{ARGIEF}

Mense wat gereeld die blog lees sal weet dat ek gemeentes is nie in die eerste plek sien as ‘n instellings nie maar bewegings binne die kragveld van die Gees. Gemeenteleiers se taak is daarom ook hierdie jaar is nie om ‘n instelling instand te hou nie, maar om die bewegings van die Gees te volg. To go with th(is)e flow is mi ‘n meer toepaslike nuwejaarsvoorneme as om te fokus op selfgeskepte doelwitte.

As ons ons taak verstaan as die instandhouding van ‘n instelling kan die jaar wat voorle voel soos ‘n berg wat geklim moet word, met allerlei institutionele take en rolle wat ons gaan besig hou. Daarby weet ons almal 2010 gaan anders wees. Meeste mense is onseker oor die ritme van 2010 agv die Sokker Wêreldbeker  en ons jaar voel as gevolg daarvan deurmekaar. Nou ja sommige van ons hou van die opwindeing van iets wat deurmekaar is en vir ander bring dit spanning.

Hierdie “versteuring” in die normale ritme gaan gemeentes raak, want ons is in gemeentes baie kwesbaar vir die veranderinge in die kwartale van die skole, verskuiwings in vakansiedae ens. Ervare gemeenteleiers weet daar is sekere tye van die jaar wat beter is vir inisiatiewe as ander, en hierdie tye verskil ook van gemeente tot gemeente afhangende van die konteks waarin hulle funksioneer. Daar is ‘n rimte in elke gemeente met versnellings en verposings. Maar dit is iets wat jy eers ontdek as jy raaksien dat die gemeente ‘n beweging is en nie net ‘n instelling nie.

Ek het onlangs in ‘n gemeente gewerk waar die leierskap dit baie goed verstaan het- binne ‘n paar minute het ek soveel by hulle geleer. Die storie het so verloop.

Ons was besig om te kyk na hulle gemeente se versorgingstragesie en hoe dit inpas in die roeping van die gemeente, die gawes van die leraars ens.  Die gemeente se bediening het 4 pilare as ek reg onthou van aanbidding, versorging, uitreik en lering. Hulle het die afgelope paar jare begin fokus op geloofsvorming en het ‘n eie program ontwikkel van ‘n 40dae van fokus.

Kom ons verander die pilare na ‘n sirkel, of beter ‘n spiraal, stel  een van die leiers voor, en skielik is dit asof ons op ‘n nuwe plek is en alles net in plek val. Die “pilare” is nou nie meer silo’s wat langs mekaar staan en soms ook met mekaar kompeteer nie, maar bewegings in die siklus van die gemeente. Ja, vul iemand aan, ‘n siklus kan mos jaarliks herhaal- en eintlik doen ons dit al klaar so ons het dit nog net nie agtergekom nie- Ons het mos aan die begin van die Jaar ‘n 40dae van fokus- ‘n tyd van hoë verbinstenis, van intense in-oefening van ‘n nuwe geloofsvaaridgheid en die vorming van nuwe groepe. Dit loop op na pinkster en daarna is dit ons uitreike wat oor ons grense uitreik en mense bedien en uitnooi om deel van die gemeete se bediening te word. en dan is daar ‘n tyd van verposing en refleksie hier rondom die somer vakansie en die draai van die jaar. En volgende jaar herhaal die siklus weer met ‘n 40dae van fokus ens ens

Daar gaan dus tye wees om inisiatief te neem, tye om te wag-eers te luister voor ons doen, tye om te reflekteer en tye om te rus. Gemeenteleiers moet ‘n aanvoeling ontwikkel vir die tyd waarin hulle is en die gemeente begelei om die rimte van die tyd-seisoen te verstaan en te geniet. Wanneer dit ‘n tyd van fokus is- neem ons inisiatief werk hard nooi uit skep energie, maar wanneer dit ‘n tyd van rus is- ‘n sabatstyd gee ons op ‘n nader manier leiding, preek ons anders gaan ons anders met mense om en begelei hulle tot rus in God.

Ons is daar weg met nuwe energie en ‘n gevoel dat ons ‘n baie beter greep het op wat in en deur die gemeente gebeur en eintlik het ons net ‘n klein kopskuif gemaak- statiese pilare of silo’s het bewegings geword in ‘n siklus. My aanvoeling is dat hierdie kyk op gemeentes op ‘n veel beter manier aanpas by die dinamiese bewegings van die Gees en ons ook ‘n hele end gaan help om 2010 te oorleef!