{ARGIEF}

Nico Nel vertel my die storie:
Een van die baie Rambo-flieks het op ’n keer in Bloemfontein gewys. Die teater was vol studente. Op ’n stadium is ’n toneel vertoon wat gewys het hoe Rambo gemartel word deur die span wat hom gevang het. Hy was in ’n groot modderput en sy kop is kort-kort onder die modder gedruk. Hy is met skerp riete gesteek en aanhoudend geslaan. Dis toe dat een van die studente agter in die teater opspring en skreeu: “Maar verstaan julle dan nie,  julle maak hom net kwater en kwater en kwater!…”
Lag help ons om die kwaad uit ons lyf te kry. Mag julle almal die Kersfees baie baie lag. Ek dink ons het goeie rede.