{ARGIEF}

In ‘n konferensie met die Tumbine sinode in September 2010 het hy die saak so aangepak:.

Ek probeer aan die een kant die opleiding bietjie meer basies te maak ter wille van die mense met wie ons werk. Tweedens probeer ek die opleiding meer laat begin by die plaaslike denksisteem.  Wat die vergelyking met die Materialistiese kultuur betref is dit belangrik, maar omdat dit baie moeilik is om iets daarvan te verstaan en oor te dra en omdat daar so min daarvan werklik oorgedra word, dink ek dat mens die fokus eerder tussen die Bybelse denkpatrone en tradisionele  (Afrika) denkpatrone moet plaas. Daarom die volgende tabel vir fokuspunte (waar transformasie proses volgens my kernsake raak):

Tradisionele (Afrika) denke soos verwoord deur die konferensiegangers

‘n Moontlike Christelike perspektief

Die “kultuur” waarin jou gemeente leef- ek probeer ‘n paar reaksies

Verhoudings is ruiltransaksies. Goed en sleg maak nie saak nie. Daar is nie reg of verkeerd nie. Alle aksies kom iewers uit eie belang.

God is goed en bedoel goed

Verhoudings is goed solank dit in diens van my eie belang is ander verbreek ek dit

God is ver. Stel nie belang in Afrika

God is realiteit en teenwoordig en is in ons.

God is teenwordig in die kerk maar nie waar ek my geld verdien nie- daar geld ander reëls

Mag nie gee, want dan is jy swakker. Beperkte hoeveelheid krag in familie of samelewing.

Enige persoon van buite steel jou krag. Een van die fondasies van “tribalism”. Vergelding NB in herstel van balanse

Liefde as gee. Onbeperktheid van God se krag in mense. Kry deur te gee.

Liefde is ‘n emosie wat ek moet geniet

Stewe om hoofman te wees.

Liefde as identiteit van begeerte om te gemeenskap te dien. Diepste lewens en Kerk visie.

Kompetisie is goed-dit haal die beste uit ons

Eenheid is eenvormigheid

Eenheid in diversiteit

Eenheid is onmoontlik

Swaarkry is bewys van vloek en verwerping

Swaarkry as deel van groeiproses.

Swaarkry is ‘n teken swakheid en moet ten alle koste vermy word

Fatalisme. Tyd as sirkel beweging. Reinkarnasie bestaan.

Lewe gelewe al meer met God se hart, visie, vreugde, hoop, vrede. (hulp en diens aan samelewing).

Strewe na meer en beter asof daar onbeperkte bronne is

Leierskap deur krag en voorsê

Leierskap deur diens

Leierskap deur dominasie

Kerk bepaal koers en almal konformeer tot dieselfde. Gevaarlike plek vir sondaars.

Kerk as liggaam van Christus. Plek wat groei stimuleer dus veilige atmosfeer vir groei. Verstaan groeiprosesse en veilige plek vir sondaar wat wil groei

 

 

Alles gebou op wie God werklik is deur Woord en Gees

 

 

Nou is die vraag wat is jou gemeente se voorveronderstellings en hoe staan dit haaks op die Evangelie?  Lesslie Newbigin vertel dat hy na 25 jaar se “sendingwerk”  in Indië met sy terugkoms in Engeland agter gekom het dit is moeiliker om in Birmingham oor Christus te praat as in Bombaai! Die gemeenskap wat hom gestuur het om te gaan sendingwerk doen in Indië, het nie alleen die plot van die evangelie verloor nie, maar ook die vermoë, die taal, om oor die Evangelie te praat. Hy gaan selfs verder en sê dat van al die kulture waarmee hy te make gehad het die Westerse kultuur die mees weerstandige kultuur teen die Evangelie is.

Danie maak hier ‘n analise van die verskil tussen die Evangelie en die kultuur veronderstellings van die gemeenskap in Mosambiek wat hy bedien. Wat is die verskil tussen die Evangelie en die gemeente of kultuur  waarin jy leef? ek het ‘n derde kolom bygevoeg om die verskille van die kultuur waain ek leef te kontrastreer met die tradisionele denke in Afrika, maar belangriker hoe dit verskil van die uitgangpunte van die Evangelie soos Danie dit aangedui het.