{ARGIEF}

Ek ry vanaand met ‘n ligte hart terug van ‘n gemeente waar daar die afgelope jaar ‘n diep konflik was. Die konflik wat so diep was dat ons einde laas jaar gedink het, dit is byna onmoontlik om dit te breek, is geknak.

Die prentjie is bekend- klein plattelandse gemeente, dominee is twee dekades reeds daar. In die omgewing het ‘n chrismatiese bediening oogemaak en hulle trek jongmense. Die leiers en die Leraar probeer ‘n gestuurde visie bevorder in die gemeente en enkele erediensskuiwe word gemaak om meer groepe in die gemeente te akkomodeer. So uit die niet begin die klimaat draai teen die koers van die leiers en die dominee. Getalle krimp en mense soek ‘n sondebok. Die beskuldigings teen die Leraar vermeerde, hy voel be-leer en onttrek homself sonder dat hy daarvan bewus is. Wanneer hy teenwoordig is is hy nie sy spontane self nie. Sy prediking lei daaronder, lidmate begin sy optrede ontleed en vind al hoe mer rede waarom hy eintlik behoort weg te gaan. ‘n drukgroep ontstaan. Hier is nie leiding nie, die tou is slap, word oor en oor gese.

Sy ondersteuners stem nie saam, nie en beskuldig die drukgroep van dislojaliteit. Die kerkraad kontak ons om te kom fasiliteer. Ons spandeer ure en soms dae in gesprekke met inidividue en groepe. Die prentjie verdonker, ou wonde van gister en eergister word weer oopgemaak en die situasie versleg week na week. Kerk word leeg, dominee is onder meer druk, spanning laai op, nog meer mense staan uit die water, nog meer druk op die Leraar en sy familie.

Wanneer ons terugry is ons om die minste te se meestal sonder raad. Ons verbind ons as fasiliteerders om respekvol na almal te luister en ‘n luisterkultuur in die konflik te moduleer. Ons probeer deurgangs Godsvrae te vra. Ons waag dit om die gesprek oop te maak in die gemeente, gee terugvoer by eredienste oor alles, sodat die gesprek oop gemaak kan word. Die konflik verdiep verder, mense begin praat van ‘n kultuur in die gemeenskap wat nie gebreek kan word nie. Families begin onder die druk van die konflik stry te kry. Die predikant se familie kry baie swaar as sy vrou en kinders by sosiale geleentehede agterkom die konflik maak selfs daar dat mense in kampe is.

In dit alles is daar ‘n kern groep leiers wat bly hoop. Hulle kry dit van alle kante. Die Leraar kry seer maar behou respek en hou hom uit die bekgevegte. Die leiers besluit om die Leraar en sy familie meer direk te ondersteun en vir hulle te bid. Vir die eerste keer in maande voel die leraarspaar ‘n bietjie minder onder druk en die Leraar maak sy hart oop op die kansel en getuig van die pad wat die Here met hom in die tyd loop- hy doen dit sonder om te verwyt en met opregtheid wat die gemeente aanspreek. Hy begin die drukgroep een vir een besoek en stel hom in daarop om nie te verdedig nie maar te luister. Die klimaat begin te draai, mense versag teenoor mekaar, begin uitreik na mekaar, vra verskoning. Soek mekaar op en ondersteun mekaar.
Die jaar begin met nuwe energie, die leiersgroep word ‘n klankbord vir die Leraar, gee hom eerlike terugvoer op ‘n gereelde basis, hy voel nie meer beleer nie- sy skouers hang nie meer nie en stadig maar seker begin mense weer vir hom die posisie gee as geestelike leier wat hy met groot entoesiasme aangryp.

Vanaand kyk ons terug op die pad, ek gee ‘n opsomming die leiers knik, met een uitsondering- Daar waar jy se oor wat ons geleer het, moet jy die opskrif verander na Wat het God ons in hierdie tyd geleer. Hulle begin spontaan beplan aan ‘n Sondag van viering waar die gemeente die einde van die konlik kan vier en hulle herverbind tot die nuwe hoosftuk- die Leraar wil ook graag getuig van wat die Here in hom verander het in hierdie tyd , maar dan wil ons ook se die leiers…

Ek ry daar weg verwonderd oor wat die Gees kan doen, skaam oor my ongeloof, en dankbaarheid oor die kwaliteit mense wat in ‘n moeilike tyd my geleer het wat leierskap in afhanklikheid van die Gees beteken.