{ARGIEF}

Die afgelope twee dae was ek deel van ‘n konsultasie met ‘n groep Duitsers, plaaslike ekonome en kerklui waar daar intens gepraat is oor die uitdaging van volhoubare, groen, ekologiese ekonomiese groei.
Deel van die groep was o.a Prof Peter Bofinger, ekonomiese adviseur aan die Bundes parlement en Heinrich Bedford Strohm, Lutherse Biskop van Bavaria, Prof Gerhard Weger, Social Science Institute EKD, Dr JP landman, Prof Ernst Conradie UWK
`n Paar dinge het vir my duidelik geword.
As ons (Suid-Afrika en die wêreld) aangaan soos ons tans aangaan, gaan ons onsself vernietig.
In SA is ons CO2 uitlate per kapita selfs hoër as dié van Duitsland en China
*USA 18 tons p/c
 SA/UK/Nethl 10 tons p/c
 Germany 9,3 tons p/c
 China 6 tons p/c
 Average 4 tons p/c
 The future? 2 tons p/c
 Tanzania 0,2 tons p/c
Die WWF het aangetoon dat as ons aangaan soos ons tans aangaan ons teen 2030 nog een hele nuwe aarde gaan nodig hê.
Terselfdertyd wil ons ekologies-vriendelik, ekonomies groei.
In SA is ongelykhede die grootste in die wêreld. Dit weet ons
Navorsing het gewys dat waar ongelykhede die grootste is, groei die moeilikste is, want die rykes pot hul geld gewoon op. Dit is hoekom aandeelbeurse bly styg terwyl die ekonomie ‘n ander storie vertel.
Ons sal vir mekaar moet sê dat ons lewenstandaard in die Weste nie volhoubaar is nie!
Ons sal vir armes ongelukkig moet sê dat hulle almal nie sal kan kom waar die rykes is nie.
Ons sal mekaar halfpad moet ontmoet.
Rykes sal meer moet deel, veral dalk om volhoubare duurder energie (soos wind- en sonkrag) te ontwikkel en subsidieer.
Die volgende aanhaling van Julius Nyerere het my diep geraak: “The very desire to accumulate personal wealth must be interpreted as a vote of no-confidence in the social system” – Julius Nyerere
Swart mense in SA twyfel steeds of ‘n heel gelukkige samelewing moontlik is en gryp geld. Wit mense voel uitgesluit en voel hulle moet hulself beveilig en hou aan hul geld vas!