{ARGIEF}

Omtrent elke leier in ‘n geloofsgemeenskap sukkel met die opslurping van energie deur die druk van doodgewone bestuurs- en ander verpligtinge. Die gevolg is dat jou persoonlike passie vir Jesus begin kwyn vanweë minder tyd met Hom.

Craig Groeschel is Senior Pastor van LifeChurch.tv. “Through satellite broadcasts that enable all of our twelve locations to be connected as one, LifeChurch.tv is a multi-site church that transcends metropolitan regions.”

Craig skryf in sy blog ( http://swerve.lifechurch.tv ) hoe hy sy passie lewendig hou:

  • Om God in ‘n ander deel van die wêreld te sien werk
  • Om ten minste een keer per jaar ‘n baie armoedige deel te besoek
  • Om te vas
  • Om vriendskappe met nie-Christene te bou
  • Om doelbewus tyd toe te wy aan gebed
  • Om buitengewoon te gee
  • Om te huil
  • Om ‘n begraafplaas te besoek (Ja, ek het ook oor hierdie een gewonder. Hy verduidelik dit help hom om vandag in die lig van die ewigheid te sien)

My passie vir Jesus bly lewendig…

  • as ek lees oor Hom
  • mooi natuurtonele ervaar
  • lewensgetuienisse hoor van mense wat God (op)nuut manier beleef het
  • as my kleinkind my styf omhels
  • wanneer my ego plek maak vir afhanklikheid soos wanneer ek nie antwoorde het nie
  • as ek doelbewus oorgee met “Laat U wil geskied”

Enige wenke van jou kant?