselfsprekende waarheid.

 

Bill Hybels het gewag vir ’n onderhoud met die legendariese Generaal Colin Powell en lees deur ’n brosjure van Powell’s Principles. Terwyl hy dit lees, besef hy dis wat hy en ander leiers doen. Daaruit volg toe sy boek met die titel “Axiom: The language of leadership”.

 

So begin ek via die internet soek wat Bill, Powell en ander sê. Dis eenvoudige maar kragtige stellings waarmee jy jouself en jou span, leierskap en organisasie, gesin en gemeenskap, leiding gee. Jyself het ook ’n aantal wat jy gereeld gebruik. Die krag vir geestelike leiding lê veral daarin wanneer die aksioma die Bybelse waarheid onderstreep.

Enkeles van Bill Hybels (kry die opsomming van sy boek hier ) –

 

Oor visie:

Visie lek. Ons kan Sondag die gemeente aanvuur met ’n visie om die wêreld te verander, maar teen Dinsdag het die meeste al vergeet hulle was Sondag in die kerk.

Vision: Paint the picture passionately. Visie is ‘n prentjie van die toekoms wat passie in mense produseer.

Make the Big Ask. As dit reg gedoen word, hou mense daarvan om uitgedaag te word om betekenisvolle dinge vir God te doen.

En oor spanwerk:

In building your team, focus on three simple Cs: character, competence, and chemistry

En kommunikasie:

No Eleventh-Hour Surprises, Please. Leiers wil liewer probleme hanteer terwyl dit nog klein is…

How are you doing… really? Aan die begin van die weeklikse leierskapbyeenkoms gee dit ‘n aanduiding van elkeen se emosionele stand van sake.

En aktiwiteit:

Doable hard versus destructive hard. As die span sien hulle begin bloei in die destruktiewe sin van die woord, moet hulle begin praat oor hulle bekommernis, verwagtinge, rolle en opdragte sodat hulle nie hulle siel, liggaam, familie en bediening oor die langtermyn vernietig nie.

Facts Are Your Friends. Vier keer per jaar neem die personeel ‘n dag om hulle bedieninge te evalueer. In die oggend verdeel hulle in klein groepe om die kerk se huidige effektiwiteit te meet in verskillende areas. Hulle rangskik effektiwiteit op ‘n skaal van 1 tot 10. In die middag probeer vind hulle innoverende en inspirerende maniere om elke nommer ten minste twee punte in die volgende ses maande te lig.
Brain Breaks. Elkeen het nodig om periodiek ‘n pouse te neem as jy in beplanning of probleemoplossing situasies is. Breek elke 60-90 minute vir vyftien minute om fisiek te strek, buitelug in te asem, en die verstandsturbines te laat afkoel.

En ‘n laaste een: Are We Still Having Fun?

 

Ons sal dit waardeer as jyself ‘n paar gee (met ‘n kort verduideliking) wat jou en jou span al baie gehelp het, of waarmee jy helderheid en fokus vir jouself bring. Dalk is dit die een waarmee jy vanjaar hanteer. Of vertel wat jy by iemand anders gehoor of oorgeneem het.