{ARGIEF}

Was gisteraand op Vanryhnsdorp en daar met lidmate gesels oor die betekenis van die Belydenis van Belhar in 2010. Vanaand is George aan die beurt. Lank gesels oor eenheid versoening en geregtigheid. Maar nou sit ek eers met ’n paar kollegas in gesprek met ’n aantal Franssprekende leraars uit Afrika wat bedieninge in NG gemeentes het!
Ons praat oor die 20 000 Somaliërs in Bellville.
Die 40- tal Franssprekendes wat reeds by NGK Sonnekus aanbid.
Die talle Franssprekende Christene uit verskillende lande wat bedien word in Goodwood, Maitland en Parklands, om maar enkele voorbeelde te noem.
Ek meen hier is ’n fantastiese storie aan die ontwikkel. Ek glo dat daar ’n dag gaan kom wanneer daar ook ’n veel groter eenheid tussen die NGK en broers en susters uit Afrika gaan groei. Dit gebeur hier stil-stil onder ons neus.