Huisbesoek?

Written by Frederick on . Posted in Gemeentes

5.      Huisbesoek het nie ‘n wesenlike invloed op lidmate se erediensbywoning nie.

Die erediens bywoning van gemeentes waar daar gereeld huisbesoek gedoen word, teenoor gemeentes waar dit nie gedoen word nie, verskil nie wesenlik van mekaar nie.

Hoewel gereelde huisbesoek wel tot gevolg het dat daar ‘n verhouding tussen die Leraar en lidmate ontwikkel wat ‘n positiewe ruimte skep vir ‘n pastorale verhouding tussen Leraar en lidmaat, beteken dit nie noodwendig dat dit inskakeling van die lidmaat tot die aktiwiteite van die gemeente tot gevolg het nie. Oor die lang termyn het dit uitgebrande en lewensmoë predikante en “predikant-afhanklike” lidmate tot gevolg.  Dit is nie moeilik om raak te sien dat daar van die vorming van dissipleskap min terreg kom wanneer huisbesoek die bedieningsfilosofie van die gemeente domineer.

6.      Alle navorsing dui daarop dat huisbesoek van ‘n leraar byna geen inpak maak op kerklos lidmate nie.

Mede-lidmate, of beter vriende of kollegas en kleingroepe het ‘n baie beter kans om kerklos lidmate positief te beïnvloed tot inskakeling en deelname aan die bediening van die gemeente aan die gemeenskap. Ons het gemeentes begelei waar leraars die kerkloslidmate getrou besoek het, met weinig inpak.  Toe die gemeente begin fokus het op die toerusting van lidmate as dissiples, het die gemeentes dadelik meer inpak gemaak op die meelewing van kerklos lidmate.  Dit is natuurlik nie iets wat oor nag gebeur nie en gemeentes moet bereid wees om oor ‘n aantal jare hierop te fokus voordat hulle resultate kry.

7.      Die bou van ‘n vertrouens-verhouding tussen Leraar en lidmate is baie belangrik en moet nie verwaarloos word nie.

Daar altyd gestrewe word na die toeganklikheid van predikante. In vandag se kontek van lidmate se groter mobiliteit en ‘n verskeidenheid van ander tegnologiese hulpmiddele, kan die toeganklikheid van leraars baie bevredigend aangespreek word self al is huisbesoek nie meer ‘n realiteit in gemeentes nie.  Ons moet onthou dat huisbesoek kom uit ‘n tyd toe lidmate minder mobiel was en die beste of selfs enigste manier vir die leraar om verhoudings te bou met lidmate eenvoudig was dat hulle tuis besoek word. Dit is vandag nog steeds belangrik dat lidmate en leraars die  geleentheid gebied word om verhoudings te bou, maar indien die “lading” van die getal lidmate meer as 200 per leraar is, is die ideaal van ‘n persoonlike verhouding van elke lidmaat met ‘n leraar moeilik haalbaar.

Nota:  Die grootte van die gemeente speel hier ‘n baie belangrike rol. In kleiner gemeentes, Alice Mann noem hulle die familie- en pastorale grootte gemeentes, waar die getal lidmate per Leraar minder is , sal daar altyd ‘n groter klem wees op die persoonlike verhouding tussen die leraar en lidmate as in die groter gemeentes. ( Alice Mann The In-between-church Alban Institute )

8.       Ons moet ook daarop wys dat indien ‘n gemeente besluit om te staak met roetine huisbesoek, hulle oa aan die volgende moet dink.

  • Daar behoort ‘n  goed deurdagte pastorale strategie in die plek van roetine besoek te kom
  • Die ontwikkeling van ‘n gestuurde gemeentekultuur
  • fokus op die toerusting van lidmate as dissiples(gestuurdes)
  • deurlopende kommunikasie met die lidmate oor die veranderinge
  • die toerusting van beraders en
  • pastorale beskikbaarheid van die Leraar(s) dmv oa ‘n spreekkamer

Slotopmerkings:

Huisbesoek het vir jare gedien as dié pilaar van ons gemeentes se bedieningsfilosofie. Dit was selfs ingeskryf in die Kerkorde se artikel 9 oor die take van die leraar.(dit is intussen verander)  Ons is egter van oordeel dat dit nie meer in die konteks van vandag dieselfde resultate lewer as in die verlede nie.  Die data hierbo dui selfs daarop dat dit skadelik kan wees vir die betrokkenheid en toerusting van lidmate.

Veel belangriker egter is die vraag na die gestuurde of misionale karakter van die gemeente en die gepaardgaande vorming van dissipleskap. In ons gereformeerde tradisie het die klem altyd meer geval op die Koninkryk as op die kerk.  Gemeentes, het ons nog altyd verstaan,  bestaan ter wille van die koms van die Koninkryk in die wêreld. Binne hierdie visie behoort die fokus te val op die vorming van Bybelse dissipleskap waar lidmate begelei word tot groter deelname aan dienslewering in die gemeenskap. Ons navorsing dui daarop dat huisbesoek ‘n on-effektiewe bedieningspraktyk is as dit kom by die vorming van dissipelskap.

Trackback from your site.

Leave a comment