{ARGIEF}

Morele heroriëntering: Oor moraliteit en morele vorming in gemeentes
Met die oog op die moraliteitskrisis in ons samelewing fokus hierdie kursus/gesprek op krag van morele waardes, die impak van die konteks op mense en watter rol geloofsgemeenskappe in die daarstel van ‘n “gesonde” samelewing kan speel. Die kursus kan in gemeentes vir gemeenteleiers en -lede aangebeid word.
Aanbieder: Chris Jones
Kontak  Chrisna van der Merwe by  021-808 3624 of cmer@sun.ac.za om meer uit te vind en reelings te tref