{ARGIEF}

Ek het verlede week saam met gemeenteleiers ‘n lys gemaak van die dinge wat luisterende leierskap in ‘n gemeente vestig.  Ek het die lysie so ‘n bietjie verwerk want ek dink dit is belangrik om te praat oor hoe ons hierdie kapasiteit vesitg in gemeentes.  Ek het oor die afgelope paar jaar vernaamlik via die seisoen van luister en die Vennootskap geleer dat luister eenvoudig een van die belangrikste kapsiteite is om te vestig onder gemeenteleiers:
  1. Luisterende leierskap in gemeentes vra vir ‘n minder aktivistiese, bestuur-georeinteerde verstaan van leierskap. Luisterende leierskap is leiers wat veral in vasgeloopte sitausies met geloofsgeduld kan wag op God.  Dit staan in skrille kontras met probleemoplossende leierskap en selfs sommige voorbeelde van visionere leierskap waar die charisma van die individu die gemeente motiveer om probleme te oorkom. Luisterende leierskap is primer geloofsonderskeidend besig met vra na en oor God.  Dit is leiers wat verstaan en leef vanuit die oortuiging dat God besig is met God se sending in die wereld en dat ons genooi word om daarvan deel te wees. Luister na God in gebed, afsondering. Lexio Divina ens is die primere vertrekpunte van luisterende leierskap.
  2. Luisterende leiers verstaan dat God Drie-enig ‘n missionere God is wat oppad in met die wereld in haar gebrokenheid. Dit beteken dat ons die lewende teenwoordigheid van Christus verwag en soek, dat daar ‘n bewussyn is dat die Gees ‘n kragveld skep waarbinne waarvan die gemeente deel kan word. Hierdie teo-logiese en ekkle-siologiese vertrekpunte stimuleer leiers om telkens te begin by luister en sodoende geloofs-onderskeidende leierskap te gee.
  3. Geloofsgemeenskappe word luisterende gemeenskappe wanneer hulle fokus eerder op waardes is as op strukture.  Wanneer ‘n byeenkoms van leiers ooreenkom om waardes onderling na te streef ontstaan daar ‘n veilige ruimte waar magspolitiek en debatte omvorm word tot dialoog.  Reels is noodsaaklik want dit omskryf die ooreenkomste wat ons met mekaar aangaan, maar reels kan nie die gemeenskap se identiteit defenieer nie. Gebeur dit verval die gemeenskap in ‘n strakke nakom van reels te val vas in debatte oor die toepassing van die reels en verloor so visie op hulle identiteit en toekoms.
  4. Luister kom nie vanself nie maar moet inge-oefen word.  Luisterende leierskap is meer is ‘n intelektuele instemming tot die belangrikheid van luister.  Luisterende leierskap vra die modulering van luister-houdings en -vaardighede.  Hierdie kapasiteit kom nie vanself sonder die in-oefening van die vaardiheid nie.  In ‘n tradisie met ‘n groot klem op verkondiging, is luister ‘n onderontwikkelde kapasiteit en moet dit daarom in-geoefen word.
  5. Luisterende leierskap vra ‘n voortdurende terugkeer tot die Woord en ‘n bewussyn van die aktiewe teenwoordigheid van die Gees. In besluitneming word die Woord deur die werk van die Gees ‘n aktiewe stem waarna daar geluister word, vn waaruit verbeelding gevoed word en waardeur daar nuwe rigting in vasgeloopt situasies ontdek word. Die Woord is dus meer as ‘n historiese dokument wat kundig besturdeer moet word deur eksperts en waarvan informasie ingewin moet word. As Woord van God aan die gemeente is dit ‘n lewende teks waardeur die Here met die gemeente praat binne ‘n spesifieke konteks.
  6. Inplisiet tot luisternede leierskap is die prysgawe van mag wat ten beste beskryf word deur die selfontleding of kenosis van Christus. Luister is die prysgawe van die reg om te praat, die prysgawe van magsposisies van die bevoorregte ingewydes. Dit is om in kwesbaarheid ontledig te wees van die beskerming van die tradisie en die instituut.  In die ontlediging en die gepaardgaande kwesbaarstelling ontstaan daar ruimtes vir interafhanklike koinonia wat nie bepaal word deur die sekulere begrensinge van mag en ekonomie nie. Luisterende leiers is nie net gasvry teenoor die vreemdeling nie, maar waag dit as vreemdeling op die gasvryheid van die buitestaander te moet staatmaak.