Ek begin iets van die toekoms te sien as ek na lidmate luister

Written by webmeester on . Posted in Gemeentes

Die afgelope maand het ek ‘n aantal gesprekke met gemeentelede gehad wat my  iets van die toekoms laat sien, soos Otto Scharmer dit uitdruk- “Receiving the future as it emerge.”  Laat ek begin deur te sê dat die afgelope 18maande seker van die moeilikste tydperke vir baie gemeentes was. Die finasiële krisis het groot spanning gebring. Die erediens getalle in baie gemeentes het kommerwekkend gedaal soos wat mense minder behoefte het om te assosieermet  of deel te neem aan gemeentes. Leë kerke begin alledaags te word, soms in gemeentes wat nog onlangs vol en lewenskragtige gemeentes was. Ek sien in die liggaamshouding van baie kollegas hoe dit swaar op hulle druk. Die Kerkrade kyk na die dominees om dinge beter te maak terwyl ons weet da tons te make het met samelewings-skuiwe wat dieper loop as ‘n klein tegniese verstelling of twee.

In hierdie tyd het ek by gemeentes gekom, of gesprekke gehad wat my geïnsipeer het en iets laat sien het van die toekoms.

Vanoggend neem ‘n gemeenteleier my lughawe toe, hy is ‘n mediese dokter.  Ons ry na die kategese, hy is verantwoordelik vir die Belydenisklas in die gemeente en geniet elke oomblik daarvan. Hy vertel van hoe hy ‘n kopskuif moes maak oor die inpak van die transfomasie in ons land. “Jy kan nie in Marikana gelukkig wees as jy nie vanuit die Koninkryk dink nie”,  sê hy.   Dit het my kop heeltemal oop gemaak. My verstaan van my werk verander. Ek help elke dag mense wat ly onder swak dienlewering  om beter perspektief te ontwikkel op wat gebeur in ons land- ek het goed geword daarmee om mense wat kwaad is binne 30min te help om anders te kyk na wat aan die gebeur is. Ek is vry en geniet die lewe hier in Marikana. So tussendeur vertel hy dat hy sy werk aan die verloor is as gevolg van die veranderinge in die mynsektor in hulle omgewing. Hy is duidelik aangepas by die immer veranderende konteks van die mynbou sektor in Noord-Wes. Hy is aan die planne maak van wat hy volgende gaan goed.

So ‘n week of wat gelede eet ek een Saterdagaand by die skoolhoof van die dorp in die langkloof. Jy sal baie van my leerders hier op die dorp in die besighede sien, vertel hy trots. Hulle het ‘n goeie skool opleiding agter die blad- ons is klein maar dit verhoed ons nie om ‘n goeie skool te wees nie.  Hy is deur baie dinge, 15 aar gelede toe hy hier aangestel is as hoof het hy gedink dit is ‘n goeie stepping stone na groter skole, en nou gaan ek hier aftree. Met die politieke verandering in ’94 het die skool stelselmatig meer bruin leerders ingeneem, en dan op ‘n  punt begin die wit ouers hulle kinders weg te neem na “beter” skole. Ek moes leer om my dit nie persoonlik aan te trek nie, vertel hy. Nou is die Hoërskool grootliks bruin en nou beign die groter skole my beter bruin leerders ook te koop. Een van hulle gaan julle almal leer ken, hy gaan nog vir die Springbokke loskakel speel. Ek moes daarmee ook vrede maak. Ek dink  ons skool is ‘n bate vir die gemeenskap, vanweë ons goeie opleiding is ons leerders gesog by besighede, hulle kry werk en so bou ons saam aan die toekoms van die dorp.

Sy vrou is die dorp se biblioteekaris. “My eintlike werk is om leerders wat nie toegang het tot bronne nie, te help om hulle take te skryf”,  vertel sy. Dikwels het hulle ouers nie skoolopleiding nie en is daar nie by die huis toegang tot die nodige bronne om hulle take te skryf nie.  So ek het gesorg dat ons biblioteek van die beste naslaanwerke het, jy kan maar kom kyk, ons het van alles en as ons dit nie het nie spoor ons dit op die internet op. Ag ek maak ook vir hulle voorblaaie vir die rekenaar soos hulle dit graag wil hê.  Jy moet die vreugde op hulle gesigte sien as hulle hulle name op die voorblad sien. Dit maak my dag.

‘n Jarelange vriend vertel,  een oggend vroeg in ‘n koffieshop,  vir my oor die vordering wat hulle maak om by die unversiteit waar hy werk, studentegemeenskappe te ontwikkel wat inklusief is. “Ons werk met die leiers van môre, en ons dink dit is belangrik dat hulle ‘n werklike ervaring van diversiteit moet beleef in hulle studiejare sodat hulle voorberei is om leiding te neem in die ontwikkelling van hierdie soort gemeenskappe op voetsoolvlak in ons land”, vertel hy. Hulle moet voortdurend planne maak om die institusionele- en samelewings-kragte te oortuig om te help skep aan hierdie inklusiewe gemeenskappe. Dikwels verstaan die ouers en my kollegas nie hoekom ons so ‘n passie hiervoor het nie, maar ek weet dit skuif aan die ingesteldhede en die denkraamwerke van hierdie toekomstige leiers.

Die verhale gee my hoop en ek is seker as ek beter luister wanneer ek by gemeentes kon sal ek nog meer van hulle hoor en sal dit my gereed maak om die toekoms te ontvang soos wat dit uit onverwagse oorde na my kom.  Dit help om die moeg in my weg te vat. Dit is verhale van mense wat nie voorgesê moet word nie, inteendeel hulle vat voor en lei ons almal omdat hulle leef vanuit ‘n koninkryksperspektief.

“Ek wil nog by my dominee uitkom, ek gaan elke jaar voor die basaar ‘n besoekie by hom aflê en dan lees ek uit die Bybel en bid vir hom, want hy werk dan baie hard en is baie gespanne oor die opbrengs van die basaar”, sê my lift voor ons groet by drop&go by die lughawe.

 

Trackback from your site.

Leave a comment