Kan jy nog verras word?

Written by Frederick on . Posted in Gemeentes

Ek was die week by ‘n VBO kursus in Achterberg. Daar is gepraat oor die nuwe program van die Seisoen van Luister, Die Vrou by die Put- Stap saam met Jesus oor grense, en die ontwikkeling van ‘n luisterkultuur in die gemeente. Ek was nog nie eers by die lughawe nie, toe is die eerste opmerking op die Seisoen se webblad geplaas onder die titel: Verassend.

Jan Botha skryf logo_websoos volg:

Ek was bevoorreg om vanaf 23-25 Maart saam met 50 ouens van 5 verskillende sinodes die “Vrou by die put” te beleef. Ai wat ‘n belewenis, soveel passie en energie!!!
Die Drie-enige God werk op ‘n verrassende en transformernde wyse in Sy kerk.Die misterie en verwondering vir Sy grootsheid het ons almal laat stamel, het ons almal in ons eie gebrokenheid en kwesbaarheid weer nuwe hoop, passie en uitdadings gebied.

Oor die volgende paar dae volgnog ‘n paar opmerkings in die trand. Ek kry na drie dae nog steeds e-posse van kollegas wat vertel hoedat hulle verras is oor wat met hulle gebeur het in die drie dae tydens die kursus- baie daarvan getuig van nuwe hoop en energie en ervarings van ‘n diep persoonlike transformasie.

Genoeg oor die kursus en weer by die vraag- as ons nou klaar gepraat het oor die opstanding en al ons teologiese nuanses daaroor gegee het; as ons klaar gepraat is oor die kerk met al ons voor en afkeure; as ons klaar gepraat het oor …. Vra ek myself- Is jy nog oop om verras te word, of wat maak jy wat as iets in jou wêreld gebeur wat nie inpas in jou verwysingsraamwerk nie.

Daar word vertel van ‘n predikant wat op ‘n goeie oggend besig was om preek voor te berei toe die telefoon lui en ‘n vrou vra of hy vir haar sal kom bid, dit is dringend dominees sê sy. Hy ry dadelik. Toe hy daar aankom vind hy ‘n vrou in ‘n rolstoel. Waarvoor kan ek vir u bid, vra hy. Ergelik antwoord sy: “Dat ek kan loop natuurlik”. Voor hy bid verduidelik hy dat ook ons gebede afhanklik is van God se wil- halfpad in sy verduideliking, stop sy hom en vra weer: “Dominee bid asb dat ek weer kan loop”. Die dominee bid vir haar en vra dat sy weer kan loop. Groot is sy verbasing toe sy na sy gebed dood luiters opstaan en begin loop. Dit is ‘n wonderwerk!, roep sy uit. Sy roep die bure, bel haar familie en vriende en binne minute is die huis gevul met vreugdevolle mense. Die dominee staan eenkant, omkant gevang om die minste te sê en wag totdat niemand kyk nie en glip by die agterdeur uit, stap om na sy motor, klim in, sit sy kop op die stuurwiel en in ‘n skietgebed sê hy- “Here belowe my jy doen dit nooit weer aan my nie!”

Tom Wright in Surprised by Hope van die “intellectual coup d’état by which the Enlightenment convinced so many that ‘we now know that dead people don’t rise’…” Hierdie intellektuele raamwerk hetons in ‘n totalitere greep vasvang waarin ‘n ander wêreldbeskouing as ons eie nie moontlik is nie. “Who after all was it who didn’t want the dead to be raised? Not simply the intellectually timid or the rationalist. It was, and is, those in power, the social and intellectual tyrants and bullies; the Ceasars who would be threatened by a Lord of the world who had defeated the tyrant’s last weapon, death itself…(pp86-87) Hy gaan verder, “Hope is what you get when you suddenly realize that a different worldview is possible, a worldview in which the rich, the powerful and the unscrupulous do not after all have the last word. The same worldview shift which is demanded by the resurrection of Jesus is the shift that enables us to transform the world.”(87)

So wat het dan met ons gebeur die week op die kursus? Presies dieselfde as wat gebeur ingemeentes waar daarruimtes kom vir getuienisse van ervarings met God wat ons dominante wêreldbeskouing uitdaag- sulke getuienisse skuif ons wereld, dit bring vreugde maar ook ongemak. Of dit gaan oor genesing, soos in die verhaal hierbo, of oor versoening of oor God se voorsienigheid, dit maak nie saak nie. Wanneer die ervaring strydig is met ons allesverklarende totalitere wereldbeeld gee dit ons moeilikheid. Hierdie verhalegee ook hoop en energie, maar ons word ook daardeur onherroepelik verander. Ja, dit is waar dat daar baie mense is wat op goedkoop en manupilerende maniere God se hand wil “claim” om hulle eie belang te pas.Maar dit neem nie weg dat God, soos met die opstanding, kan ingryp en dit wat ons dink onveranderlik is, verander met die klap van Sy vingers( met apologie aan Roelof Burger en Ps 8).

Hoe reageer ons op sulke ervarings, kan ons nog deur sulke hoop verras word? Kan ek nog verwonderd raak as ‘n blanke boer in hierdie tyd deur die Gees beweeg word, sy trekker neem, en ‘n swart vrou se land gaan ploeg en betrokke raak by die vigs-wesies wat sy versorg? Erger nog kan ek dit ontvang as hoop bewerk deur die Gees, of het ek allerlei slim sosiologiese en ekonomiese verklarings wanneer mense oor grense mekaar vind in gemeenskap. Kan die Gees nog hoop wat uit die Bron self kom,in ons laat groei(Rom15:13)? Of het ons, het ek,so vasgedink geraak, lees gemaklik geraak inmy eie totalitere wereldbeelddat ekdit veiliger vind omdie onverwagse ervarings van hoop te relativeer?

Ek het hierdie week gesien dat meestal middeljarige dominees, vir een keer nie weggekyk het nie, maar toegelaat het dat die Gees hulle verras en hulle wêreld skuif! Hoe se Tony Campolo- Sunday is comming!

Trackback from your site.

Leave a comment