{ARGIEF}

Ek het die afgelope twee weke twee keer kursusse gehad oor sisteemdenke en gemeente-leierskap.  Daar was verskeie AHA oomblikke, soos wat dit gaan as ‘n mens ‘n slag dieper dink oor die sisteem waarin jy funksioneer.  Dit is veral as ons begin dink oor die sg “mental model” in die sisteem, dat jy uitgedaag word om werklik jou diepste voorveronderstellings op die tafel te sit en te bevraagteken. Die volgende defenisie van “mental models” werk vir my:

Mental models are deeply held internal images of how the world works, images that limit us to familiar ways of thinking and acting. Very often, we are not consciously aware of our mental models or the effects they have on our behavior.”
Kom ek val sommer met die deur in die huis- Ek dink ons predikante sit met ‘n “mental model” wat so klink: Predikante is verantwoordelik vir die geestelike lewe van lidmate. Dink so ‘n bietjie hieroor.  Hy le mi baie diep in ons sisteem, so diep dat ons dalk gaan sukkel om by hom uit te kom. Dit is natuurlik nie net predikante wat so dink nie, maar ook lidmate, en mense wat predikante oplei, en DVK’s en kerkrade en, en , en dalk jy ook wanr ek weet ek “default” ook maklik daarheen.
Kom ons haal dit uit en kyk daarna.  Indien dit waar is dat predikante verantwoordelik is vir lidmate se geestelike lewe, sal ons op die langtermyl lidmate he wat afhanklik is van predikante, lidmate wat voel hulle weet te min die van die Bybel om daaroor te kan praat en gemeentes wat uiteindelik gemaklik is dat die dominee hulle geestelik bedien en gelukkig hou.  Ek sou kon aangaan om ‘n kerklike lewe te beskryf waar die predikant die bediening “doen” en lidmate ontvangers is van sy geestelike “input” in hulle lewe.
Laat ek liewer ‘n storie vertel:  Ek was kort in die bediening in Somderset-Oos toe ek vir ‘n baie gewaardeerde oudeling vra om ‘n wyk se byeenkoms te lei. “Ek sien nie kans nie “, was sy antwoord, “want ek weet te min van die Bybel om ‘n groep daaroor te kan lei”. In ons gesprek hieroor vra ek hom hoeveel keer hy al in sy lewe in die kerk was- ons kom by ‘n getal van 1600 keer- wat hy preke gehoor het oor tekste in die Bybel! Daar is geen ander onderwerp waaroor hy soveel “lesings” gehoor het as oor die Bybel nie, en tog voel hy hy weet te min.  Maak nie ‘n fout nie, hy sal vrymoedig wees om oor ander onderwerpe maklik ‘n gesprek te lei.  Die vraag is waarom hy in sy geestelike lewe nie die vrymoedigheid het nie- Kom ek waag ‘n antwoord. Nie omdat hy nie wil nie, nie toegewyd genoeg is nie, nie omdat hy lui is nie, nie omdat hy nie….
maar omdat sy dominees gedink het, ons is verantwoordelik vir sy geestelike lewe- daarom het ons ‘n sisteem geskep waarin hy geestelike afhanklik gehou is van predikante.
In kort: predikante het met al hulle goeie bedoelings in sy pad gestaan om geestelik te groei
Kom ons ons draai dit om:  Wat sou gebeur indien hy vir sy volwasse lewe predikante gehad wat se, my verantwoordelikheid is om die gawes toe te rus ter wille van die opbou van die gemeente. (Ef 4) Se nou maar elke keer wat die ouderling in die kerk was of ‘n byeenkoms bygewoon het was dit die “mental model” Predikante is verantwoordelik om die gawes toe te rus tot opbou van die gemeente.  As die oudeling kom vra dat ek geestelik verantwoordelikheid moet neem vir hom, se ek konstant nee, nie my werk nie, maar as jy wil kan ek jou toerus!
Daar kom tye wat jou “mental model” -dalk goed gewerk het in die verlede maar toksies raak- dit begin jou sisteem vergiftig. Ek dink ek het die afgelope week so een ontdek.  As ons nie ons denkraamwerk verander van predikante-is-verantwoordelik -vir-die-geestelike-lewe- van-lidmate, na iets soos Ef 4 se voorstel van toerusting nie, sal daar van baie van ons drome oor ‘n kerk met volwasse lidmate min terreg kom.  Ons sal praat oor lidmaatbemagtiging, ons sal preek oor die gawes, ons sal mense smeek om wyksbyeenkomste te hou, ons sal hulle later met die Here dreig- maar al die tyd staan ons as predikant vierkantig in die pad van presies daardie dinge- want ons dink dit is ons werk om mense geestelik te versorg.
What mental models served us well in the past but will be toxic to our future if continued?
As ek reg is dat dit ‘n Mental model is, beteken dit dat as ons dit ontdek, ons dalk ‘n verwilderde gevoel sal he van iets soos- maar wat moet ‘n predikant dat doen? het ons nog predikante nodig ens? Moenie bang wees vir daardie gevoel nie- dit is ‘n teken dat daar groei is al is ons doodsbenoud om dit in die oe te kyk en hardop te se.
Mag ek jou vra- wil jy regtig vir die res van jou bediening aangaan om verantwoordelik vir mense se geestelike lewe te wees en hulle so afhanklik hou van jou – of voel jy ook die roeping om hulle vry te laat sodat hulle kan groei en grootword.
Die keuse is relatief eenvoudig…dink ek.