{ARGIEF}

In ‘n onderhoud met Dallas Willard, vertel Bob Buford (skrywer van
die bekende “Halftime”) dat hy dink daar is vier fases in ‘n mens se
lewe.

  • Die eerste is “struggle” (probeer om suksesvol te wees),
  • die tweede “success” (wanneer jy daardie punt bereik) en
  • die derde is “significance” (om jou ondervinding en kennis te gebruik om ander te help).

In gesprek met Henri Nouwen, vertel Buford, sê dié dat daar nog ‘n fase is, naamlik:

  • “surrender” (om ten volle belyn te wees met God se doel)

Dallas Willard antwoord: “…

I
think actually that third step you’re talking about there requires
surrender. You can’t really manage that within the parameters of
success, you have to give up, and so you have to surrender yourself to
this good…”
http://www.halftime.org/resources/HT_WillardInterview_071507.pdf

 In
die REVEAL konferensie sê Bill Hybels dat die grootste gaping nie is
tussen soekers en gelowiges nie, maar tussen minder volwasse Christene
en “Christ-centered Christians”. Die minder volwasse Christene glo “God
is for me, my plans, and my agenda in this world”. Maar, skryf John
Ortberg hieroor, die ware Christus-gesentreerdes het hulle lewens en
drome prysgegee in volkome afhanklikheid in Hom (vgl The Gospel and the
happiness paradox – in Willow Newsletter November).

Leiers wat oorgee?

Oorgee
is volgens die elektroniese HAT  1. Oorhandig; aangee. Maar ook 2. Jou
gevange gee; jou oorwonne verklaar. Of ook 3. Verslaaf raak aan, jou
laat beheers deur.

Oorgee pas nie altyd in ons prentjie van leierskap nie. Dit klink eintlik paradoksaal. Maar so is dit as jy Jesus volg.