{ARGIEF}

Later die week woon ek die Buurtfees by. Die hele wek is daar beplan en gewerk by die huis waar ek woon. Ja daar is faksies in die gemeenskap wat moeilik saamwerk en dit is duidelik dat die buurtpastor gewoond is om die buurtpolitiek te hanteer. Sy is opgewonde oor die goeie weer, want dan sal die kinders kom, dit is eintlik hulle waaroor dit gaan. Ek is verbaas om op te merk dat die kinders van Turkse, Afirka en Nederlandse afkoms lekker saam speel- behalwe die sokker waar die skeidsregter nie streng genoeg is en ‘n relletjie uitbreek- ‘n pa dreig om die buurtfees op te breek, maaar die kohesie hou en die fees oorleef die rel.. Oral is vrywilligers besig om nog kos aan te dra en kinders te help om die dag te geniet.

Toe almal weg is help almal wat kan om die stoele, kraampies en verhoog af te breek. Dit is ‘n warm dag en ons sweet almal lekker saam. Dan word die tafels uitgedra. Daar is heerlike Turkse kos voorberei, sop en pasta-slaai. Die vrywillgers is duidelik tevrede met die verloop van sake en doen moeite om mekaar te bedank vir die lekker saamwerk. Hulle korswil onder mekaar oor die kos in ramadan en die verskillende gebruike van die geloofsgroepe teenwoordig, Hoewel die buurtgemeente nie die buurtfees aangebied het nie, merk ek die lidmate oral besig om foto’s te neem, skoon te maak, aan te dra en op te ruim.

Op ‘n baie nederige plek in ‘n arm woonbuurt het ek ‘n gestalte van kerkwees gesien wat my baieleer van die toekoms van die kerk. Hierdie is nie ‘n manier waarop die kerk sal groei nie, maar ek kan nie anders as om te dink dat hierdie klein groepie mense op hulle manier deelneem aan die koms van die koninkryk nie. In die woorde van Lesselie Newbigin, sout, lig en ‘n teken van die koms van die Koninkryk. ‘n Klein groepie mense wat hoop gee deur daar te wees.

Daar is ‘n kopie van ‘n fotoboek oor die Geuzenwijk by Communitas beskikbaar vir die wat daarin wil loer. Dit gee ‘n wonderlike oorsig oor die lewe en die mense van die wyk.Kontak gerus vir Divine by 021 8083265