{ARGIEF}

Dinsdagaand 4 Des
Liewe vriende
Ek skryf uit Bethlehem. Geboorteplek van Christus maar ook in die Wes-Oewer, Palestynse gebied, maar ook besette gebied. Daar is terme waarvan ek voorheen al gehoor het, maar vandag intens beleef het. “Vlugtelingkampe”, “setlaars-dorpies”,verdelings mure, kilometers van mure, checkpoints, soldate en veel meer.
Ons was by `n tronk waar Palestynse kinders aangehou word, geluister op site na n Palestyn wie se huis 6 keer platgeslaan is…. met die Olyfberg in die agtergrond. Gestap deur Palestynse gebied naby Jerusalem wat onder Israeli administrasie is… `n absolute rommelhoop!
Gery op paaie wat aan beide kante mure so hoog soos die Berlynse muur het. Israeli korridors in Palestynse gebied.
Die dag is begin by die Saabil Ecumenical Liberation Theology Centre. Uitstekende teologiese gesprek oor die rol van Christene in `n opset soos hierdie. Diep gesprekke oor `n oplossing vir Israel/Palestina: `n Twee-staat oplossing volgens 1947? 1967? 1991-Oslo? Of een demokratiese staat? Waar ons tans is, nie op korttermyn moontlik. Die belangrike besluit verlede week by die UN re Palestina.
More na Hebron waar 500 Joodse “setlaars” deur 2000 Israeli soldate opgepas word, maar onthou dit is in besette gebied.
Op die Olyfberg het Jesus se trane oor Jerusalem vir my nuwe betekenis gekry… Jerusalem is inderdaad `n stad `n stad waar so baie bymekaar kom. Geskiedenis, gelowe, Dit behoort nie net aan die Jode nie.
… meer as ooit glo ek dat die Evangelie (lees weer Ef 2:11 ev) die oplossing is. Ook vir SA! Voor die meerderheid hier dit nie verstaan nie kan ons maar net bid dat dat iets redelikheid sal deurbreek. Godsdiens wat diensbaar raak aan ideologie is verskriklik
Ek is te kort hier om vinnige antwoorde te gee en of vingers te wys, maar dit is vir my baie duidelik dat hierdie n abnormale samelewing is wat in huidige vorm nie volhoubaar is nie. Dit is die mees gemilitariseerde plek waar ek ooit was… ek jok miskien was Ovamboland meer maar die mure nie so hoog en die doringdraad baie minder…
Ns ons bly in `n eenvoudige hotelletjie `n paar blokke weg van die geboorteplek van Christus…
Dit is nie `n mooi land nie vol murasies en klippe… baie klippe… (wat sal uitsroep?), maar die plek wat God gekies het om naby aan ons te kom… dit is aangrypend mooi… bo-natuurlik!
Ek verstaan die eerste keer die Jode se beheptheid met mure! Nehemia Jerusalem en veel meer. Hier word graag mure gebou…
Ek beginsien nog te veel by ons. Nie grotes soos hier, maar om elke huis….
Baie liefde en groete
Braam
Ns My gedagtes is so baie by julle in SA. Hoop dit bly relatief kalm.
Woensdagaand
Sommer net nog…
Vanoggend 06h00 by die checkpoint gewees waardeur nagenoeg 4000 Palestyne v Bethlehem na Jerusalem beweeg om daar te gaan werk Permitte word nagegaan en duimdrukke geneem wat bepaal dat hulle vannaand @ 17h00 weer terug moet wees… Die checkpoint is veel groter as enige paspoorbeheerpunt in enige land waar ek al ooit was. Dit voel soos n reuse tronk. Die muur wat reeds vir 85% voltooi is en die Wes-Oewer van Israel skei is grotendeels op Palestynse grondgebied gebou. (1967 ooreenkoms) Dis hoog en vertoon veel erger as die Berlynse muur… ek kan dit nie maklik beskryf nie. Sal fotos wys. Onthou ons beweeg heeltyd in Palestynse gebied en kyk dit deur daardie daardie lens. Sien die graffitti van daardie kant
Was in Hebron (ook by die graf van Abraham) maar `n hoogs gemilitariseerde dorp in twee verdeel. Die kerk wat oor die grafte gebou is, is nou in twee verdeel: `n Moskee en `n Sinagoge! Hebron eintlik pragtig maar flenters met 101 kontrole punte. Daar is strate letterlik met n groen muurtjie in middel wat die Jode en Palestyne skei. Palestyne mag nie aan die een kant van die straat loop nie… en dis Palestina! Maar ge-okkupeerde gebied. Daar is tans 59 Joodse “settlements” waar daar tans 500 000 Jode woon in Palestynse gebied. Dit word die hele tyd vermeerder.
Vanaand later ontmoet ons afgevaardigdes van Hamas.
Ek dink hardop: Christene word al minder hier! Ons het n kans om die Boodskap te bring aan Moslems deur in solidariteit met hulle iets te doen! Die kinders gryp my aan die hart! Ek sal beslis met Jode ook wil praat. Dit moet gedoen word, maar op die oomblik sien ek net `n massiewe “landgrap”. Hoop ek kry `n ander perspektief want as ek nie dit kry nie, lyk dinge sleg Die woorde “ethnic cleansing” is dalk nie vergesog nie. Ek is jammer julle maar hier is net te veel wat jou op `n naar manier aan apartheid en Oos- en Wes Berlyn herinner.
Daar is versoening tussen Palestyne en Jode nodig. Meer as ooit glo ek in die Evangelie van Jesus Christus! Ek sal mooi en versigtig praat as ek tuiskom maar wat ons tot dusver gesien het lyk glad nie goed nie. Heel eerste moet die internasionale ooreenkomste nagekom word. Vir die eesrte keer verstaan ek die Oslo ooreekomste wat vir net 6 jaar in plek moes wees: Hoe ge-okkupeerde gebiede in A B en C verdeel is Israel volledige beheer oor Palestynse gebiede B gesamentlike beheer en C Palestynse administrasie… sou `n bladsy oor die implikasies van elk kon skryf. Die Evangelie van Christus is ook hier op `n radikale manier in gedrang. Ek wens die mense, al die mense hier het Belhar gehad en bely….
Groete
Braam
Ns Ons is `n paar blokke v die Nativity kerk … maar ongelukkig hoor ons al heel aand geweerskote en ek oordryf nie. In die hotel voel ons egter veilig.
 
Vrydagoggend
Gister in die Lutherse Int sentrum in Bethlehem gesprekke met kerkleiers en Kairos Palestina gehad Gisteraand in die Joodse kwartier in Ou Jerusalem (was ook by die wes-muur Klaagmuur) die “ander kant” vd storie gehoor
Dis duidelik dat hier aan beide kante radikale elemente is wat die situasie kompliseer. Dis duidelik dat die Jode steeds met `n massiewe vervolging psigose leef. Kan jy hulle blameer? Sekuriteit is als. En onthou die Jode bou al uit die OT se dae graag mure! Dis duidelik dat hier onreg in Palestina (wes-ower) plaasvind Dis vir my duideloik dat Christene hier `n wonderlike rol speel en nog sal moet speel! … maar dis ook vir my duidelik dat ons nog baie baie werk in SA het…!
Palestina skep op `n pynlike manier vir die NG kerk n geleentheid… maar ons praat later verder daaroor.
… ns steeds wonderlik om in hierdie advents dae elke oggend wakker te word en af te kyk op die Nativity kerk… Die plek wat aangedui word as die geboorteplek v Christus
Groete uit die seer Heilige Land
Braam
Saterdagoggend
My laaste oggend van wakkerword en uitkyk oor Bethlehem.
Klokke lui, die Imam doen sy ding en erens kraai `n haan….
Gister nog `n besonderse dag.
Die sg “Velde v die skaapwagters besoek” Wat my veral getref het was die voorbeelde van eenvoudige grotte, eintlik gate waarin die skaapwagters gebly het. Hulle was die armstes v die armstes en tog kry hulle eerste die nuus!
Gistermiddag in die afsluitingskonfrensie v Kairos Palestina hier by die Lutherane se indrukwekkende konfrensie sentrum in Bethlehem. Met uitskende tolkdienste geluister na spreker op spreker se “radikale” vertolking v die Evangelie vir Palestina. Ja daar word oor sankisies gepraat. Dit is nou die groot gesprek hier. Ja die wekrope om bevryding is groot. Maar dis Christene wat praat en kinders wat die mooiste musiek maak en gesofistikeerde mense mans en vroue wat praat. Nie terroriste nie. Vir geen oomblik lyk hulle so nie.
Toe beland ek en Moss Ntla saam met die voormalige Palestynse ambassadeur na die VSA op die verhoog om `n paar woorde te se. Die SA ambassedeur ook in gehoor. Die oomblik was vir my toe ek en en Moss saam op die verhoog staan en ek kon se: Ek kom uit wit SA en Moss uit swart SA maar vandag staan ons saam op hierdie verhoog Vergeet ons woorde maar onthou die prentjie…. dit kan en moet anders wees.
Vet weet ons het baie werk in SA, maar vir een oomblik kon jy `n spelt in die saal hoor val. Ek se dit weer Meer as ooit te vore in my lewe glo ek in die radikale versoeningsboodskap wat Christus gebring het. Mag ons dit in die dae vier.
Toe gisteraand met `n lid van Fatah (“regerende part’ in die Wesoewer” gepraat) Die fyn maar ook belangrike verskille tussen Hamas (Gaza) en Fatah (Wesoewer) ontleed. Die verband tussen die Arab Spring en wat tans hier gebeur. Waarom dit lyk of die VSA nou die Muslim Brtherhood ondersteunDie moeilikheid v d Palestyne se aanspraak op Oos-Jerusalem as hul hoofstad (die Jode gaan die een met die westelike muur daarin nie maklik prysgee) en veel meer,
Die twee-staat voorstel is die oplossing, maar ek kan nie sien hoe dit kan werk nie! Hmmm so waar laat dit ons?
Kom ons gaan vier eers regtig Kersfees en dan praat ons verder.
Groete uit die Heilige Land
Braam