{ARGIEF}

In 1990 het H.S. Spies navorsing gedoen oor die praktyk en toekoms van die NG kerk in Parow. Sy bevinding was dat die NG kerk in Parow se lidmaattalle teen ʼn baie vinnige tempo daal en dat heelwat van die gemeentes nie finansieël sal oorleef nie. Hy het voorgestel dat daar ʼn paradigma skuif moet kom in die wyse waarop ge-meentes funksioneer in die Ring. Hierdie studie som Spies se studie-bevindinge op en bespreek die reaksie van die geestelike leiers in Parow daarop. Dit vra die vraag waarom die Ring van Parow nie daarin kon slaag om die uitdagings van demogra-fiese veranderinge in Parow aan te spreek oor die periode van twintig jaar nie.

Die Ring van Parow het groot erns gemaak met die bevindinge van Spies se studie en het beplanning gedoen om die uitdaging van demografiese verandering in Parow aan te spreek. Hulle het voorstelle ontwikkel wat daarop neerkom dat die gemeentes in die Parow Ring moet saamsmelt in een groot makro-gemeente. Dit het nooit ge-beur nie en die situasie het bly versleg. Slegs ses gemeentes uit die twaalf wat in 1990 bestaan het, is nog onafhanklik. Ses gemeentes het vanweë finansiële druk met ander gemeentes saamgesmelt in die periode tussen 1990 en 2002. Die omge-wing het demografies baie verander en daar woon meer mense as ooit tevore in Parow, maar dit is nie tradisionele wit, Afrikaans sprekende, NG kerkmense nie.

Die studie bespreek ook die wyer konteks van verandering waarin die gebeure in Parow Ring afspeel, naamlik, globalisasie, post modernisme en post Christendom. Dit toon aan dat die kennis, gedrag en gewoontes wat die leiers in ʼn vorige periode aangeleer het, nie genoegsaam is vir die uitdagings van die veranderinge.

Die studie beskryf twee paradigmaskuiwe wat kan help om ʼn nuwe ekklesiologiese praktyk in Parow te bevorder. Die eerste paradigmaskuif hang saam met nuwe teolo-giese insigte wat die afgelope sestig jaar ontwikkel het rondom die begrip missio Dei. Die tweede paradigmaskuif wat in die studie uitgelig word, het te doen met vaardig-hede van geestelike leiers in die hantering van verandering. Die studie se uitgangs-punt is dat die veld en wêreld waarin geestelike leiers moet optree sodanig verander het, dat daar net een manier is om dit te hanteer en dit is die transformasie van die geestelike leiers se eie voorveronderstellings, kennis, idees en praktyke. Die ontlui-kende leierskapsvaardigheid waardeur ons leer om transformerend aan te pas by die veranderinge deur in pas te kom met missio Dei, is geloofsonderskeiding.

Geestelike leiers moet geloofsonderskeiding as leierskapvaardigheid aanleer en ge-meente-praktyk maak, omdat dit die wyse is waarop die geloofsgemeenskap vanuit luister en doen-spasies, na die wêreld gelei word om daar saam met missio Dei te werk. Dit is in luisterende, gehoorsame doen-spasies, en in groeiende bewussyn van die teenwoordigheid van Triniteit, waar transformasie van die geloofsgemeenskap plaasvind.

Die fenomenologiese beskrywing deur Otto Scharmer van wat hy noem die ontluikende leierskapsvaardigheid van presencing1 help om die proses van geloofsonder-skeiding beter te begryp.

Die studie eindig met drie nuwe hipoteses.