{ARGIEF}

Soos gisteraand, werk ons met die vraag van morele herstel, mense soos ek en u wat sit en top oor wat ons kan doen om die moraliteit van ons samelewing ja, maar ook van ons familie-lewe, ons vriende , en werksverhoudinge te beinvloed.

’n Ene geleerde Anna Arendt, ook ‘n Duitser, meen as ons net gehoorsaam is, as ons net konformeer (dalk aan die Christelike leer, en of Christelike etiek) kan ons die hede so verander dat daar wel ‘n toekoms is.

Haar eintlike  uitgangspunt is, dat ons in elk geval die toekoms beinvloed. Of ons nou iets doen, soos Jesus vir Bartimeus gedoen het, en of ons  versuim, ons beinvloed.wel die toekoms Daarom moet ons vandag, nou, verantwoordelikheid beoefen deur gehoorsaamheid te openbaar.

Gehoorsaamheid is immers een van die vroegste deugde wat ons as kind aangeleer word. Gehoorsaamheid aan ons ouers, onderwysers, manne en vroue in uniform en veral gehoorsaamheid aan God. Ons verstaan van jongsaf wat dit beteken om gehoorsaam te wees. Dit is om te luister. Dit is om die regte ding te doen. Dit is om eerlik teenoor jouself te wees.

Dat gehoorsaamheid as deug en of karaktertrek, gekoppel word aan ons lewenskwaliteit, die morele standaard van ’n volk en individie, blyk sterk uit Salomo se skrywe in Spreuke 14:34, waar hy sê, “ Gehoorsaamheid aan die Here, laat ’n volk sterk staan”

Die digvers is midde ’n stel digverse wat interessant genoeg, morele konotasies het byv. Salomo praat van ’n geduldige mens wat verstandig is,(v.29); Wie ’n  arm mens verdruk, beledig sy Maker; Wie hom oor ’n arm mens ontferm, eer God “(v.31).

Dat gehoorsaamheid as deug, aan ’n gesonde morele lewe gekoppel word, is nie vreemd nie juis omdat ons ongehoorsame optrede as immoreel bestempel word. Hoeveel onnodige seer en pyn word nie daagliks deur ouers ervaar bloot omdat hul kinders nie wou luister; hoeveel onskuldige lewens is nie al verwoes en selfs gedood deur iemand se ongehoorsame optrede nie? – ’n motorbestuurder wat nie stop by ’n rooi verkeerslig, iemand wat onder die invloed van drank bestuur, sy beheer verloor en ’n kind op die sypaadjie dood ry nie.

Gehoorsaamheid as deug kan help om ons uit die immorele moeras te red. Gehoorsaamheid aan reëls en gedragskodes. Gehoorsaamheid aan gesagvolle persone en instellings. Gehoorsaamheid aan veral en spesifiek, aan die Here, sy evangelie, Sy waardes, Sy vereistes, Sy leringe en lewensstyl, kan ons moreel weer genees.  En meer dit kan hoop, inspirasie, doelgerigtheid en naastesorg by ons as Christen-gelowiges  inskerp en ons as volk in alle opsigte laat sterk staan.

Gebed: Here help ons in gehoorsaaamheid aan  u te leef, sodat ons U volk, sterk kan  staan. Amen:

Donald Katts