{ARGIEF}

Hierdie  kursus help gemeenteleiers om die verskillende spiritualiteitstyle  in hul gemeentes te verstaan en leierskap te gee ten opsigte van uitlewing van die verskillende behoeftes in die gemeente. Volledige handleidings is ontwikkel wat video’s insluit om gemeenteleiers te bemagtig om die kursus maklik self in die gemeente te kan aanbied. Baie gemeentes wat die kursus al gedoen het in hulle gemeente is van oordeel dat dit gehelp het om diversiteit in die gemeente makliker te aanvaar en uit te leef. Eredienswerkgroepe vind ook baie baat hierby.
Kontak vir Joanie Batt by 021-808 3382 of e-pos: jcab@sun.ac.za vir meer besonder hede