{ARGIEF}

In die Nuwe Lewende Vertaling Ps 30:12 staan daar: “U het my droefheid verander in `n dans van vreugde.” Baie mense sal sê dat hulle dit glad nie so ervaar nie. Ek verstaan uit eie ervaring dat daar wintertye in `n mens se lewe voorkom. Soms is dit lang wintertye. Tog weet ek ook uit eie ervaring dat dit nie vir altyd bly nie. God se liefde en genade triomfeer altyd. Ons moet Hom net `n behoorlike kans gee en geduldig wag.
Miskien is die probleem dat ons wat die geluk proe, nie genoeg uit dankbaarheid vir die wêreld vertel wat met ons gebeur het en waar ons dit gekry het nie. Ons is soos die tien melaatse manne wat genees word en dan draai net een om om te gaan dankie sê…