{ARGIEF}

Die afgelope twee weke was ek met `n aantal aanbiedinge in die besigheidswêreld besig oor diversiteit en leierskap. Dit het my diep oor `n paar dinge laat dink. Ook oor die kerk en oor hoe beskerm my lewe in die kerk is. Oor hoe predikante vir die werklikheid kan afstomp, maar ook oor hoe wonderlike plek die kerk ook is om in te werk en hoe goed God vir ons is. In die proses loop ek die nuwe boek van George Barna : Master Leaders (Christian Art Pub) raak. Wat `n plesier! Ek haal vandag sommer `n paar reëls uit die boek aan:
Lou Holtz – voormalige afrigter van Notre Dame Football: “ I did not coach football. I taught life.”
Henry Cloud: Enige geslote sisteem gaan mettertyd agteruit. – “But you can reverse a closed system by introducing two things: a new energy source and a template to organize that energy”
Ken Blanchard: “The Lord doesn’t call the qualified, the Lord qualifies the called.”
Henry Cloud: “I’ve found about cultures that have broken down is that they do not welcome the truth.”