{ARGIEF}

Daar is tans `n beweging oor die wêreld aan die gang – ook in ons eie land – wat wil beweer dat daar nie so iets soos sonde is nie. Oor waar die verskriklike kwaad om ons vandaan kom, word geswyg. Die logiese volgende stap is dan om te sê dat ons ook nie n Verlosser nodig het nie. Christenskap is dus niks meer as nog `n wyse van lewe nie. Die kruising en opstanding van Christus verloor betekenis. Dit is tog belangrik om te onthou dat Christus se leerstellinge nie net oor `n lewenswyse gegaan het nie. Die heel belangrikste wat Hy ons kom leer het is dat Hy die Seun van God was en is. Wie dit verwerp verwerp in der waarheid Christus, al praat ons hoe mooi oor Hom.