{ARGIEF}

In ons soeke na maniere om morele oplewing te bewerk, antwoord die teoloog en opvoedkundige George Picht ’n Duitser ons, deur te sê: “Die vraag is nie voor watter krisisse ons tans staan wat belangrik is nie, daarvoor is ons reeds te laat”.

Die vraag wat ons moet adresseer is, voor watter krisisse gaan ons oor tien of vyftien jaar staan? As ons dit betyds kan sien, kan ons NOU iets daaraan doen.

George Picht help ons besef dat moraliteit – Nie net te doen het met seks, korrupsie of oneerlikheid nie. NEE, George Picht se toekoms -gefokusde  benadering help ons ontdek dat moraliteit ons hele lewe raak. As gelowige, as burger, as ouer, as werknemer, as speler of toeskouer. Dit het te doen met ons ingesteldheid, met wat ons doen, ons drome.

Dit in kort, is immers waaroor die bybel en die bybelboodskap gaan, waaroor Christen en gelowig-wees gaan. Waaroor kerk gaan. Naamlik; verandering,  konformasie, herstel, beroering. Amper soos Lukas in hoofstuk 19:42 verhaal.

Hy sê – Toe Jesus nog nader kom en die stad voor hom sien, het Hy daaroor gehuil en sê toe –  “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is!” Jesus betreur die feit dat die inwoners nie ver vooruit kon sien en as sulks niks gedoen het om hul vrede te verseker nie. Tog het die stad in beroering gekom. Het mense gevra – Wie is hierdie man?  So was die lewe en bediening van Jesus. Hy het gemeenskappe omvorm omdat hy toekomsgerig was. Hy het lewens aangeraak omdat hy ewige-lewe gerig was en verantwoordelik en gehoorsaam was, dus het hy in die nou-en-hier van mense se lewe, iets gedoen om hulle van die krisisse van die toekoms – naamlik die oordeel, die  straf en ewige verderf te bewaar –  Daarom sterf hy en staan hy op – daarom die HG, daarom die kerk.

Dus moet ons nou die krisisse van die toekoms kan sien, moet ons dit nou kan identifiseer, Moet ons nou iets daaromtrent doen..Maar meer, moet ons in terme van ons geestelike en morele krissis,  naamlik, ’n lewe sonder Jesus as Verlosser nou iets hieraan aandoen, moet ons nou oorweging skenk aan dinge soos bekering, ’n lewendige geloofslewe en naastediens – sodat ander, van die wonder-evangelie wat hulle uit die krisisse van nou, en van die toekoms kan red, kan verneem.

Met morele herstel werk dit dalk langer, maar as ons nou begin liefhê, nou begin vergeef,   nou moreel begin leef, kan ons nog ‘n verskil maak, kan ons nog lewens aanraak en gemeenskappe opbou. Ja kan ons help dat ‘n betere toekoms op almal wag.

Gebed: Here help ons om die krississe van ver raak te sien en nou iets daaraan te doen. Amen.

Donald Katts