{ARGIEF}

Ek is vandag uitgedaag om te dink oor die vraag wat my dieper motivering is- sommer kortweg- wat dryf my?

Ons weet almal dat ons as predikante so dikwels gedryf word deur ‘n behoefte om ander tevrede te stel met die gepaardgaande messias-kompleks. Hoewel dit op die oog af na ‘n deugvolle dryfveer mag klink is daar is ‘n diep donker kant hieraan waaroor ons min met mekaar praat. Om gedryf te word deur die behoefte om ander tevrede te stel gaan dikwels meer oor my eie behoefte aan bevestiging en betekenis as oor die “ander” wat nog te se oor God en die Koninkryk. Ek dink dit is ‘n blinde kol by my – ek wil graag he ander moet hou van my, moet dink wat ek doen is betekenisvol en dat ek hulle help. Dat ek waarde toevoeg.

Hier is wat ek besig is om van myself te ontdek. Onder hierdie soeke na harmonie en ‘n gelukkige ander en ‘n selfgerigtheid waarvan ek moeilik ontkom. Maar kom ons gaan verder- wat sou hierdie behoefte aanvuur? Of soos wat ‘n vriend vanmiddag dit stel- wat is die vrees wat my laat vlug na ‘n oordrewe behoefte dat ander van my moet hou? Ek voel die lug word ‘n bietjie dun- ek ken nie hierdie kamers van my hart goed genoeg nie. As ek moet probeer dink ek dit is die vrees om te misluk. Omdat ek mislukking vrees, werk ek soms harder as wat ek moet, en lei die naaste verhoudings waarin ek is daaronder. Is ek oor-versigtig om ander te na te kom en word die waarheid nie altyd gepraat tussen vriende en kollega’s nie. Neem ek nie risiko’s wanneer daar oor die grense van my gemaksone geloop moet word.

So kom ek vra reguit vrae aan myself: Wie het gese ek moet sukses behaal, dat ek moet slaag, dat ander moet dink wat ek doen help hulle? Dat hulle die preek moet geniet? Dat die proses moet uitwerk? Al hierdie sukses meetstokke kom uit my behoefte tot self-vervulling en as ek eerlik moet wees het dit min te make met dissipelskap, gehoorsaam wees, te leef in ooreenstemming met die evangelie. Terloops as ek probeer dink aan suksesverhale in die Bybel is daar maar min. Petrus, Paulus, Jeremia, Moses, David was beslis nie suksevol nie- het nie geslaag nie. En Jesus? Word ons geroep om te slaag? om sukses te behaal, om gemeentes te bou, te laat groei? Of is dit nie meer eenvoudig as dit nie, word ons nie gewoon geroep om gehoorsaam te wees nie- om ons brose eerlike self te wees nie. Van ruler het mos gese die Here roep nie mense om Christene te word nie maar Chistene om mense te word.

Ek dink dit is oa waarna Andrew Purvis verwy as die kruisiging van ons bediening