{ARGIEF}

 

    Sy sny ‘n tweede saak aan. Sy het tot onlangs met volle oorgawe na haar ‘favourite’ TV-predikers geluister. Daar is eintlik ‘n paar van hulle en ek weet baie van ons, indien nie dalk by verre die meeste van ons in Zambië nie, luister graag na ons ‘favourites’.

    Maar Karlien het onlangs na ‘n CD geluister wat sy van haar broer gekry het en wat haar oë laat oopgaan het. Die meeste van die predikers maak ‘n sak vol geld uit hulle gewillige luisteraars; veral by geleenthede waar hulle optree. Daar is altyd ‘n nuwe CD te koop en die nuutste boek van die prediker. En die mense, lekker opgesweep, bestel en koop. Ek las ook my storetjie hieroor aan, wat ek nou weer vars in Amerika hieroor ontdek het. Vir die bywoning van ‘n erediens in ‘n kerkgebou [massaal groot]  van een van die groot ‘favourites’, ook hier in Zambië,  was die  “toegangsgeld” $285 per kop. Iewers is iets glad nie reg nie!

    Maar, sê Karlien, dis nog niks. Dis vir haar maar die tippie van die ysberg. Die spreekwoordelike pennie het vir haar ‘gedrop’ toe sy agtergekom het wat die inhoud en styl van die predikers is. Dit werk net soos ‘n drug!  Dit sit jou op ‘n hoog, net om agter te kom jy is netnou weer op ‘n laag en môre móét jy die ‘drug’ weer inkry om jou op te werk na ‘n nuwe hoog! Die meeste hiervan is ‘n spel van gevoelens en voor jy jou kry is jy ‘n regte verslaafde. Jy word ‘n godsdiens-verbruiker!! Jy kan nie meer hiersonder nie. Dis die tipiese verbruikers-godsdiens in ‘n wêreld van koop en verkoop waarin ons leef.  Ons hele lewe is verekonomiseer! En die klem is nie op God en Sy Woorde nie, maar die gevoel-spel wat die prediker aan ons verkoop. Karlien se skok-ontdekking: Ek is ‘n verslaafde en dit klink tog so goed om aan ‘godsdiens’ verslaaf te wees, voeg ek by, maar dis nog steeds sieklike verslaafdheid. Jy is saggies maar seker ‘n verslaafde-koper en die media is die runners”.

    Baie, baie dankie Karlien. My besoek aan jou het vir my dalk baie meer beteken as vir jou. Jy het my weer laat nuut nadink: Hoe help ons mekaar om van enige vorm van godsdiens-verslawing los te kom?  Hoe raak ons vry van  godsdiens-drugs en van die wrede verbruikersmetaliteit wat die hedendaagse predikers se sakke vol hou?  Ek is maar net baie begenadig om lankal te kon agterkom media-godsdiens doen baie meer kwaad as goed.

     En LW,  ons kan nie skielik soos Karlien dink nie. Ons hoef ook nie na teaap nie. Ek vertrou maar net haar persoonlike verhaal sal iewers aan ons afgee — op die regte tyd vir jou,  as die penny dalk ook vir jou‘drop’!

    Hierdie verhaaltjie het my genoop  om die volgende dalk meer duidelik te probeer sê. [Nogmaals dankie Karlien, die Here het deur jou, met my gewerk. Ons kon mekaar gelukkig persoonlik ontmoet; nie deur die media nie, selfs al was dit in jou kantoor].

 

* Persoonlik

 

God is persoonlik. Hy is ons Vader, ons Moeder-Gees en ons Broer. Meer persoonlik kan dit nie. Dis Familie-persoonlik. Dis nie ‘n onpersoonlike TV of video-opname nie.  En ons ontmoet Hom altyd persoonlik waar persone saam in ‘n kleingroep, maar veral in die erediens vir Hom, rondom sy Woorde saamkom. Niks kan dit ooit vervang nie! Alles wat minder as dit is, is meer gevaarlik as wat ons besef.

 

* Nie oor my nie

 

Die lewe gaan nie oor my nie; my gevoelens; my begeertes; my behoeftes wat bevredig moet word nie. Die lewe gaan oor God. Niks meer en niks minder nie! Hoe ek voel is nie ter sake nie!  Dis soos die huwelik, man en vrou is intiem-persoonlik deel van mekaar. Ek as man sou siek in my kop wees as ek uit ons noue saamwees iets vir myself wil kry!  Dit gaan inderdaad nie oor my en wat ek uit die huwelik kan kry nie. Dis sou ‘n verbruikers-huwelik wees! Ek voel nie altyd [of dalk meestal] so wonderlik oor my vrou/man en ons verhouding nie. En tog is ons saam en deel ons die lewe en is net deur dik en dun dáár vir mekaar. Dit is ware lewe.

 

 

* Woord en Sakramente

 

Persoonlike omgang met God kom deur sy Woorde vir ons en Sy Kos [Brood en Wyn] vir ons. Dis nie in die eerste plek kop-verstaan-dinge nie. Ek gaan hiermee om soos by saam-kuier en saam-eet. By eet en kuier gaan dit oor saam-wees — persoonlik.  Ek sit nie en bereken wat dit vir my kan beteken nie. Ons is net saam. Mens noem dit gemeenskap-hê-met-mekaar. En as jy weggaan voel dit soms nie goed nie; soms voel dit wel goed, maar dit maak nie saak nie. Julle vriendskap het aan mekaar afgegee – self weet mens nie hoe nie. Dit gebeur net. En hoe meer mens só saamkom, hoe nader kom mens aan mekaar. Dis nie kits-gebeure nie, maar met die tyd gebeur wel iets! Só gaan mens om met God se Woorde en sy Kos vir ons! Saamkuier en Kos is ook vir Hom en Sy kinders sinoniem.

 

* Weeklikse Riglyne

 

Die Riglyne is nie dagstukkies soos uit ‘n dagboek nie.  Dit is nie  “’n Vers vir vandag” nie. In hierdie tipe media-kommunikasie dink ander mense vir jou — dis erger: Ander mense ‘eet’ namens jou die Kos van God – die Brood van die Lewe! Ander gaan namens jou kuier en saam eet! Dit maak mos nie sin nie? 

      Nee, die Riglyne wil jou help om self  met God om te gaan – persoonlik! En dié soort ‘kuier’ neem tyd.  Dis nie ‘n kits-kuier nie. Jy is heel week aan’t eet en kuier met die tekste! Jy luister en antwoord God persoonlik. Meeste van die tyd luister jy na Hom in stilte. Jy ‘kou’ elke woord en sin soos ‘n hond aan ‘n been. Jy word later deurweek met die Woord. Die taal van die teks word jou hartstaal. Jy gaan met die tekste persoonlik om sodat dit deel van jou word. Hoe?  weet jy nie — nes met saam kuier. En partykeer is dit goed, ander kere sleg, maar dit maak nie saak nie. Die Woorde gee aan jou af – persoonlik. En stadig maar seker begin die persoonlike omgang met God verdiep — soos saad wat die saaier saai. Eers sien mens niks. Later net ‘n klein sprietjie; dan ‘n halm en dan ‘n volle koring-aar — so het Jesus mos eenkeer presies hieroor ‘n storie vertel … 

‘n Voorbeeld van die Weeklikse Riglyne …