{ARGIEF}

Ek het die voorreg gehad om in 2008 die VSA te besoek waar ek ‘n tydjie met Dallas Willard kon spandeer, asook Pete Scazzero se kursus oor “Emotional healthy spirituality”  kon bywoon.

Na ‘n gesprek met Coenie Burger het ons besluit om Scazzero se kursus in Nambië en in die Wes-Kaap met predikante gedurende die eerste kwartaal 2009 te doen. Altwee hierdie geleenthede het iets bevestig van die behoefte van predikante om self meer doelgerig by ‘n geloofsvormende reis betrokke te wees.

Hierdie behoefte is verder versterk in gesprekke met Danie Mouton en Deon Loots in die Oos-Kaap. Ons 3 het ‘n versoek van VBO gekry om gemeentes te help om ‘n dissipelskap proses in gemeentes te fassiliteer. Dit het egter baie gou vir ons duidelik geword dat ons nie nog “tool” vir predikante in die hand moet gee nie. (Jy kan in elk geval nie so ‘n proses in ‘n gemeente lei as jy nie self op so reis is nie.)

Ons is baie opgewonde oor ‘n reis van geloofsvorming vir predikante wat ons op hierdie stadium as ‘n 3 jaarproses sien. Die reis verloop in drie fases, wat elk uit drie byeenkomste per jaar bestaan, vir ‘n totaal van 9 byeenkomste oor ‘n driejaar periode.

Dominees kan op enige stadium van die reis aansluit, of die reis verlaat, of die reis uitstel.  Besoek solank die blog wat hiervoor geskep is.

GELOOFSVORMENDE REIS VIR PREDIKANTE

JAAR 1: Ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit

Byeenkoms 1.1:  Kontoere van emosioneel gesonde spiritualiteit

Byeenkoms 1.2 Groei in jou persoonlike identiteit in Christus

Byeenkoms 1.3 Reis van selfontdekking: bekering van die hart (Enneagram)

JAAR 2: Om met Jesus te leer leef

Byeenkoms 2.1 Retreat: “Kom luister na wat Ek jou oor die lewe wil leer”

Byeenkoms 2.2 Teologiese kontoere: Om vandag saam met Jesus (die Here) in die koninkryk te                       lewe.

Byeenkoms 2.3 Vernuwing van die hart (Dallas Willard).

JAAR 3:  Christelike praktyke

Byeenkomste 3.1, 3.2 en 3.3 handel oor ‘n seleksie van drie Christelike praktyke per byeenkoms wat deur die eeue deur christene beoefen is

Ek is seker dat van hierdie inhoud sal verander soos wat ons die pad begin loop.